4 Julie
in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
<< | Julie 2015 | >> | ||||
So | Ma | Di | Wo | Do | Vr | Sa |
1 | 2 | 3 | 4 | |||
5 | 6 | 7 | 8 | 9 | 10 | 11 |
12 | 13 | 14 | 15 | 16 | 17 | 18 |
19 | 20 | 21 | 22 | 23 | 24 | 25 |
26 | 27 | 28 | 29 | 30 | 31 | |
Al die dae |
4 Julie is die 185ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (186ste in skrikkeljare). Daar volg nog 180 dae in die res van die jaar.
Gebeure[wysig | wysig bron]
- 1054 – Die Krap-newel, oorblyfsel van 'n supernova, vir die eerste keer waargeneem deur Sjinese sterrekundiges.
- 1584 – Pous Gregorius XIII stel Andrǎs Barthóry, ambassadeur van Pole aan as kardinaal.
- 1776 – Die Amerikaanse onafhankliheidsverklaring word aanvaar.
- 1845 – Henry Davis Thoreau vestig hom by Walden Pond.
- 1859 – Die Oostenrykers verloor die slag van Magenta. Die Kerklike Staat kom onder die bewind van Victor Emmanuel II.
- 1879 – Die Slag van Ulundi vind plaas tydens die Anglo-Zoeloe-oorlog.
- 1865 – Lewis Carroll publiseer "Alice's Adventures in Wonderland".
- 1884 – Frankryk gee die Vryheidstandbeeld ('Statue of Liberty') aan die VSA.
- 1946 – Die Filippyne word onafhanklik van die VSA.
- 1976 – Operasie Entebbe: Israeliese kommando's oorval Uganda se Entebbe-lughawe om gyselaars te bevry wat deur militante van die Palestynse Bevrydingsorganisasie en Rote Armee Fraktion aangehou is.
Geboortes[wysig | wysig bron]
- 1804 – Nathaniel Hawthorn, Amerikaanse skrywer, in Salem, Massachusetts.
- 1845 – Jan Hendrik Hofmeyr, Afrikaanse leier en joernalis († 1909).
- 1872 – Calvin Coolidge, 30ste President van die Verenigde State († 1933)
- 1913 – Ulderico Sergo, Italiaanse bokser.
- 1914 – Nuccio Bertone, Italiaanse kartekenaar.
- 1924 – Eva Marie Saint, Amerikaanse akteur.
- 1926 – Alfredo Di Stéfano, Spaans-Argentynse sokkerspeler.
- 1929 – Darío Castrillón Hoyos, kardinaal van Colombia.
- 1937 – Sonja van Noorweë, koningin van Noorweë.
- 1943 – Heide Simonis, Duitse politikus.
- 1948 – Andreas von Schoeler, Duitse politikus.
- 1949 – Horst Seehofer, Duitse politikus.
- 1952 – Álvaro Uribe Vélez, president van Colombia.
- 1958 – Deon Meyer, bekroonde Afrikaanse spanningsverhaalskrywer.
- 1973 – Michael Johnson, Engels-Jamaikaanse sokkerspeler.
- 1977 – Allan Kierstein Jepsen, Deense sokkerspeler.
- 1977 – Balázs Nikolov, Hongaarse sokkerspeler.
Sterftes[wysig | wysig bron]
- 966 – Pous Benedictus V, die 132ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk in ballingskap in Hamburg, Duitsland (* onbekend).
- 1826 – Thomas Jefferson, 3de President van die Verenigde State (* 1743).
- 1826 – John Adams, 2de president van die VSA (* 1735).
- 1831 – James Monroe, 5de president van die VSA (* 1758).
- 1902 – Vivekananda, Hindoe geestelike leier en hervormer (* 1863).
- 1934 – Marie Curie, Poolse wetenskaplike en ontvanger van die Nobelprys vir Chemie, 1911 en Fisika, 1903 (* 1867).
- 2006 – Frans Claerhout, 'n Belgies gebore Suid-Afrikaanse skilder (* 1919).
Vakansies, vierings, en waarnemingsdae[wysig | wysig bron]
- Verenigde State – Onafhanklikheidsdag (sedert 1777).