1303 – In die veldslag van Roslin tydens die Skotse onafhanklikheidsoorloë word die Engelse weermag deur die Skotte oorwin
1386 – Koning Karel II van Ongarye (ook Koning Karel III van Neapel) word in Visegrad deur adellikes vermooor.
1389 – Die troepe van die Deens-Noorweegse koningin Margarethe I oorwin in die veldslag van Asle die weermag van koning Albrecht von Mecklenburg. Die koning word gevange geneem en eers ses jaar later vrygelaat nadat hy afstand doen van sy aanspraak op die troon.
1510 – Pous Julius II hef die interdik op teen die Republiek van Venesiëe, wat hy uitgevaardig het op 27 April 1509. Die oorlog van die Liga van Cambrai teen Venisië word daarmee beëindig. Frankryk word in die ban geplaas.
1525 – Slag van Pavia: Die weermag van die Rooms-Duitse Koning Karel V onder die bevel van Georg von Frundsberg seëvier teen die weermag van die Franse koning Frans I wat ook gevange geneem word.
1527 – Ferdinand I van Habsburg word as opvolger van die Jagiellone tot koning van Bohemië gekroon.