Wêreld Nuus

Libya gedestabiliseer deur faksie en militêre binne-gevegte

Deur Jean Shaoul, 14 Junie 2013

Libya Shield Force, een van die baie Islamitiese militias wat deur die Libiese regering gekoöpteer is om wet en orde te handhaaf, het op demonstreerders gevuur deur lugafweer gewere, vuurpyl aangedrewe granate en mortier-vuur te gebruik, en in die proses is 31 mense gedood en 127 andere beseer in die oostelike stad van Benghazi.

Veiligheidsmagte vuur rubber-koeëls op Suid-Afrikaanse mynwerkers

Deur Thomas Gaist, 24 Mei 2013

Die polisie het Dinsdag sarsies rubber-koeëls op stakende Suid-Afrikaanse mynwerkers by ‘n myn wat deur Lanxess Chrome Mining Ltd besit word, gevuur. Die myn is naby die stad van Rustenburg. Sowat 500 mynwerkers het teen dagbreek byeengekom en het die aksie geneem sonder goedkeuring van die unie. Ten minste 10 mynwerkers is gehospitaliseer, en polisie-magte het daarna beheer van die myn oorgeneem.

Agang bied geen alternatief vir Suid-Afrikaanse werkersklas as ANC nie

Deur Mike Jones, 26 Maart 2013

Die aankoms van die prominente sakevrou en voormalige anti-apartheids aktivis Mamphela Ramphele se nuwe politieke formasie, Agang, kom op ‘n tydstip van akkute politieke krisis in Suid-Afrika.

Seleka rebelle beset hoofstad van Sentraal Afrikaanse Republiek

Deur Thomas Gaist, 26 Maart 2013

Op Maart 23-24 het Seleka, ‘n koalisie van rebelle-groepe in die Sentraal Afrikaanse Republiek (SAR) beheer oorgeneem van die hoofstad Bangui, na afloop van ‘n reeks aanvalle wat verlede Desember begin het.

Suid-Afrikaanse polisie vermoor Mosambiekse taxi-bestuurder

Deur Mike Jones, 5 Maart 2013

Mido Macia, ‘n man van Mosambiek, is op 27 Februarie dood aan kopbeserings in polisie-aanhouding in Suid-Afrika.

Suid-Afrikaanse plaaswerkers praat oor stakings-kwessies

Deur Joshua Lumet en Iqra Qalam, 26 November 2012

Na afloop van ‘n drie-weke lange konfrontasie met die polisie, is die militante staking waartydens twee plaaswerkers gedood is tydelik opgeskort na afloop van onderhandelinge tussen plaaswerkers, die Congress of South African Trade Unions (COSATU), die African National Congress (ANC) en die Demokratiese Alliansie (DA).

Klagtes dat met getuienis gepeuter is by ondersoek na Suid-Afrikaanse mynslagting

Deur Julie Hyland, 12 November 2012

Die Farlam Kommissie van Ondersoek het aantygings gehoor dat die polisie getuienis geplant het by die toneel van die slagting van stakende mynwerkers op 16 Augustus.

Unies werk saam om werkers te onderdruk terwyl Suid-Afrika se stakings verminder

Deur Chris Marsden, 5 November 2012

Die Suid-Afrikaanse Polisiediens is besig met ‘n brutale kampanje van intimidasie wat gefasiliteer word dur die onderdrukking van stakings in die mynsektor deur die Congress of South African Trade Unions (COSATU).

Suid-Afrikaanse mynwerkers doodgeskiet deur veiligheidswagte

Deur Bill van Auken, 1 November 2012

Veiligheidswagte by myne het Woensdag twee steenkool-werkers doodgeskiet in KwaZulu-Natal te midde van groeiende spanning in die Suid-Afrikaanse mynbedryf.

Stakende werkers gekant teen protesoptog deur amptelike unies

Deur Julie Hyland, 29 Oktober 2012

Die Congress of South African Trade Unions (COSATU) het Saterdag ‘n protestoptog gehou by die Olympia Stadion in Rustenburg in wat veronderstel was om hul steun onder myners uit te beeld.

Stakings sleep voort in Suid-Afrika te midde van onderdrukking

Deur Robert Stevens, 15 Oktober 2012

Tienduisende Suid-Afrikaanse mynwerkers is tans steeds aan die staak nadat onderhandelinge tussen vakbonde en mynbestuur misluk het.

Stakings brei regoor Suid-Afrika uit ongeag grootskaalse afdankings

Deur Robert Stevens, 11 Oktober 2012

Te midde van die groot aantal werkers in Suid-Afrika wat nie werk toe gaan nie, het mynmaatskappye grootskaalse afdankings van hierdie werkers aangekondig.

Silikose kom wyd voor by Suid-Afrikaanse myne

Deur Eric Graham, 9 Oktober 2012

Die voorkoms van silikose is van die ergste ter wêreld onder Suid-Afrika se mynwerkers.

Suid-Afrikaanse unies en regering wil wildcat stakings onderdruk

Deur Joseph Kishore, 8 Oktober 2012

Vakbonde en die politieke establishment is desperaat om beheer te kry oor ‘n golf stakings wat regoor die land uitgebreek het en wat van die platinum bedryf en goudmyne tot die vervoer en motorvervaardigingsbedryf uitgebrei het.

12 000 mynwerkers word afgedank terwyl die golf van stakings groei

Deur Bill van Auken, 6 Oktober 2012

Anglo American Platinum (Amplats), die wêreld se grootste platinum produsent, het Vrydag 12 000 werkers afgedank onderwyl transnasionale ondernemings, die ANC regering en die COSATU federasie poog om sogenaamde wildcat stakings landwyd te onderdruk.

COSATU federasie leier se vrees vir sosiale uitbarsting in Suid-Afrika

Deur Eric Graham, 2 Oktober 2012

Te midde van ‘n voortslepende golf wildcat stakings deur werkers in die platinum, goud, steenkool en chroom sektore van die mynbedryf en na afloop van die massa-moord op 34 stakende werkers by Lonmin se Marikana platinum myn het Suid-Afrika se grootste vak-unie, COSATU, sy 11de nationale congress by Gallagher Estate in die Gauteng Provinsie gehou.

Suid-Afrika se golf van stakings brei uit na hele mynsektor, asook die vervoerbedryf

Deur Chris Marsden, 28 September 2012

Die golf van stakings wat by Lonmin se Marikana platinum myn begin het, beslaan nou Suid-Afrika se platinum, goud en steenkool sektore en het ook na die vervoerbedryf en andere uitgebrei.

Mynstakings dra by tot vrese vir ‘n afswaai in die ekonomie

Deur Jordan Shilton, 26 September 2012

Die African National Congress (ANC) regering het weereens bevestig dat hulle regse ekonomiese en sosiale hervorminge gaan nastreef. Dit volg nadat die onlangse stakings in die mynbedryf ‘n negatiewe invloed op die ekonomie gehad het.

ANC President Jacob Zuma sê weermag mag teen stakende werkers gebruik word

Deur Julie Hyland, 22 September 2012

Mynwerkers by die Lonmin platinum myn by Marikana het Donderdag teruggekeer werk toe en terselfdertyd het President Jacob Zuma gesê die weermag mag gebruik word teen onluste in die mynsektor.

Suid-Afrika: ANC gee bevel vir onderdrukking van stakende mynwerkers

Deur Julie Hyland, 17 September 2012

‘n Opmars deur honderde stakende werkers in Suid-Afrika se platinum mynbedryf is Sondag deur die polisie gekeer.

Noodtoestand aangekondig terwyl onrus in Sui-Afrika versprei

Deur Chris Marsden, 13 September 2012

Die Suid-Afrikaanse Weermag is op ‘n gereedheidsgrondslag geplaas te midde van ‘n toenemende golf van stakings waarby stakende platinum en goud mynwerkers betrokke is.

Suid-Afrikaanse polisie onderdruk stakende werkers

Deur Bill van Auken, 17 Augustus 2012

Die Suid-Afrikaanse polisie het Donderdag met outomatiese wapens begin vuur op stakende platinum mynwerkers in die land se Noordwes Provinsie. Minstens 30 mense is doodgeskiet. Ander verslae sê die dodetal kan so hoog as 40 wees.