10 Julie
in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
<< | Julie 2015 | >> | ||||
So | Ma | Di | Wo | Do | Vr | Sa |
1 | 2 | 3 | 4 | |||
5 | 6 | 7 | 8 | 9 | 10 | 11 |
12 | 13 | 14 | 15 | 16 | 17 | 18 |
19 | 20 | 21 | 22 | 23 | 24 | 25 |
26 | 27 | 28 | 29 | 30 | 31 | |
Al die dae |
10 Julie is die 191ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (192ste in skrikkeljare). Daar volg nog 174 dae in die res van die jaar.
Gebeure[wysig | wysig bron]
- 48 v.C. – Julius Caesar het 'n noue ontkoming in 'n katastrofiese nederlaag teen Pompeius in Masedonië.
- 1890 – Wyoming word die 44ste deelstaat van die Verenigde State.
- 1913 – In Death Valley, Kalifornië, word 'n temperatuur van 56,7 °C (134 °F) gemeet – dit is die hoogste temperatuur wat nog in die Verenigde State gemeet is.
- 1943 – Tweede Wêreldoorlog: Die Geallieerdes val Sisilië in.
- 1973 – Die Bahamas verkry hul onafhanklikheid van die Verenigde Koninkryk.
- 1985 – Die Greenpeace-skip Rainbow Warrior word opgeblaas in Aucklandhawe.
- 1991 – Suid-Afrika se nuwe krieketliggaam, die Verenigde Krieketraad, word deur die Internasionale Krieketraad erken, en ná 21 jaar is die land tot internasionale krieket hertoegelaat.
Geboortes[wysig | wysig bron]
- 1509 – Johannes Calvyn, Franse teoloog en predikant († 1564)
- 1856 – Nikola Tesla, ’n Oostenrykse gebore, Amerikaanse uitvinder, fisikus, meganiese ingenieur, elektroniese ingenieur en futuris († 1943)
- 1865 – Henri Georges Fourcade, Suid-Afrikaanse landmeter, bosbouer en plantkundige († 1948).
- 1905 – Eric Rosenthal, Suid-Afrikaanse historikus en skrywer († 1983)
- 1908 – Wally Hayward, vyfmalige wenner van die Comrades-maraton († 2006)
- 1940 – Dawie de Villiers, Suid-Afrikaanse politikus en twee-en-dertigste Springbokkaptein
- 1946 – Emma Huismans, Afrikaanse skryfster
- 1961 – Uli Schmidt, Suid-Afrikaanse rugbyspeler
Sterftes[wysig | wysig bron]
- 138 – Keiser Hadrianus (* 76).
- 983 – Pous Benedictus VII, die 135ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk (* onbekend).
- 1985 – Hilgard Muller, Suid-Afrikaanse politikus van die Nasionale Party, burgemeester van Pretoria verkose lid van die parlement in 1958 en aangestelde minister van buitelandse sake (* 1914).
- 2013 − Willem Cruywagen, kabinetsminister en administrateur van Transvaal (* 1921).
- 2015 – Omar Sharif, Egiptiese akteur (* 1932).