6 Mei
in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
<< | Mei 2015 | >> | ||||
So | Ma | Di | Wo | Do | Vr | Sa |
1 | 2 | |||||
3 | 4 | 5 | 6 | 7 | 8 | 9 |
10 | 11 | 12 | 13 | 14 | 15 | 16 |
17 | 18 | 19 | 20 | 21 | 22 | 23 |
24 | 25 | 26 | 27 | 28 | 29 | 30 |
31 | ||||||
Al die dae |
6 Mei is die 126ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (127ste in skrikkeljare). Daar volg nog 239 dae in die jaar.
Gebeure[wysig | wysig bron]
- 1312 – Pous Clemens V publiseer die bul Exvivi de Paradiso waarin die regulasies van die Minderbroeders (Fratres Minores) vasgelê word.
- 1527 – Spaanse en Duitse troepe plunder Rome; sommige beskou dit as die einde van die Renaissance.
- 1682 – Louis XIV van Frankryk verskuif sy hof na Versailles.
- 1715 – Pous Clemens XI stel Fabio Olivieri, sekretaris van Apostoliese Briewe aan as kardinaal.
- 1835 – James Gordon Bennett publiseer die eerste uitgawe van die New York Herald.
- 1861 – Amerikaanse Burgeroorlog: Arkansas breek weg van die Unie.
- 1877 – Hoof Crazy Horse van die Oglala Sioux gee oor aan die Verenigde State troepe in Nebraska toe hy besef dat sy mense swak is as gevolg van koue en honger.
- 1910 – George V word koning van die Verenigde Koninkryk na die dood van sy vader, Edward VII.
- 1889 – Die Eiffeltoring word amptelik aan die publiek oopgestel tydens die Universele Ekspo in Parys.
- 1937 – Hindenburg ongeluk: Die Duitse zeppelin Hindenburg slaan aan die brand en word verwoes binne ’n minuut terwyl dit probeer dok by Lakehurst, New Jersey. 36 mense sterf.
- 1942 – Tweede Wêreldoorlog: Die laaste Amerikaanse magte in die Filippyne gee oor aan die Japanese.
- 1954 – Roger Bannister word die eerste persoon wat die myl in minder as vier minute hardloop, die eerste droommyl.
- 1955 – Duitsland betree die NAVO.
- 1994 – Elizabeth II van die Verenigde Koninkryk en Franse President Francois Mitterrand open die Engelse Kanaal tonnel.
- 2007 – Naspers stel sy nuwe Sondagkoerant Sondag bekend.
Geboortes[wysig | wysig bron]
- 1501 – Marcello Cervini (later Pous Marcellus II), die 222ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk († 1555)
- 1574 – Giovanni Battista Pamphilj (later Pous Innocentius X), die 236ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk († 1655)
- 1758 – Maximilian Robespierre, oproermaker († 1794)
- 1856 – Sigmund Freud, Oostenrykse sielkundige, († 1939)
- 1856 – Robert Peary, ontdekkingsreisiger († 1920)
- 1868 – Nikolaas II van Rusland, laaste Tsaar van Rusland († 1918)
- 1868 – Gaston Leroux, skrywer († 1927)
- 1871 – Christian Morgenstern, outeur († 1914)
- 1880 – Ernst Ludwig Kirchner, skilder († 1938)
- 1882 – Kroonprins Wilhelm van Duitsland, opvolger van Keiser Wilhelm II († 1951)
- 1895 – Rudolph Valentino, akteur († 1926)
- 1902 – Max Ophüls, filmregisseur († 1957)
- 1915 – Orson Welles, filmregisseur († 1985)
- 1915 – Dieodore H. White, skrywer († 1986)
- 1920 – Ross Hunter, filmregisseur († 1996)
- 1920 – Kamisese Mara, eerste Eerste Minister van Fiji († 2004)
- 1921 – Erich Fried, outeur († 1988)
- 1922 – Miems de Bruyn, Afrikaanse aktrise († 2010).
- 1937 – Rubin 'Hurricane' Carter, bokser
- 1945 – Bob Seger, rock musikant
- 1945 – Jimmie Dale Gilmore, musikant
- 1947 – Martha Nussbaum, filosoof
- 1953 – Tony Blair, Eerste Minister van die Verenigde Koninkryk
- 1961 – George Clooney, akteur
Sterftes[wysig | wysig bron]
- 680 – Muawiyah I, Umayyad
- 1825 – Lady Anne Barnard, 'n Skotse digteres en brieweskryfster (* 1750).
- 1902 – Bret Harte, Amerikaanse outeur
- 1910 – Koning Edward VII van die Verenigde Koninkryk (* 1841)
- 1919 – L. Frank Baum, skrywer
- 1992 – Marlene Dietrich, Duits-gebore aktrise (* 1901)
- 2002 – Pim Fortuyn, Nederlandse politikus