Egipte

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
جمهورية مصر العربية
Ǧumhūriyyat Miṣr al-ʿArabiyyah
Arabiese Republiek van Egipte
Vlag van Egipte Wapen van Egipte
Vlag Wapen
Volkslied: Bilady, Bilady, Bilady
(Arabies vir: "My land, my land, my land")
Ligging van Egipte
Hoofstad Kaïro

30°2′N 31°13′O / 30.033°N 31.217°O / 30.033; 31.217

Grootste stad Kaïro
Amptelike tale Arabies
Regering Unitêre semi-presidensiële
grondwetlike republiek
Abdel Fattah el-Sisi
Ibrahim Mahlab
Onafhanklikheid
Vorming
• Unifikasie van Bo-
en Benede-Egipte
• Muhammad Ali
dinastie ingehuldig
• Onafhanklikheid van die
Verenigde Koninkryk
• Rewolusiedag
• Republiek verklaar
• Huidige grondwet



ca. 3150 v.C.[1][2]

9 Julie 1805[3]

28 Februarie 1922
23 Julie 1952
18 Junie 1953
18 Januarie 2014
Oppervlakte
 - Totaal
 
 - Water (%)
 
1 002 450 km2  (30ste)
387 048 myl2
0,632
Bevolking
 - 2014-skatting
 - 2006-sensus
 - Digtheid
 
86 502 500[4] (15de)
72 798 000[5]
84 / km2 (126ste)
218 / myl2
BBP (KKP)
 - Totaal
 - Per capita
2014-skatting

$576,350 miljard[6]
$6 714[6]

BBP (nominaal)
 - Totaal
 - Per capita
2014-skatting

$275,748 miljard[6]
$3 213[6]

MOI (2013) 0,682[7] (110de)  –  medium
Gini (2008) 30,8[8] –  medium
Geldeenheid Pond (EGP)
Tydsone
 - Somertyd
OET (UTC+2)
OEST (UTC+3)
Internet-TLD .eg, مصر.
Skakelkode +20

Die Arabiese Republiek van Egipte (Arabies: جمهورية مصر العربية, Ǧumhūriyyat Miṣr al-ʿArabiyyah), algemeen bekend as Egipte (Arabies: مصر‎, Miṣr), is 'n republiek hoofsaaklik in Noordoos-Afrika geleë, maar sluit ook die Sinaïwoestyn in Suidwes-Asië in.

Kaart wat Egipte vertoon

Egipte bedek 'n area van sowat 1 002 450 km². Die land is aangrensend tot Libië in die weste, Soedan in die suide en Israel in die noordooste en het kuslyne in die noorde en suide by die Middellandse See en die Rooi See, onderskeidelik.

Die oorgrootte meerderheid van Egipte se 86,5 miljoen mense (2014) lewe minder as 'n kilometer weg van van die oewers van die Nylrivier (omtrent 40 000 km²), waar die enigste bewerkbare land voorkom. Groot dele van die land maak deel uit van die Saharawoestyn en is yl bevolk. Vandag is die meerderheid Egiptenaars verstedelik en is hoofsaaklik woonagtig in die hoofstad, Kaïro (bevolking ongeveer 15,2 miljoen), en Alexandrië (bevolking ongeveer 3,3 miljoen).

Egipte spog met een van die oudste beskawings wat terug dateer tot in 3000 V.C. met landbou en handel wat goed gevestig was. Die land is veral bekend vir die massiewe piramides wat opgerig is deur verskeie Farao's.

Landsnaam[wysig | wysig bron]

  • Die Oud-Egiptiese landsnaam Km.t beteken "Swart Land" en verwys na die vrugbare grond van die Nylvallei, 'n gebied wat met die "Rooi Land" van die aangrensende woestynstreke, die DSr.t kontrasteer. In die Koptiese taal het hierdie naam ontwikkel tot Kīmi of Kīmə, en in Oud-Grieks uiteindelik tot Kymeía.
  • Die Arabiese term Miṣr - tans die amptelike landsnaam - is van Semitiese oorsprong. Hy is nou verwant aan die oorspronklike Assiriese skryfwyse Misir of Musur, maar ook aan die Hebreeuse מִצְרַיִם (Mizraim of Mitzráyim). Dit beteken eenvoudig "land" of "staat" en het in sy historiese nouer betekenis aanvanklik na Benede-Egipte verwys. Later het dit 'n wyer betekenis gekry en die hele land - Bo- en Benede-Egipte - ingesluit. So het ook die latere Hebreeuse landsnaam as 'n tweevoudige term ontwikkel. In die Arabiese dialek van Egipte het Miṣr nogtans tot Maṣr ontwikkel. Maṣri beteken hier "Egipties", en die bynaam al-Masri, wat dikwels voorkom, "die Egiptenaar".
  • Die Afrikaanse en Europese terme (Egipte, Ägypten, Egypt, Égypt, Egitto en ander) is almal van die Latynse Aegyptus en sodoende van die Oud-Griekse Αίγυπτος (Aigyptos) afgelei. Die Kopte beweer dat hulle die regstreekse nakomelinge van die antieke Egiptenare is. Van hulle naam is die Griekse Aigyptos afgelei, wat in Afrikaans as Egipte oorgeneem is. Volgens 'n algemeen aanvaarde teorie kan Aigyptos as 'n voortsetting van die Oud-Egiptiese term ḥwt-k3-ptḥ beskou word wat "Setel van die Siel van (die God) Ptah" beteken en na 'n tempel in Memphis verwys wat aan hierdie godheid gewy is.
  • In die tydperk tussen 1958 en 1972 was Egipte saam met Sirië in 'n gemeenskaplike staat verenig, die Verenigde Arabiese Republiek.

Geskiedenis van Antieke Egipte[wysig | wysig bron]

Hoofartikel: Antieke Egipte.

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. (en) (1988) Modern Egypt: The Formation of a Nation-State. Boulder, CO: Westview Press, 5. ISBN 978-0-86531-182-4. 
  2. (en) Background Note: Egypt”. United States Department of State Bureau of Near Eastern Affairs: 10 November 2010. URL besoek op 1 Augustus 2014.
  3. (en) Pierre Crabitès (1935). Ibrahim of Egypt. Routledge, 1. ISBN 978-0-415-81121-7. Besoek op 10 February 2013. 
  4. (en) Population Clock”. Central Agency for Public Mobilization and Statistics: 27 April 2013. URL besoek op 1 Augustus 2014.
  5. (en) Population in Censuses by Sex & Sex Ratio (1882–2006)”. Egypt State Information Service.
  6. 6,0 6,1 6,2 6,3 (en) Egipte”. Internasionale Monetêre Fonds. URL besoek op 1 Augustus 2014.
  7. (en) 2014 Human Development Report Summary”. pp. 21–25 United Nations Development Programme: 2014. URL besoek op 1 Augustus 2014.
  8. (en) GINI index”. Wêreldbank. URL besoek op 1 Augustus 2014.


 
Lande in Afrika

Algerië | Angola | Benin | Botswana | Burkina Faso | Burundi | Comore-eilande | Demokratiese Republiek van die Kongo | Djiboeti | Egipte | Ekwatoriaal-Guinee | Eritrea | Ethiopië | Gaboen | Gambië | Ghana | Guinee | Guinee-Bissau | Ivoorkus | Kaap Verde | Kameroen | Kenia | Lesotho | Liberië | Libië | Madagaskar | Malawi | Mali | Marokko | Mauritanië | Mauritius | Mosambiek | Namibië | Niger | Nigerië | Republiek van die Kongo | Rwanda | São Tomé en Príncipe | Senegal | Sentraal-Afrikaanse Republiek | Seychelle | Sierra Leone | Soedan | Somalië | Suid-Afrika | Suid-Soedan | Swaziland | Tanzanië | Togo | Tsjad | Tunisië | Uganda | Zambië | Zimbabwe

Omstrede gebiede: Arabiese Demokratiese Republiek Sahara - Cabinda - Galmudug - Puntland - Somaliland
Afhanklike gebiede: Brits: Sint Helena, Ascension en Tristan da Cunha | Frans: Mayotte - Réunion | Portugees: Madeiraeilande | Spaans: Kanariese Eilande - Ceuta en Melilla

Lande van: Asië Europa Noord-Amerika Oseanië Suid-Amerika


 
Lande van Asië

Afghanistan | Armenië2 | Azerbeidjan1 | Bahrein | Bangladesj | Bhoetan | Broenei | Egipte | Filippyne | Georgië1 | Indië | Indonesië | Irak | Iran | Israel | Japan | Jemen | Jordanië | Kambodja | Kasakstan1 | Katar | Kirgisië | Koeweit | Laos | Libanon | Maledive | Maleisië | Mianmar | Mongolië | Nepal | Noord-Korea | Oesbekistan | Oman | Oos-Timor | Pakistan | Palestina | Rusland1 | Saoedi-Arabië | Singapoer | Siprus2 | Sirië | Volksrepubliek van Sjina (Sjina) | Sri Lanka | Suid-Korea | Tadjikistan | Thailand | Turkmenistan | Turkye1 | Verenigde Arabiese Emirate | Viëtnam

Omstrede gebiede: Abchasië - Nagorno-Karabach - Republiek van Sjina (Taiwan) - Suid-Ossetië - Turkse Republiek van Noord-Siprus

Afhanklike gebiede: Australië: Kerseiland - Kokoseilande | Verenigde Koninkryk: Akrotiri en Dhekelië2 - Britse Indiese Oseaangebied | Volksrepubliek van Sjina: Hongkong - Macau

1. Land deels in Europa. 2. Geografies in Asië, maar gereeld beskou as deel van Europa a.g.v. kulturele en historiese oorwegings.

Lande van: Afrika Europa Noord-Amerika Oseanië Suid-Amerika