14 Julie
in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
<< | Julie 2015 | >> | ||||
So | Ma | Di | Wo | Do | Vr | Sa |
1 | 2 | 3 | 4 | |||
5 | 6 | 7 | 8 | 9 | 10 | 11 |
12 | 13 | 14 | 15 | 16 | 17 | 18 |
19 | 20 | 21 | 22 | 23 | 24 | 25 |
26 | 27 | 28 | 29 | 30 | 31 | |
Al die dae |
14 Julie is die 195ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (196ste in skrikkeljare). Daar volg nog 170 dae.
Gebeure[wysig | wysig bron]
- 939 – Pous Stefanus VIII (IX) volg Pous Leo VII op.
- 1555 – Pous Paulus IV publiseer die bul Cum Nimis absurdum wat die Jode verplig om in 'n ghetto te woon.
- 1570 – Pous Pius V publiseer die bul Quo Primum wat die mis standaardiseer.
- 1644 – Giulio Rospigliosi (later Pous Clemens IX) word nuntius in Spanje.
- 1789 – Die Franse Rewolusie begin met die bestorming van die gevangenis Bastille in Parys.
- 1881 – Pous Leo XIII verklaar Pous Urbanus II salig.
- 1912 – Kenneth McArthur wen die goue medalje vir die maraton tydens die Olimpiese Spele in Swede.
- 1916 – Eerste Wêreldoorlog: Die Slag van Delvillebos begin en 121 offisiere en 2,032 manskappe van die SA Brigade sneuwel.
- 1958 – Irakse Vrye Offisiere onder leiding van Abdul Karim Kassem werp die Irakse regering van Faisal II omver.
- 1990 – Die Inkatha nasionale kulturele bevrydingsbewing, gestig in 1975, word hervorm tot die veelrassige Inkatha-Vryheidsparty (IVP) op 'n konferensie in Ulundi.
- 2011 – Suid-Soedan word die 193ste lidland van die Verenigde Nasies.
- 2015 – Die ruimtetuig New Horizons vlieg verby Pluto op 'n afstand van 12 600 km en neem foto's van die dwergplaneet en sy mane.
Geboortes[wysig | wysig bron]
- 1805 – John Frederic Lewis, Britse Waterverfskilder († 1876).
- 1891 – S.P.E. Boshoff, Afrikaanse taalkundige en etimoloog († 1973).
- 1893 – J.G. Strijdom, Suid-Afrikaanse politikus en staatsman, Eerste Minister van Suid-Afrika († 1958).
- 1903 – Irving Stone, Amerikaanse romanskrywer († 1989).
- 1913 – Gerald Ford, 38ste President van die Verenigde State († 2006)
- 1918 – Ingmar Bergman, Sweedse regisseur († 2007).
- 1924 – Stephen Fry, Suid-Afrika se drie-en-twintigste Springbokkaptein († 2002).
- 1934 – PG du Plessis, Afrikaanse skrywer.
Sterftes[wysig | wysig bron]
- 1223 – Filips II van Frankryk, koning van Frankryk (* 1165)
- 1888 – Jan Brand, Vrystaatse staatsman, President van die Oranje-Vrystaat (* 1823).
- 1904 – Paul Kruger, Transvaalse staatsman, President van die Zuid-Afrikaansche Republiek (* 1825).
- 1958 – Faisal II, koning van Irak (* 1935).
- 2008 – Mike Schutte, Suid-Afrikaanse swaargewig bokskampioen (* 1950).
Vakansies, vierings, en waarnemingsdae[wysig | wysig bron]
- Frankryk – Franse Nasionale Dag (sedert 1789).