16 Mei
in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
<< | Mei 2015 | >> | ||||
So | Ma | Di | Wo | Do | Vr | Sa |
1 | 2 | |||||
3 | 4 | 5 | 6 | 7 | 8 | 9 |
10 | 11 | 12 | 13 | 14 | 15 | 16 |
17 | 18 | 19 | 20 | 21 | 22 | 23 |
24 | 25 | 26 | 27 | 28 | 29 | 30 |
31 | ||||||
Al die dae |
16 Mei is die 136ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (137ste in skrikkeljare). Daar volg nog 229 dae in die jaar.
Gebeure[wysig | wysig bron]
- 1003 – Pous Johannes XVII volg Pous Silvester II op as pous van die Rooms-Katolieke Kerk.
- 1532 – Heer Thomas More bedank as Lord Chancellor van Engeland.
- 1568 – Mary, koningin van Skotland vlug na Engeland.
- 1605 – Pous Paulus V volg Pous Leo XI op as pous van die Rooms-Katolieke Kerk.
- 1672 – Vincenzo Maria Orsini (Later Pous Benedictus XIII) word kardinaal-priester van S. Sisto.
- 1770 – Die 14-jarige Marie Antoinette trou met die 15-jarige Louis-Auguste (wat later Koning van Frankryk word).
- 1803 – Pous Pius VII stel Miguel Carlos José de Noronha, kanunnik proto-diaken van die katedraal van Lissabon en Luigi Gazzoli, ouditeur van die Apostoliese Kamer aan as kardinale.
- 1820 – Die NG gemeente Beaufort-Wes gestig as negende oudste gemeente van die Kaapse NG Kerk.
- 1823 – Pous Pius VII stel Anne-Louis-Henri de La Fare, aartsbiskop van Sens, Frankryk aan as kardinaal.
- 1866 – Die Kongres van die Verenigde State onttrek die halftiensentstukmunt (half-dime) en vervang dit met die vyfsentstuk, (nickle) genoem.
- 1866 – Uitvinding van root beer deur Charles Elmer Hires.
- 1910 – Die Kongres van die Verenigde State keur die skepping van die Verenigde State Buro van Myne goed.
- 1920 - Pous Benedictus XV verklaar Johanna van Arkel (Jeanne d'Arc) heilig.
- 1929 – In Hollywood, Kalifornië word die eerste Oscar (deur die Amerikaanse Filmakademie) toegeken.
- 1943 – Die Warsaw ghettoopstand eindig.
- 1943 – Tweede Wêreldoorlog: Die Dambuster Raids vind plaas deur die RAF 617 Squadron op Duitse damme.
- 1948 – Chaim Weizmann word verkies as eerste President van Israel.
- 1969 – Wenera-ruimteprogram: Venera 5, ’n Sowjet-ruimtetuig, land op Venus.
- 1975 – Indië annekseer Sikkim.
- 1975 – Junko Tabei word die eerste vrou wat die piek van Mount Everest bereik.
- 1992 – STS-49: Ruimtependeltuig Endeavour land veilig na 'n suksesvolle eerste vlug.
- 2002 – Star Wars Episode II: Attack of the Clones open in teaters.
- 2007 – Nicolas Sarkozy word as die staatspresident van Frankryk beëdig.
Geboortes[wysig | wysig bron]
- 1611 – Benedetto Odescalchi (later Pous Innocentius XI), die 240ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk († 1689)
- 1678 – Andreas Silbermann, Duitse orrelbouer († 1734)
- 1718 – Maria Gaetana Agnesi, Italiaanse wiskundige († 1799).
- 1801 – William H. Seward, 'n Amerikaanse politikus en staatsman († 1872).
- 1882 – Anne O’Hare McCormick, Amerikaanse joernalis en ontvanger van die Pulitzerprys († 1954)
- 1891 – Richard Tauber, Oostenrykse tenoor, dirigent en komponis († 1948)
- 1905 – Henry Fonda, Amerikaanse akteur († 1982)
- 1912 – Studs Terkel, Amerikaanse skrywer († 2008)
- 1913 – Woody Herman, sanger en jazzklarinetspeler († 1987)
- 1919 – Liberace, Amerikaanse sanger, pianis en akteur († 1987)
- 1919 – Gisela Uhlen, Duitse aktrise († 2007)
- 1929 – Friedrich Nowottny, Duitse joernalis
- 1936 – Karl Lehmann, Duitse kardinaal
- 1942 – Piet Greyling, Suid-Afrika se vyf-en-dertigste Springbokkaptein
- 1950 – J. Georg Bednorz, Duitse dokter en ontvanger van die Nobelprys vir Geneeskunde, 1987
- 1953 – Pierce Brosnan, Ierse akteur
- 1955 – Debra Winger, Amerikaanse aktrise
- 1955 – Olga Korbut, Belo-Russiese gimnas
- 1958 – Amp Fiddler, Amerikaanse sanger en liedjieskrywer
- 1966 – Janet Jackson, Amerikaanse sangeres, liedjieskrywer, danseres en aktrise
- 1970 – Gabriela Sabatini, Argentynse tennisspeelster
- 1973 – Tori Spelling, Amerikaanse aktrise en skryfster
- 1989 – Behati Prinsloo, Namibiese internasionale model
Sterftes[wysig | wysig bron]
- 1703 – Charles Perrault, Franse skrywer (* 1628)
- 1926 – Mehmet VI, laaste Ottomaanse sultan (* 1861)
- 1944 – George Ade, Amerikaanse skrywer (* 1866)
- 1957 – Eliot Ness, Amerikaanse federale agent (* 1894)
- 1959 – Elisha Scott, Noord-Ierse sokkerdoelwagter en afrigter (* 1894)
- 1984 – Andy Kaufman, Amerikaanse komediant en akteur (* 1949)
- 1984 – Irwin Shaw, Amerikaanse skrywer (1913)
- 1985 – Margaret Hamilton, Amerikaanse aktrise (* 1902)
- 1990 – Jim Henson, Amerikaanse poppemeester, regisseur en skepper van The Muppets (* 1936)
- 1990 – Sammy Davis, Jr., Amerikaanse sanger, danse en akteur (* 1925)
Vakansiedae[wysig | wysig bron]
- In die Ierse Kalender – Fees van Sint Brendan die Navigator