23 Mei
in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
<< | Mei 2015 | >> | ||||
So | Ma | Di | Wo | Do | Vr | Sa |
1 | 2 | |||||
3 | 4 | 5 | 6 | 7 | 8 | 9 |
10 | 11 | 12 | 13 | 14 | 15 | 16 |
17 | 18 | 19 | 20 | 21 | 22 | 23 |
24 | 25 | 26 | 27 | 28 | 29 | 30 |
31 | ||||||
Al die dae |
23 Mei is die 143ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (144ste inskrikkeljare). Daar volg nog 222 dae.
Gebeure[wysig | wysig bron]
- 1474 – Giuliano della Rovere (later Pous Julius II) word aartsbiskop van Avignon.
- 1498 – Die hervormer Girolamo Savonarola word in Florence tereggestel.
- 1533 – Die huwelik van Catharina van Aragon en Henry VIII van Engeland word nietig verklaar.
- 1555 – Pous Paulus IV volg Pous Marcellus II op as pous van die Rooms-Katolieke Kerk.
- 1568 – Die Tagtigjarige Oorlog breek uit toe Nederlandse rebelle onder leiding van Lodewyk van Nassau Friesland in die Slag van Heiligerlee binneval.
- 1788 – Suid-Carolina word die 8ste deelstaat van die Verenigde State.
- 1844 – Samuel Morse verstuur die eerste telegram via sy elektriese telegraaf.
- 1895 – Die Republiek van Formosa word gestig.
- 1934 – Die Amerikaanse bankrowers Bonnie en Clyde word deur die polisie in 'n lokval gelei en doodgeskiet in Black Lake, Louisiana.
- 1949 – Stigting van die Bondsrepubliek Duitsland.
- 1960 – Die stadjie Hilo, aan die ooskus van Hawaii, word deur 'n aardbewing getref.
- 1969 – Britse rockgroep, The Who, stel die rockopera Tommy vry.
- 1995 – Die Java-programmeertaal word amptelik deur die ontwikkelaar James Gosling en sy kollegas aangekondig.
- 2007 – Johanna Stoffels, voormalige ANC-burgemeester van Saldanhabaai verslaan haar voormalige party in 'n tussenverkiesing op Hopefield en die raad word deur die opposisie oorgeneem.
Geboortes[wysig | wysig bron]
- 1907 – Hergé, die skepper van die Kuifie reeks kinderstories († 1983)
- 1926 – Joe Slovo, 'n Suid-Afrikaanse politikus, leier van die Suid-Afrikaanse Kommunistiese Party, en 'n lid van die ANC († 1995).
Sterftes[wysig | wysig bron]
- 230 – Pous Urbanus I, die sewentiende pous van die Rooms-Katolieke Kerk (* onbekend).
- 1423 – Teenpous Benedictus XIII (*25 November 1328).
- 1838 – Jan Willem Janssens, die laaste Nederlandse goewerneur van die Kaap (* 1762).
- 1992 – Joyce Barker, Suid-Afrikaanse sopraan (* 1931).