9 Maart
in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
<< | Maart 2015 | >> | ||||
So | Ma | Di | Wo | Do | Vr | Sa |
1 | 2 | 3 | 4 | 5 | 6 | 7 |
8 | 9 | 10 | 11 | 12 | 13 | 14 |
15 | 16 | 17 | 18 | 19 | 20 | 21 |
22 | 23 | 24 | 25 | 26 | 27 | 28 |
29 | 30 | 31 | ||||
Al die dae |
9 Maart is die 68ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (69ste in skrikkeljare). Daar volg nog 297 dae in die res van die jaar.
Gebeure[wysig | wysig bron]
- 1051 – Frederik van Lotaringe (Pous Stefanus IX (X)) word kanselier van die Rooms-Katolieke Kerk.
- 1253 – Pous Innocentius IV verklaar Peter van Verona, martelaar, heilig.
- 1489 – Pous Innocentius VIII stel 8 nuwe kardinale aan, waarvan twee familie van hom is en een van die familielede is slegs dertien jaar oud.
- 1489 – Giovanni de' Medici (later Pous Leo X) word kardinaal-diaken van Santa Maria in Domnica.
- 1513 – Pous Leo X volg Pous Julius II op as pous van die Rooms-Katolieke Kerk.
- 1530 – Pous Clemens VII stel nog vyf nuwe kardinale aan.
- 1573 – Alessandro Ottaviano de' Medici (later Pous Leo XI) word biskop van Pistoia.
- 1668 – Antonio Pignatelli (Later Pous Innocentius XII) word nuntius in Wene.
- 1839 – Die Koekoorlog kom tot 'n einde.
- 1916 – Generaal Pancho Villa lei 1500 Meksikane in 'n aanval oor die VSA-grens op Columbus, Nieu-Meksiko, wat aanleiding gee tot 'n strafekspedisie deur die VSA-leër.
- 1932 – Eamon de Valera word President van die uitvoerende raad van die Ierse Vrystaat.
- 1945 – Tweede Wêreldoorlog: 'n Bomaanval op Tokio veroorsaak 'n vuurstorm waarin 100 000 mense sterf.
- 1959 – Die wêreld se topverkoper-pop, Barbie, word vir die eerste keer in New York verkoop.
- 2005 – 'n Aardbewing van 5.3 op die Richterskaal tref Stilfontein se Hartebeestfontein-goudmyn.
Geboortes[wysig | wysig bron]
- 1454 – Amerigo Vespucci, Italiaanse ontdekkingsreisiger († 1512)
- 1838 − Albert Zinn, NG Kerk predikant († 1866).
- 1921 − Willem Cruywagen, kabinetsminister en administrateur van Transvaal († 2013).
- 1934 – Joeri Gagarin, 'n Rus en die eerste mens wat om die aarde gewentel het, († 1968)
- 1942 − John Cale, Walliese musikant en multi-instrumentalis
- 1951 − Helen Zille, Demokratiese Alliansie (DA) politikus.
Sterftes[wysig | wysig bron]
- 1888 – Wilhelm I van Duitsland, koning van Pruise en keiser van Duitsland (* 1797).
- 1987 – Bobby Locke, Suid-Afrikaanse gholfspeler (* 1917).
- 2013 – Doc Immelman, Avontuurverhaal skrywer (* 1928).