1865
in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
1865 |
◄ | 18de eeu | ◄ 19de eeu ► | 20de eeu | ► ◄ ◄ | ◄ | 1860 | 1861 | 1862 | 1863 | 1864 | ◄ 1865 ► | 1866 | 1867 | 1868 | 1869 | 1870 | ► | ► ► |
Dae | Eeue | Geskiedenis |
![]() |
||||||||||||||||||||||||
|
Die jaar 1865 was 'n gewone jaar wat volgens die Gregoriaanse kalender op 'n Sondag begin het. Dit was die 65ste jaar van die 19de eeu n.C. Soos ander gewone jare het die jaar 12 maande, 52 weke en 365 dae gehad.
Gebeure[wysig | wysig bron]
- 2 April – In die VSA burgeroorlog vlug president Jefferson Davis van die CSA en die meeste van sy kabinet uit hul hoofstad Richmond.
- 9 April – Die VSA burgeroorlog eindig met Robert E. Lee se oorgawe.
- 10 Junie – Eerste opvoering van Richard Wagner se opera Tristan en Isolde.
- 2 Julie – William Booth stig die Heilsleër.
- 4 Julie – Lewis Carroll publiseer Alice's Adventures in Wonderland.
- 5 Julie – Die Amerikaanse Geheime Diens begin in die Tesourie om geldvervalsing te bestry.
- 18 Desember – Slawerny word amptelik afgeskaf in the Verenigde State.
- 24 Desember – Die Ku Klux Klan word deur die veterane van die Amerikaanse Burgeroorlog gestig.
- Suid-Afrika – Sir Theophilus Shepstone verklaar dat swart mense in Natal nie mag stem nie.
Geboortes[wysig | wysig bron]
- 4 Januarie – Genl. Chris Muller, Anglo-Boereoorlog-kryger († 1945).
- 6 Januarie – Stephanus Postma, Suid-Afrikaanse teoloog en predikant († 1904).
- 12 Januarie – Jan F.E. Celliers, Afrikaanse skrywer, dramaturg en digter († 1940).
- 22 Februarie – Paul Modersohn, Duitse skilder († 10 Maart 1943).
- 3 Junie – George V, koning van Groot-Brittanje († 1936).
- 13 Junie – William Butler Yeats, Ierse digter en dramaturg († 1939).
- 19 Junie – Alfred Hugenberg, Duitse media-entrepreneur en politikus († 1951).
- 10 Julie – Henri Georges Fourcade, Suid-Afrikaanse landmeter, bosbouer en plantkundige († 1948).
- 2 November – Warren G. Harding, 29ste President van die Verenigde State († 1923).
- 11 November – Daniel Cornelis Boonzaier,'n Suid-Afrikaanse kunstenaar en spotprenttekenaar († 1950).
- 30 Desember – Rudyard Kipling, Engelse skrywer en digter († 1936).
Sterftes[wysig | wysig bron]
- 15 April – Abraham Lincoln, Amerikaanse politikus, staatsman en 16de President van die Verenigde State (* 1809)
- 13 Augustus – Ignaz Semmelweis, Hongaarse arts (* 1818).
- 12 November – Elizabeth Gaskell, Engelse roman- en kortverhaalskryfster (* 1810).
- 10 Desember – Koning Leopold I van België (* 1790).
- Kmdt. Louw Wepener, Boerekrygsman (* 1812).