18 Julie 2013

Joernaliste, skrywers, akademici kom tot Edward Snowden se verdediging

11 Julie 2013

Die WSWS het verskeie joernaliste, kunstenaars en akademici gevra of hulle in die openbaar ten behoewe van Edward Snowden sou praat. Snowden het ‘n enorme diens verrig deur die breë kriminele onderneming van die Nasionale Veiligheids-agentskap en die militêre intelligensie apparaat uit te wys.

Turkse unies, sake-groepe obderduk Taksim Square protes

Deur Thomas Gais en Alex Lantier, 20 Junie 2013

Die Turkse heersende elite sluit geledere rondom Eerste Minister Recep Tayyip Erdogan se onderdrukking van protes-optrede. Deur te dreig om die weermag te stuur om teen die bevolking op te tree, het Erdogan onluste polisie gestuur om Taksim Square skoon te maak, en het honderde protesteerders Dinsdag in hegtenis geneem.

100 jaar gelede: Rassistiese ‘Native Land Act’ deurgevoer

19 Junie 2013

Op 19 Junie 1913 is die sogenaamde ‘Natives Land Act’, ook bekend as die ‘Black Land Act’, in Suid-Afrika deurgevoer. Die wet, deurgevoer deur die regering van Louis Botha, was die eerste deel van rassistiese wetgewing sedert die Unie van Suid-Afrika in 1910 begin bestaan het. Dit het die wetlike raamwerk verskaf vir die apartheid regime wat in 1948 begin is.

Suid-Afrikaanse mynwerkers veg met polisie terwyl unies met mynbase onderhandel

Deur Thomas Gaist, 18 Junie 2013

Die Suid-Afrikaanse polisie het Maandag op stakende mynwerkers van Anglo American Platinum (Amplats) gevuur met rubber koeëls, skokgranate, traangas, en water kanonne nadat die werkers ‘n ultimatum verontaagsaam het om terug te keer werk toe.

Libya gedestabiliseer deur faksie en militêre binne-gevegte

Deur Jean Shaoul, 14 Junie 2013

Libya Shield Force, een van die baie Islamitiese militias wat deur die Libiese regering gekoöpteer is om wet en orde te handhaaf, het op demonstreerders gevuur deur lugafweer gewere, vuurpyl aangedrewe granate en mortier-vuur te gebruik, en in die proses is 31 mense gedood en 127 andere beseer in die oostelike stad van Benghazi.

Mali se skenkers-konferensie finansier imperialistiese skarrel vir Afrika

Deur Antoine Lerougetel, 27 Mei 2013

‘n Skenkers-konferensie wat deur die Europese Unie, Frankryk en Mail georganiseer word op 13 Mei het 108 lande en internasionale instellings in Brussels saamgebring. Hulle het 3.25 biljoen Euro geskenk om Mali, die voormalige Franse kolonie, te “herkonstrueer”.

Veiligheidsmagte vuur rubber-koeëls op Suid-Afrikaanse mynwerkers

Deur Thomas Gaist, 24 Mei 2013

Die polisie het Dinsdag sarsies rubber-koeëls op stakende Suid-Afrikaanse mynwerkers by ‘n myn wat deur Lanxess Chrome Mining Ltd besit word, gevuur. Die myn is naby die stad van Rustenburg. Sowat 500 mynwerkers het teen dagbreek byeengekom en het die aksie geneem sonder goedkeuring van die unie. Ten minste 10 mynwerkers is gehospitaliseer, en polisie-magte het daarna beheer van die myn oorgeneem.

Suid-Afrika se Marikana mynwerkers hou wildcat staking

Deur Patrick O’Connor, 15 Mei 2013

Duisende Lonmin platinum mynwerkers in Marikana, Suid-Afrika het vandeesweek begin staak om protes aan te teken teen die uitvoering-styl moord op die organiseerder van die Association of Mineworkers and Construction Union (AMCU).

Nuwe Sjinese president maak Afrika die hof

Deur John Chan, 28 Maart 2013

Sjina se nuwe president, Xi Jinping, het Afrika vandeesweek besoek – eers na Tanzanië, en toe na Suid-Afrika waar hy aan die BRICS (Brasilië, Rusland, Indië, Sjina en Suid-Afrika) samesprekinge deelgeneem het, en toe na die Republiek van Kongo.

Mursi, weermag debateer die instelling van krygswet terwyl golf van stakings Egipte skud

Deur Thomas Gaist en Alex Lantier, 27 Maart 2013

Voor die aanvang van ‘n moontlike broodstaking, en soos die stryd van werkers deur Egipte versprei, is die Egiptiese President Mohamed Mursi in samesprekinge met die weermag om krygswet in te stel.

Agang bied geen alternatief vir Suid-Afrikaanse werkersklas as ANC nie

Deur Mike Jones, 26 Maart 2013

Die aankoms van die prominente sakevrou en voormalige anti-apartheids aktivis Mamphela Ramphele se nuwe politieke formasie, Agang, kom op ‘n tydstip van akkute politieke krisis in Suid-Afrika.

Seleka rebelle beset hoofstad van Sentraal Afrikaanse Republiek

Deur Thomas Gaist, 26 Maart 2013

Op Maart 23-24 het Seleka, ‘n koalisie van rebelle-groepe in die Sentraal Afrikaanse Republiek (SAR) beheer oorgeneem van die hoofstad Bangui, na afloop van ‘n reeks aanvalle wat verlede Desember begin het.

Agter die mislukte politieke staatsgreep teen Australië se EM

Deur Peter Symonds, 23 Maart 2013

‘n Interessante kommentaar het verskyn van die BBC aangaande hierdie week se mislukte uitdaging teen die leierskap van Australië se Eerste Minister Gillard

Suid-Afrikaanse polisie vermoor Mosambiekse taxi-bestuurder

Deur Mike Jones, 5 Maart 2013

Mido Macia, ‘n man van Mosambiek, is op 27 Februarie dood aan kopbeserings in polisie-aanhouding in Suid-Afrika.

VSA gaan sluipmoord program na Noord-Afrika uitbrei

Deur Joseph Kishore, 11 Februarie 2013

Die Obama administrasie bespreek die uitbreiding van sy sogenaamde ‘drone’ program na Algerië en ander lande in Noordwes-Afrika, volgens media verslae.

Suid-Afrikaanse plaaswerkers praat oor stakings-kwessies

Deur Joshua Lumet en Iqra Qalam, 26 November 2012

Na afloop van ‘n drie-weke lange konfrontasie met die polisie, is die militante staking waartydens twee plaaswerkers gedood is tydelik opgeskort na afloop van onderhandelinge tussen plaaswerkers, die Congress of South African Trade Unions (COSATU), die African National Congress (ANC) en die Demokratiese Alliansie (DA).

Klagtes dat met getuienis gepeuter is by ondersoek na Suid-Afrikaanse mynslagting

Deur Julie Hyland, 12 November 2012

Die Farlam Kommissie van Ondersoek het aantygings gehoor dat die polisie getuienis geplant het by die toneel van die slagting van stakende mynwerkers op 16 Augustus.

Unies werk saam om werkers te onderdruk terwyl Suid-Afrika se stakings verminder

Deur Chris Marsden, 5 November 2012

Die Suid-Afrikaanse Polisiediens is besig met ‘n brutale kampanje van intimidasie wat gefasiliteer word dur die onderdrukking van stakings in die mynsektor deur die Congress of South African Trade Unions (COSATU).

Suid-Afrikaanse mynwerkers doodgeskiet deur veiligheidswagte

Deur Bill van Auken, 1 November 2012

Veiligheidswagte by myne het Woensdag twee steenkool-werkers doodgeskiet in KwaZulu-Natal te midde van groeiende spanning in die Suid-Afrikaanse mynbedryf.

Stakende werkers gekant teen protesoptog deur amptelike unies

Deur Julie Hyland, 29 Oktober 2012

Die Congress of South African Trade Unions (COSATU) het Saterdag ‘n protestoptog gehou by die Olympia Stadion in Rustenburg in wat veronderstel was om hul steun onder myners uit te beeld.

Stakings sleep voort in Suid-Afrika te midde van onderdrukking

Deur Robert Stevens, 15 Oktober 2012

Tienduisende Suid-Afrikaanse mynwerkers is tans steeds aan die staak nadat onderhandelinge tussen vakbonde en mynbestuur misluk het.

Stakings brei regoor Suid-Afrika uit ongeag grootskaalse afdankings

Deur Robert Stevens, 11 Oktober 2012

Te midde van die groot aantal werkers in Suid-Afrika wat nie werk toe gaan nie, het mynmaatskappye grootskaalse afdankings van hierdie werkers aangekondig.

Silikose kom wyd voor by Suid-Afrikaanse myne

Deur Eric Graham, 9 Oktober 2012

Die voorkoms van silikose is van die ergste ter wêreld onder Suid-Afrika se mynwerkers.

Suid-Afrikaanse unies en regering wil wildcat stakings onderdruk

Deur Joseph Kishore, 8 Oktober 2012

Vakbonde en die politieke establishment is desperaat om beheer te kry oor ‘n golf stakings wat regoor die land uitgebreek het en wat van die platinum bedryf en goudmyne tot die vervoer en motorvervaardigingsbedryf uitgebrei het.

12 000 mynwerkers word afgedank terwyl die golf van stakings groei

Deur Bill van Auken, 6 Oktober 2012

Anglo American Platinum (Amplats), die wêreld se grootste platinum produsent, het Vrydag 12 000 werkers afgedank onderwyl transnasionale ondernemings, die ANC regering en die COSATU federasie poog om sogenaamde wildcat stakings landwyd te onderdruk.

COSATU federasie leier se vrees vir sosiale uitbarsting in Suid-Afrika

Deur Eric Graham, 2 Oktober 2012

Te midde van ‘n voortslepende golf wildcat stakings deur werkers in die platinum, goud, steenkool en chroom sektore van die mynbedryf en na afloop van die massa-moord op 34 stakende werkers by Lonmin se Marikana platinum myn het Suid-Afrika se grootste vak-unie, COSATU, sy 11de nationale congress by Gallagher Estate in die Gauteng Provinsie gehou.

Suid-Afrika se golf van stakings brei uit na hele mynsektor, asook die vervoerbedryf

Deur Chris Marsden, 28 September 2012

Die golf van stakings wat by Lonmin se Marikana platinum myn begin het, beslaan nou Suid-Afrika se platinum, goud en steenkool sektore en het ook na die vervoerbedryf en andere uitgebrei.

Mynstakings dra by tot vrese vir ‘n afswaai in die ekonomie

Deur Jordan Shilton, 26 September 2012

Die African National Congress (ANC) regering het weereens bevestig dat hulle regse ekonomiese en sosiale hervorminge gaan nastreef. Dit volg nadat die onlangse stakings in die mynbedryf ‘n negatiewe invloed op die ekonomie gehad het.

ANC President Jacob Zuma sê weermag mag teen stakende werkers gebruik word

Deur Julie Hyland, 22 September 2012

Mynwerkers by die Lonmin platinum myn by Marikana het Donderdag teruggekeer werk toe en terselfdertyd het President Jacob Zuma gesê die weermag mag gebruik word teen onluste in die mynsektor.

Suid-Afrika: ANC gee bevel vir onderdrukking van stakende mynwerkers

Deur Julie Hyland, 17 September 2012

‘n Opmars deur honderde stakende werkers in Suid-Afrika se platinum mynbedryf is Sondag deur die polisie gekeer.

Noodtoestand aangekondig terwyl onrus in Sui-Afrika versprei

Deur Chris Marsden, 13 September 2012

Die Suid-Afrikaanse Weermag is op ‘n gereedheidsgrondslag geplaas te midde van ‘n toenemende golf van stakings waarby stakende platinum en goud mynwerkers betrokke is.

Suid-Afrikaanse polisie onderdruk stakende werkers

Deur Bill van Auken, 17 Augustus 2012

Die Suid-Afrikaanse polisie het Donderdag met outomatiese wapens begin vuur op stakende platinum mynwerkers in die land se Noordwes Provinsie. Minstens 30 mense is doodgeskiet. Ander verslae sê die dodetal kan so hoog as 40 wees.

Ander Tale

Perspektief

Die sosiale verwoesting van Detroit

18 Julie 2013

‘n Breedvoerige misdaad is besig om in Detroit uitgevoer te word. Noodbestuurder Kevyn Orr, wat deur Michigan se Goewerneur Rick Snyder aangestel is om ‘n diktatorskap oor die stad se finansies uit te voer, implimenteer ‘n historiese aanval op die werkersklas wat verwoestende gevolge sal hê vir honderde duisende mense.

Vroeëre Perspektiewe »

Wall Street winste en die wyer wordende sosiale skeiding in Amerika

Deur Andre Damon, 17 Julie 2013

Die winste van die grootste VSA banke het aangehou groei in die tweede kwartaal van hierdie jaar, selfs onderwyl die impak van vyf jaar van massa werkloosheid, stagnante ekonomiese groei en brutale besnoeiinge in sosiale uitgawes verdere armoede, dakloosheid en honger tot gevolg gehad het.

Ras en klas in Amerika

Deur Barry Grey, 16 Julie 2013

Die onskuldig-bevinding van George Zimmerman, die “buurtwag” vrywilliger wat die 17-jarige Travyon Martin in Februuarie 2012 geskiet het, het tot populêre verontwaardiging gelei.

Die intelligensie-industriële kompleks

Deur Joseph Kishore, 15 Julie 2013

‘n Belangrike aspek van die spioenasie operasies was blootgestel is oor die laaste maand deur die National Security Agency (NSA) klokluier Edward Snowden is die sameswering van die reuse telekommunikasie en tegnologie maatskappye met die Obama administrasie en VSA intelligensie agentskappe in die sistematiese oortreding van demokratiese regte.

IMF opdatering dui op globale ekonomiese afwaartse kurwe

Deur Nick Beams, 11 Julie 2013

Soos die vyfde herdenking van die uitbreek van die globale finansiële krisis naderkom, beweeg die wêreld se ekonomie steeds verder weg van wat eens as “normal” beskou is.

Obama verheerlik militarisme op die Vierde Julie

Deur Patrick Martin, 6 Julie 2013

In Vierde Julie opmerkings wat in ‘n kort radio/internet toespraak gelewer is en wat herhaal is aan ‘n militêre gehoor op die grasperk van die Wit Huis, het President Obama die VSA se gewapende magte se lof besing, die mees magtige instrument van geweld op die planeet, as die draer van vryheid aan die wêreld.

Verkoop van aandele wys na nuwe krisis

Deur Nick Beams, 25 Junie 2013

Die hernieude onrus op die globale finansiële markte, wat ‘n reuse afname op Asiatiese markte en ‘n 1% afname op Wall Street tot gevolg gehand het, wys dat geen van die probleme wat sedert die 2008 ineenstorting plaasgevind het, oorkom is nie.

Siriese oorlog dreig om streeks- en sektariese bloedbad te word

Deur Alex Lantier, 21 Junie 2013

Oor die laaste weke het Washington se strategie in die Midde Ooste baie duidelik na vore gekom: dit het ten doel om sektariese divisies te eksploiteer, veral tussen die Sunni en Shia Moslems, om die Midde Ooste en sy belange te herstruktureer.

Obama in Berlyn

Deur Barry Grey, 20 Junie 2013

In sy toespraak Woensdag in Berlyn het President Barack Obama baie gemaak van die feit dat hy die eerste Amerikaanse president was wat van die oostelike kant van die Brandenburg Hek gepraat het, wat eens die Stalinistiese Oos Berlyn was.

Obama, Cheney en Snowden se openbaringe

Deur Bill van Auken, 19 Junie 2013

Dit was in November 1973 dat President Richard M. Nixon, alreeds vasgevang in die verdiepende Watergate skandaal, die frase ge-uiter het waarvoor hy altyd onthou sal word: “Ek is nie ‘n skelm nie.”

Nee vir oorlog in Sirië

Deur Bill van Auken, 18 Junie 2013

Die World Socialist Website het op kategoriese wyse die Obama administrasie se besluit om direk die regsgesinde Islamitiese huursoldate te steun wat die Westers gesteunde oorlog vir regime verandering in Sirië voer, te veroordeel.

Sosiale teenrewolusie in Detroit

Deur Andre Damon, 17 Junie 2013

Detroit se noodbestuurder Kevyn Orr het Vrydag planne aangekondig om die pensioene en gesondheidsvoordele van alle huidge en afgetredee stadswerkers uit te wis, en het derhalwe nagenoeg 20 000 afgetredes en hul families tot armoed en swak gesondheid verdoem. Die de facto diktator van Detroit vra vir die uitskakeling van $9 biljoen in werkers se voordele in een beweging.

Wat Edward Snowdon aan die lig gebring het

Deur Joseph Kishore, 11 Junie 2013

Edward Snowden, die voormalige CIA informasie tegnologie werknemer en kontrakteur vir die National Security Agency (NSA) het ‘n enorme diens verrig vir die mense van die Verenigde State en die wêreld deur die sluier te lig oor die militêre intelligensie spioenasie apparaat, wat in geheimhouding funksioneer en die mees basiese konstitusionele regte oortree.

Barack Obama se gesondheidsorg teen-rewolusie

Deur Kate Randall, 7 Junie 2013

Met die sperdatum vir die volle inwerkstelling van die Patient Protection and Affordable Care Act (ACA) wat vir 1 Januarie 2014 vasgestel is, word dit toenemend duidelik dat wat as ‘n progessiewe hervorming voorgestel is, is om die waarheid te sê ‘n radikale aanval op gesondheidsorg vir die oorgrootte meerderheid Amerikaners.

Turkye by ‘n kruispad

Deur Bill van Auken, 6 Junie 2013

Op 4 Junie, na afloop van ‘n week van protes aksie waartydens honderd duisende mense na Turkye se Taksim Square gestroom het en na die strate van Ankara, Izmir en 65 ander stede regoor die land gegaan het, het die land se President, Abdullag Gül, angstige sakemanne verseker dat die gebeure nie vergelykbaar is met die rewolusies wat in Tunisië en Egipte uitgebreek het nie.

Globale kapitalistiese krisis dryfveer agter Sjina se pro-mark hervorminge

Deur John Chan, 5 Junie 2013

Die Sjinese Kommunistiese Party (CCP), wat gelei word deur President Xi Jinping and Premier Li Keqiang, het ‘n derde golf van pro-mark hervorminge aangekondig, met die doel om staatsbeheerde sektore van die ekonomie oop te stel vir globale kapitaal.

Die Woolwich moorde en die verantwoordelikheid van Britanje se heersende elite

Deur Chris Marsden, 1 Junie 2013

Die moord op Lee Rigby in Woolwich, Londen het die sorgvuldig saamgestelde skyn van leuens, intrige en kriminaliteit rondom Briste buitelandse beleid blootgestel.

Die oorlog op terreur en die uiteinde van demokrasie in die VSA

Deur Joseph Kishore, 28 Mei 2013

Die toespraak wat verlede week deur President Barack Obama gelewer is by die National Defence University in Washington, D.C., het nie net ‘n krisis in die Obama administrasie, asook toenemed bitter konflikte binne die hoogste vlakke van die staat, uitgewys nie. Dit is ook, en meer diepgaande, ‘n historiese krisis van klasse-beheer.

Die verkope van Japanese aandele ‘n teken van groeiende finansiële onstabiliteit

Deur Nick Beams, 27 Mei 2013

Die Nikkei het met 7 persent gedaal en het daarna op Vrydag redelike groot onstabiliteit getoon, voordat dit die dag ietwat hoër afgesluit het. In die Verenigde State het die markte hul eerste weeklikse verlies gelei na ‘n maand van rekord hoogtes. Terwyl een van die faktore in die Japanese afname die val van vervaardiging in Sjina was, was ‘n sleutel element die vrees dat ‘n groot krisis tot gevolg sal wees indien die VSA se Federale Reserwe nie meer $85 biljoen per maand in finansiële markte pomp nie.

Die sosiale ramp in Tornado Alley

Deur Naomi Spencer, 23 Mei 2013

Die onmiddellike oorsaak van die ramp wat vandeesweek by Moore in Oklahoma voorgekom het was natuurlik in karakter: ‘n massiewe tornado met winde van meer as 200 myl per uur. Maar met so baie soortgelyke gebeure in Amerika was die gevolge vererger deur sosiale en ekonomiese toestande.

Detroit se noodbestuurder rig ‘n uitdaging

Deur Joseph Kishore, 15 Mei 2013

Met die vrystelling van sy Finansiële en Bedryfsplan Maandag het Detroit se noodbestuurder, Kevyn Orr, die uitdaging aan die werkersklas gerig. Hy gebruik die dreigement van bankrotskap as hefboom en daarmee doen Orr ‘n beroep vir ‘n werede aanval op ‘n bevolking wat alreeds deur werkloosheid, verlaagde lone en armoede geteister word.

Die Israeliese aanvalle op Sirië

Deur Alex Lantier, 6 Mei 2013

Israel se bomaanval op die Damaskus Internasionale Lughawe Donderdagaand en teikens van die Siriese weermag regoor Damaskus gisteroggend is moedswillige en onwettige oorlogsdade, gesteun deur Washington en hul Europese bondgenote as deel van die stygende kampanje teen Sirië.

Die Boston bomaanvalle en die wortels van terreur

Deur Bill van Auken, 24 April 2013

Binne dae na die bomaanval in Boston het massiewe teenstrydighede na vore gekom in die amptelike weergawes wat deur die Obama administrasie, die FBI en ander staatsagentskappe oor die wyse waarop die terroriste aanval plaasgevind het, gegee is.

’n Storie van twee stede

Deur Barry Grey, 23 April 2013

Die bomaanvalle in Boston van 15 April domineer steeds die Amerikaanse media. Die twee ontploffings naby die einde van die stad se jaarlikse marathon het drie mense doodgemaak en meer as 170 beseer, waarvan baie ernstig.

Amerika se demokrasie in ‘n gemors

Deur Barry Grey, 22 April 2013

Met die oplegging van ‘n staat van beleg in Boston is ‘n geskiedkundige drumpel oorsteek. Vir die eerste keer ooit is ‘n groot Amerikaanse stad onder die ekwiwalent van krygswet geplaas. Die reeds uigerafelde fineer van ‘n stabliele demokrasie gebasser op grondwetlike beginsels is aan flarde.

Obama se tweede termyn: ‘n nuwe stadium in die sosiale teen-rewolusie

Deur Andre Damon, 8 April 2013

Slegs drie maande na die aanvang van President Barack Obama se tweede termyn is die karakter van die volgende vier jaar duidelik gedemonstreer in die optrede sover: ‘n intensivikasie van die sosiale teen-rewolusie in die Verenigde State, die uibreiding van VSA militarisme, en ‘n ongeëwenaarde aanval op demokratiese regte.

Klasse-oorlog in Europa

Deur Julie Hyland, 4 April 2013

Die strafmaatreëls wat op Cyprus ingestel is beteken ‘n kwalitatiewe verdieping van die bourgeoisie se klasse-oorlog in Europa.

Die verskriklike koste van Washington se oorloë

Deur Bill Van Auken, 3 April 2013

Harvard Universiteit se nuwe verslag beraam dat die VSA se oorloë in Irak en Afghanistan sal uiteindelik soveel as $6 triljoen kos en dit is nog ‘n aanduiding van die verskriklike prys wat deur werkende mense die wêreld oor betaal moet word vir die misdade van imperialisme.

VSA se gesekwestreerde besnoeiinge en die bedrog van “politieke toeknoping”

Deur Andre Damon, 27 Maart 2013

Die VSA se President Barack Obama het Dinsdag ‘n nuwe wet onderteken wat $85 biljoen in gesekwestreerde besnoeiinge permanent maak, wat die weg baan vir die oplegging van verlofperiodes op a miljoen of meer federale werkers, so vroeg as volgende maand.

Die SID se oorlog teen Sirië

Deur Johannes Stern, 26 Maart 2013

Na afloop van President Barack Obama se sogenaamde “vredestog” na Israel verlede week, op die tiende herdenking van die VSA se inval van Irak, brei Washington sy bloedige intervensie in die Midde Ooste uit.

Die aanval op openbare opvoeding in Chicago

Deur Alexander Fangmann, 25 Maart 2013

Die aankondiging van planne in Chicago, Illinois om 61 elementêre en middel skole te sluit dui op ‘n nuwe stadium in die aanslag op openbare opvoeding en die sosiale teenrevolusie in Amerika.

VSA se korporatiewe uitvoerende beamptes maak geld

Deur Andre Damon, 23 Maart 2013

Soos die VSA voorberei daarop om 1 miljoen federale werkers op verlof te plaas en honderde biljoene in sosiale uitgawes te besnoei, ontvang korporatiewe uitvoerende beamptes van die hoogste uitbetalings in die geskiedenis.

Hande van Sirië af

Deur Bill Van Auken, 22 Maart 2013

Tien jaar na die loodsing van ‘n kriminele oorlog teen Irak, berei Washington weereens voor vir militêre agressie in die Midde Ooste.

Die Amerikaanse media, tien jaar na die oorlog in Irak

Deur Alex Lantier, 21 Maart 2013

Veelvuldige motor-bom aanvalle het gister Shiite teikens regoor Irak getref, op die tiende herdenking van die VSA se inval van Irak; 65 mense het gesterf en ten minste 200 is beseer.

Die Irak Oorlog tien jaar later: ‘n Keerpunt vir VSA imperialisme

Deur Bill Van Auken en David North, 19 Maart 2013

Tien jaar gelede het die wêreld met “skok en afrgryse” dopgehou hoe die bomaanvalle die naglig van Bagdad opgehelder het met wolke van vlamme en rook sigbaar.

JPMorgan en die kriminilarisering van die VSA se heersersklas

Deur Barry Grey, 18 Maart 2013

Skaars ‘n week nadat die Prokureur-generaal Eric Holder voor ‘n senaatskomitee erken het dat die Obama administrasie die groot Wall Street banke as te magtig beskou om te vervolg, het die Senaat se Permanente Subkomitee op Ondersoeke ‘n 300-bladsye lange dokument vrygestel waarin die grootskaalse bedrog en wetteloosheid van JPMorgan Chase, die VSA se grootste bank en die wêreld se grootste handelaar in deriviteite, uitgewys is.

Die “Vuil Oorlog” Pous

Deur Bill Van Auken, 16 Maart 2013

Vir meer as ‘n week het die media die publiek onderwerp aan ‘n vloedgolf van euforiese banaliteite oor die Rooms-Katolieke Kerk se verkiesing van ‘n nuwe pous.

‘n Finansiële diktator vir Detroit

Deur Joseph Kishore, 15 Maart 2013

Met die aanstelling Donderdag van ‘n noodbestuurder het Detroit die grootste stad geword in die Amerikaanse geskiedenis om deur die staat se regering oorgeneem te word.

VSA begroting teiken Sosiale Sekuriteit en Medicare

Deur Andre Damon, 14 Maart 2013

Net twee weke na afloop van die begin van sogenaamde “sekwestrasie” begrotingsbesnoeiings, wat reeds deur mense in die land gevoel word, beweeg die Demokrate en Republikeine reeds aan na die volgende sake wat aan die hand gemaak word: ‘n gekoördineerde aanval op die kern van federale gesondheidsorg en aftree-programme.

Die regse flank se bedreiging in Griekeland

Deur Cristoph Dreier, 13 Maart 2013

Pogings deur Nuwe Demokrasie (ND), Griekeland se grooste heersende party, om ‘n deel van die fassistiese Golden Dawn stem te kry deur immigrante van die polisie en militêre sy te verban en om wette in te stel wat naturellisasie wat honderde duisende immigrante kinders affekteer, is ‘n duidelike waarskuwing aan die werkersklas.

Polisie-moord in Suid-Afrika

Deur Chris Marsden, 9 Maart 2013

Suid-Afrika is ‘n baie “kwaai nasie” en is op die “mespunt van iets baie gevaarlik met die potensiaal om nie die val te kan keer nie,” het Graca Machel, die vrou van Nelson Mandela gewaarsku.

Vyftien Jaar van die World Socialist Web Site: 1998 – 2013

14 Februarie 2013

Dit was vandag vyftien jaar gelede dat die eerste artikel op die daaglikse bladsye van die World Socialist Web Site gepubliseer is. Sedert 14 Februarie 1998 het die WSWS elke dag vyf dae per week verskyn, en ses dae per week vandaf April 1999.

Politiese en historiese kwessies rakende die Suid-Afrikaanse mynstakings

Deur Julie Hyland, 20 September 2012

Die slagting van 34 mynwerkers op 16 Augustus by die Marikana myn van Lonmin en die uitbreiding van die konflik tussen die African National Congress (ANC) en die myners het die reaksionêre aard van rasse- en nationalistiese politiek uitgewys.

Suid-Afrika se ANC by 100: ‘n Balansstaat van bourgeois nasionalisme

Deur Bill van Auken, 11 Januarie 2012

Die honderd-jarige feesvieringe van Suid-Afrika se African National Congress verskaf ‘n goeie geleentheid vir ‘n balansstaat oor die karakter en toekoms van die ANC en ander soortgelyke bourgeois nasionalistiese organisasies.