8 Mei
in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
<< | Mei 2015 | >> | ||||
So | Ma | Di | Wo | Do | Vr | Sa |
1 | 2 | |||||
3 | 4 | 5 | 6 | 7 | 8 | 9 |
10 | 11 | 12 | 13 | 14 | 15 | 16 |
17 | 18 | 19 | 20 | 21 | 22 | 23 |
24 | 25 | 26 | 27 | 28 | 29 | 30 |
31 | ||||||
Al die dae |
8 Mei is die 128ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (129ste in skrikkeljare). Daar volg nog 237 dae in die jaar.
Inhoud
Gebeure[wysig | wysig bron]
- 824 – Pous Eugenius II volg Pous Paschalis I op.
- 862 – Pous Nicolaas I vra die Oosterse biskoppe om Patriarg Photius nie te erken nie.
- 1450 – Jack Cade’s Rebellion: Kent opstand teen koning Hendrik VI.
- 1541 – Hernando de Soto bereik die Mississippi Rivier en noem dit Rio de Espiritu Santo.
- 1721 – Pous Innocentius XIII volg Pous Clemens XI op as pous van die Rooms-Katolieke Kerk.
- 1794 – Franse chemikus Antoine Lavoisier onthoof deur die guillotine.
- 1846 – Mexikaanse-Amerikaanse Oorlog: Die Slag van Palo Alto - Zachary Taylor oorwin ’n Meksikaanse mag noord van die Rio Grande by Palo Alto, Texas in die eerste groot slag van die oorlog.
- 1861 – Amerikaanse Burgeroorlog: Richmond, Virginië word verklaar as die hoofstad van die Konfederale State van Amerika.
- 1877 – By Gilmore’s Gardens in New York Stad, open die eerste Westminster Hondeskou.
- 1886 – Apteker dr. John Styth Pemberton skep ’n drankie wat later bekend staan as “Coca-Cola”.
- 1899 – Die Ierse Literêre Theater in Dublin open.
- 1902 – In Martinique, vind die uitbarsting van Mount Pelee plaas en die dorp St. Pierre word verwoes en meer as 30,000 mense sterf. Slegs ’n klein aantal van die inwoners van St. Pierre’s oorleef.
- 1914 – Paramount Pictures word gevorm.
- 1933 – Mohandas Gandhi begin ’n 21 dae eetstaking in protes teen Britse onderdrukking in Indië.
- 1942 – Tweede Wêreldoorlog: Die Slag van die Koraalsee (Coral Sea) beëindig. Dit is die eerste keer waar twee vyandelike vlote veg sonder visuele kontak tussen die vegtende skepe.
- 1945 – Tweede Wêreldoorlog: VE Dag, die dag wat die Duitse magte toestem om onvoorwaardelik oor te gee.
- 1946 – Shunsaku Tamiya begin ’n besigheid met die naam Tamiya Shoji Co. ’n saagmeulemaatskapy gestig in Oshika, Shizuoka-Stad, Japan.
- 1954 – Die Asiatiese Sokkerkonfederasie word in Manila, Filippyne, deur 12 lande gestig.
- 1996 – Die nuwe Grondwet van Suid-Afrika word aanvaar.
Geboortes[wysig | wysig bron]
- 1521 – Petrus Canisius, Nederlandse priester († 1597).
- 1821 – Jean Henri Dunant, Switserse sakeman en aktivis, stigter van die Rooi Kruis en ontvanger van die Nobelprys vir Vrede, 1901 († 1910).
- 1879 – Tielman Roos, advokaat, regter, politikus en Suid-Afrikaanse minister van justisie († 1935).
- 1884 – Harry S. Truman, Amerikaanse politikus en staatsman, President van die Verenigde State († 1972).
- 1892 – Ezio Pinza, Italiaanse operasanger († 1957).
- 1895 – Fulton J. Sheen, Amerikaanse biskop († 1979).
- 1903 – Fernandel, Franse akteur († 1971).
- 1905 – Red Nichols, Amerikaanse jazzkornetspeler († 1965).
- 1906 – Roberto Rossellini, Italiaanse rolprentregisseur († 1977).
- 1934 – Nelie Smith, Suid-Afrika se een-en-dertigste Springbokkaptein.
- 1943 – Toni Tennille, Amerikaanse sanger.
- 1944 – Gary Glitter, Britse sanger en liedjieskrywer.
- 1945 – Keith Jarrett, Amerikaanse pianis en komponis.
- 1946 – Candice Bergen, Amerikaanse aktrise, model en rolprentvervaardiger.
- 1954 – David Keith, Amerikaanse akteur.
Sterftes[wysig | wysig bron]
- 535 – Pous Johannes II, die 56ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk (* onbekend).
- 685 – Pous Benedictus II, die 81ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk (* 635).
- 1794 – Antoine Lavoisier, Franse chemikus (* 1743).
- 1842 – Jules Dumont d’Urville, Franse ontdekkingsreisiger en vlootoffisier (* 1790).
- 1875 – John Thomas Baines, was 'n Engelse kunstenaar en ontdekkingsreisiger van die Britse kolonies van Suider-Afrika en Australië (* 1820).
- 1880 – Gustave Flaubert, Franse skrywer (* 1821).
- 1947 – Harry Gordon Selfridge, Britse kleinhandelmagnaat (* 1856).
- 1960 – J.H.C. Whitehead, Britse wiskundige (* 1904).
- 1993 – Avram Davidson, Amerikaanse skrywer (* 1923).
- 1994 – George Peppard, Amerikaanse akteur (* 1928).
- 1999 – Dirk Bogarde, Britse akteur en skrywer (* 1921).
- 1999 – Dana Plato, Amerikaanse aktrise (* 1964).
Vakansies, vierings, en waarnemingsdae[wysig | wysig bron]
- Feesdag van Pous Benedictus II in die Rooms-Katolieke Kerk.
- Moedersdag – 2011, 2016
Gepubliseer[wysig | wysig bron]
Teologie[wysig | wysig bron]
- 1844 – Inter Praecipuas – Oor bybelgenootskappe deur Pous Gregorius XVI.