in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Kalenders
President Cyril Ramaphosa
Die jaar 2018 was 'n gewone jaar wat volgens die Gregoriaanse kalender op 'n Maandag begin het. Dis was die 18de jaar van die 21ste eeu n.C. Soos ander gewone jare het die jaar 12 maande, 52 weke en 365 dae gehad.
5 Januarie – John W. Young , Amerikaanse ruimtevaarder (* 1930 ).
9 Januarie – Gerald Morkel , voormalige premier van die Wes-Kaap en burgemeester van Kaapstad (* 1941 ).
17 Januarie – Roy Bennett , Zimbabwiese politikus (* 1957 ).
18 Januarie – Lucas Mangope , oudpresident van die bantoestan Bophuthatswana (1977–1994) (* 1923 ).
20 Januarie – Paul Bocuse , Franse sjef, gastronoom en skrywer van kookboeke (* 1926 ).
22 Januarie – Ursula K. Le Guin , Amerikaanse skrywer (* 1929 ).
23 Januarie – Hugh Masekela , legendariese Suid-Afrikaanse trompetspeler (* 1939 ).
27 Januarie – Ingvar Kamprad , Sweedse sakemagnaat en stigter van Ikea (* 1926).
29 Januarie – Clive van Ryneveld , Suid-Afrikaanse krieketspeler, politikus, prokureur en bankier (* 1928 ).
6 Februarie – John Anthony West , Amerikaanse skrywer, dosent en geologiegids (* 1932 ).
14 Februarie – Ruud Lubbers , Nederlandse politikus (Eerste Minister) (* 1939).
14 Februarie – Morgan Tsvangirai , Zimbabwiese politikus (* 1952 ).
21 Februarie – Billy Graham , Amerikaanse evangelis (* 1918 ).
24 Februarie – Sridevi , Indiese aktrise (* 1963 ).
26 Februarie – Mies Bouwman , Nederlandse televisie-aanbieder (* 1929).
3 Maart – David Ogden Stiers , Amerikaanse komediant en akteur (* 1942 ).
3 Maart – Roger Bannister , voormalige Britse atleet en neuroloog (* 1929).
8 Maart – Peter Temple , Australies-Suid-Afrikaanse joernalis en skrywer (* 1946 ).
14 Maart – Stephen Hawking , Britse fisikus en skrywer (* 1942).
23 Maart − Philip Kerr , Britse skrywer (* 1956 ).
2 April – Winnie Madikizela-Mandela , anti-apartheidsaktivis en gewese vrou van Nelson Mandela (* 1936 ).
14 April – Colin Bland , Suid-Afrikaanse krieketspeler (* 1938 ).
15 April – Michael Halliday , Australiese taalkundige (* 1925 ).
15 April – R. Lee Ermey , Amerikaanse akteur (* 1944 ).
16 April – Harry Anderson , Amerikaanse akteur en skrywer (* 1952 ).
29 April – Derek Keys , Suid-Afrikaanse politikus (* 1931 ).
9 Mei – Jan Engelen , Suid-Afrikaanse akteur en TV-regisseur (* 1946).
12 Mei – Sam Nzima , Suid-Afrikaanse fotojoernalis (* 1934 ).
22 Mei – Philip Roth , Amerikaanse romanskrywer (* 1933 ).
26 Mei – Alan Bean , Amerikaanse ruimtevaarder (* 1932).
8 Junie – Anthony Bourdain , Amerikaanse akteur en komediant (* 1956).
16 Junie – Syd Nomis , Springbokrugbyspeler (* 1941).
16 Junie – Cecile Cilliers , Suid-Afrikaanse joernalis en skryfster (* 1933).
25 Junie – David Goldblatt , Suid-Afrikaanse fotograaf (* 1930).
27 Junie – Renata Coetzee , kenner van die tradisionele voedselkulture van Suid-Afrikaners (* 1930).
14 Julie – Theo-Ben Gurirab , Namibiese politikus (* 1938).
25 Julie – Tom Gouws , Afrikaanse skrywer en akademikus (* 1961 ).
26 Julie – Gert Steyn , Suid-Afrikaanse bokskampioen (* 1951 ).
27 Julie – Bongani Mayosi , Suid-Afrikaanse professor (* 1967 ).
29 Julie – Nellie du Toit , Suid-Afrikaanse liriese sopraan (* 1929).
5 Augustus – Charlotte Rae , Amerikaanse aktrise. (* 1926 ).
10 Augustus – Koos Human , Afrikaanse uitgewer, rubriekskrywer en musiekkenner (* 1931 ).
11 Augustus – George Stevens , Suid-Afrikaanse bariton.
15 Augustus – Martin Pelser , Springbokrugbyspeler (* 1934).
16 Augustus – Aretha Franklin , Amerikaanse sangeres (* 1942).
18 Augustus – Kofi Annan , Ghanese diplomaat en sewende sekretaris-generaal van die Verenigde Nasies (* 1938).
20 Augustus – Lerina Erasmus , Suid-Afrikaanse aktrise en skrywer (* 1946).
21 Augustus – John van Reenen , Suid-Afrikaanse diskuswêreldrekordhouer (* 1947 ).
25 Augustus – John McCain , Amerikaanse politikus (* 1936).
31 Augustus – Marinus Wiechers , Suid-Afrikaanse regsman en grondwetkenner (* 1937 ).
6 September – Burt Reynolds , Amerikaanse akteur, rolprentregisseur en -vervaardiger (* 1936).
10 September – Jannie Geldenhuys , Suid-Afrikaanse Weermaghoof (* 1935 ).
20 September – Pieter Kooij , Suid-Afrikaanse pianis, musiekonderwyser en -resensent (* 1937).
22 September – Edna Molewa , ANC-politikus en Minister van Omgewingsake van Suid-Afrika. (* 1957).
25 September – Shoki Mokgapa , Suid-Afrikaanse aktrise (* 1984 ).
1 Oktober – Charles Aznavour , Franse skrywer, komponis, chansonnier (sanger) en akteur (* 1924 ).
6 Oktober – Montserrat Caballé , Spaanse operasangeres (* 1933).
7 Oktober – Theuns Briers , Springbokrugbyspeler (* 1929).
12 Oktober – Pik Botha , Suid-Afrikaanse politikus, Minister van Buitelandse Sake (* 1932).
15 Oktober – Paul Allen , Amerikaanse sakeman en medestigter van Microsoft (* 1953 ).
20 Oktober – Wim Kok , Nederlandse politikus (* 1938).
24 Oktober – James Karen , Amerikaanse akteur (* 1923).
5 November – Renier van Rooyen , Suid-Afrikaanse entrepreneur en stigter van Pep Stores (* 1931 ).
12 November – Stan Lee , medestigter van die Marvel-strokiesprentboeke (* 1922).
13 November – Katherine MacGregor , Amerikaanse aktrise (* 1925).
17 November – Nigel Morgan ,'n Britse en Suid-Afrikaanse veiligheidskonsultant (* 1954).
20 November – Aaron Klug , Britse skeikundige en biochemikus (* 1926).
26 November – Bernardo Bertolucci , Italiaanse rolprentregisseur en draaiboekskrywer (* 1941).
26 November – Stephen Hillenburg , Amerikaanse animasiekunstenaar (* 1961 ).
30 November – George H.W. Bush , Amerikaanse politikus en 41ste President van die Verenigde State (* 1924).
1 Desember – Gertjie Brynard , Springbokrugbyspeler (* 1938).
1 Desember – Ken Berry , Amerikaanse akteur (* 1933 ).
3 Desember – Justin Cartwright , Britse skrywer (* 1945 ).
5 Desember – Alex Boraine , Suid-Afrikaanse politikus, skrywer en voormalige kerkleier (* 1931).
26 Desember – Don McKay , Amerikaanse akteur (* 1925 ).
Wikinews bevat nuus in verband met 2018 .