2013
in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
2013 |
◄ | 20de eeu | ◄ 21de eeu ► | 22de eeu | ► ◄ ◄ | ◄ | 2008 | 2009 | 2010 | 2011 | 2012 | ◄ 2013 ► | 2014 | 2015 | 2016 | 2017 | 2018 | ► | ► ► |
Dae | Eeue | Geskiedenis |
Kalenders | ||||||||||||||||||||||||
|
Die jaar 2013 was 'n gewone jaar wat volgens die Gregoriaanse kalender op 'n Dinsdag begin het. Dit was die 13de jaar van die 21ste eeu n.C. Soos ander gewone jare het die jaar 12 maande, 52 weke en 365 dae gehad. Dit was ook die eerste jaar sedert 1987 waarvan al die syfers verskillend was.
Gebeure[wysig | wysig bron]
- 1 Januarie – Die Republiek van Ierland neem die voorsitterskap van die Europese Unie van Siprus oor.
- 8 Januarie – Die planetoïde Apophis sal naby die Aarde verbyskuur.
- 19 Januarie – 10 Februarie: Die 2013 Afrika-Sokkerkampioenskap vind in Suid-Afrika plaas.
- 20 Januarie – Barack Obama word as wenner van die Amerikaanse Presidentsverkiesing van 2012 privaat ingesweer as die 45ste president van die Verenigde State.
- 21 Januarie – Die publieke inswering van Barack Obama, die 45ste president van die Verenigde State.
- 14 Februarie – Die Paralimpiese atleet, Oscar Pistorius, word in hegtenis geneem vir die moord op sy meisie Reeva Steenkamp.
- 15 Februarie – Die Meteoor van Tsjeljabinsk ontplof.
- 24 Februarie – Krieket: Graeme Smith word die eerste toetskaptein ter wêreld wat 50 toetsoorwinnings behaal.
- 25 Februarie – Park Geun-hye, die 18de president van Suid-Korea, word ingesweer.
- 13 Maart – Pous Franciskus volg Pous Benedictus XVI op as pous van die Rooms-Katolieke Kerk.
- 14 Maart – Xi Jinping word deur die Nasionale Volkskongres van die Kommunistiese Party van Sjina tot nuwe Staatspresident gekies.
- 30 April – Nadat Beatrix ten gunste van haar oudste seun abdikeer het, lê Willem-Alexander op Koninginnedag die ampseed as nuwe koning van die Nederlande af.
- 8 Mei – Hemelvaartsdag.
- 28 Mei – Die Turkse betogings van 2013 begin in Istanboel.
- 15-30 Junie – Die sewende FIFA Konfederasiebeker toernooi word in Brasilië gespeel.
- 29 Junie-21 Julie – Die 100ste keer dat die Tour de France plaasvind.
- 1 Julie – Litaue neem die voorsitterskap van die Europese Unie van die Republiek van Ierland oor.
- 1 Julie – Kroasië verlaat die Sentraal-Europese Vryehandelsooreenkoms en word lid van die Europese Unie.
- 5 Julie – Daryl Impey word die eerste Suid-Afrikaner om die gesogte geel trui van die Tour de France te dra.
- 21 Julie – Nadat Albert II ten gunste van sy oudste seun abdikeer het, lê Filip die ampseed as nuwe koning van België af.
- 5 Augustus – Radio Rippel se naam verander na Groot FM.
- 24 Augustus – Rugby: Die All Blacks wen weer die Bledisloebeker deur die Wallabies van Australië met 2-0 toetse te verslaan in Wellington, Nieu-Seeland. Dit is die elfde agtereenvolgende jaar wat hulle dit vermag.
- 3 Oktober – Gambië verlaat die Britse Statebond.
- 19 Desember – Die Gaia-ruimteteleskoop word lanseer.
Geboortes[wysig | wysig bron]
- 22 Julie – Prins George van Cambridge (gedoop George Alexander Louis), seun van Prins William, Hertog van Cambridge en 'n Britse troonopvolger.
Sterftes[wysig | wysig bron]
- 3 Januarie – Burry Stander, Suid-Afrikaanse bergfiets-kampioen en voormalige onder-23 Wêreldkampioen (* 1987).
- 3 Januarie – Hendrik Vermooten, 'n Suid-Afrikaanse argitek wat veral verantwoordelik was vir die ontwerp van 144 Afrikaanse kerkgeboue (* 1921).
- 6 Januarie – Neil Adcock, Suid-Afrikaanse krieketspeler (* 1931).
- 22 Januarie – Peter van der Merwe, Suid-Afrikaanse krieketspeler (* 1937).
- 24 Januarie – Phil Hockey, Suid-Afrikaanse Ornitoloog (* 1956).
- 1 Februarie – Louis Luyt, Suid-Afrikaanse sakeman, sportadministrateur (* 1932).
- 8 Februarie – Jan Ellis, Springbokrugbyspeler (* 1942).
- 14 Februarie – Reeva Steenkamp, Suid-Afrikaanse model (* 1983).
- 18 Februarie – Otfried Preussler, Duitse kinderboekskrywer (* 1923).
- 5 Maart – Hugo Chávez, president van Venezuela (* 1954).
- 7 Maart – Dirk Coetzee, mede-stigter en bevelvoerder van die polisie-eenheid op Vlakplaas (* 1945).
- 7 Maart – Freda Linde, Suid-Afrikaanse skrywer en vertaler van kinderboeke (* 1915).
- 9 Maart – Doc Immelman, Avontuurverhaal skrywer (* 1928).
- 26 Maart – Morkel van Tonder, Afrikaanse radio-omroeper (* 1923).
- 30 Maart – Phil Ramone, Suid-Afrikaans-gebore Amerikaanse klankingenieur, musiekvervaardiger, violinis en komponis (* 1934).
- 2 April – Karen Muir, Suid-Afrikaanse swem wêreldrekordhouer (* 1952).
- 6 April – F.F. Odendal, Afrikaanse taalkundige en leksikograaf (* 1926).
- 8 April – Margaret Thatcher, Britse politikus en staatsvrou, Eerste Minister van die Verenigde Koninkryk (* 1925).
- 9 April – Paolo Soleri, Italiaans-Amerikaanse argitek (* 1919).
- 12 April – Johnny du Plooy, Suid-Afrikaanse swaargewigbokser (* 1964).
- 24 April – Laurie Kay, Suid-Afrikaanse vlieënier.
- 12 Mei – Nico van Rensburg, die boeremusieklegende en bekroonde konsertinaspeler (* 1937).
- 18 Mei – Vuyu Mbuli, SAUK-TV en radiopersoonlikheid (* 1967).
- 2 Julie – Douglas Engelbart, uitvinder van die rekenaarmuis (* 1925).
- 10 Julie − Willem Cruywagen, kabinetsminister en administrateur van Transvaal (* 1921).
- 24 Julie − Pius Langa, oud-hoofregter van Suid-Afrika (* 1939).
- 30 Julie − Jubero Malherbe - Afrikaanse kultuurliefhebber, musiekskrywer en radio-omroeper by RSG (* 1924).
- 5 September − Fritz Eloff, Professor en rugby administrateur (* 1920).
- 1 Oktober − Tom Clancy, Amerikaanse outeur (* 1947).
- 27 Oktober − Lou Reed, Amerikaanse musikant en fotograaf (* 1942).
- 12 November − John Tavener, Engelse komponis (* 1944).
- 17 November – Doris Lessing, Britse skryweres (* 1919).
- 19 November – Frederick Sanger, Britse biochemikus (* 1918).
- 30 November – Colin Eglin, leier van die Progressiewe Reformiste Party en Progressiewe Federale Party (* 1925).
- 5 Desember – Nelson Mandela, Suid-Afrikaanse politikus en staatsman, eerste demokraties verkose president van Suid-Afrika (1994–1999) (* 1918).
- 14 Desember – Zirk Bergh, sanger skiet drie persone en homself (* 1958).
- 14 Desember – Peter O'Toole, Ierse akteur en bekend geraak as Lawrence of Arabia (* 1932).
- 20 Desember – Merwede van der Merwe, 'n bekende TV-persoonlikheid en kampvegter vir Afrikaanse musiek (* 1947)
- 23 Desember – Michail Kalasjnikof, Russiese ontwerper van die AK-47 (* 1919)