2015
in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
2015 |
◄ | 20de eeu | ◄ 21de eeu ► | 22de eeu | ► ◄ ◄ | ◄ | 2010 | 2011 | 2012 | 2013 | 2014 | ◄ 2015 ► | 2016 | 2017 | 2018 | 2019 | 2020 | ► | ► ► |
Dae | Eeue | Geskiedenis |
Kalenders | ||||||||||||||||||||||||
|
Die jaar 2015 is 'n gewone jaar wat volgens die Gregoriaanse kalender op 'n Donderdag begin het. Dis die 15de jaar van die 21ste eeu n.C. Soos ander gewone jare het dit 12 maande, 52 weke en 365 dae.
2015 is tydens die agt-en-sestigste sitting van die Algemene Vergadering van die Verenigde Nasies as die internasionale jaar van lig en van grond aangewys.
Gebeure[wysig | wysig bron]
- 1 Januarie – Letland neem die voorsitterskap van die Europese Unie by Italië oor.
- 1 Januarie – Litaue tree tot die Eurosone toe en begin met die omskakeling van die litas na die Euro.
- 1 Januarie – Die Eurasiatiese Unie tree amptelik in werking. Die EAU behels ekonomiese samewerking tussen Rusland, Wit-Rusland, Armenië, Kasakstan en Kirgisië.
- 2 Februarie – Die Internasionale Geregshof in Den Haag oordeel dat Kroasië en Serwië tydens die Balkanoorloë (1991–1995) geen Volksmoord gepleeg het nie.
- 14 Februarie–29 Maart – Die Krieketwêreldbeker word in Australië en Nieu-Seeland aangebied.
- 1 Maart – Die ou-president van Uruguay, Tabaré Vázquez, lê die ampseed af as nuwe president van dié land.
- 6 Maart – Die Dawn-ruimtetuig bereik die dwergplaneet Ceres.
- 16 Maart – 200 jarige viering van die Nederlandse Koninkryk.
- 20 Maart – Totale sonsverduistering oor die noorde van die Atlantiese Oseaan.
- 21 Maart – Tydens die 25ste onafhanklikheidsvierings in Namibië word die ou-premier Hage Geingob ingesweer as nuwe president van dié land, terwyl Saara Kuugongelwa die ampseed aflê as eerste minister.
- 24 Maart – 'n Germanwings-Airbus A320 met 144 passasiers en ses bemanningslede aan boord stort in moeilik toeganklike terrein in die Franse Alpe neer.
- 29 Maart – Die Australiese nasionale krieketspan wen hul vyfde wêreldbeker.
- 25 April – 'n Aardbewing van 7,8 op die Richterskaal saai verwoesting in Nepal.
- 10 Mei – Moedersdag in Suid-Afrika.
- 10 Mei – Mmusi Maimane word in Port Elizabeth verkies as die Demokratiese Alliansie se eerste swart leier.
- 14 Mei – Hemelvaartsdag.
- 22 Mei – Die Republiek van Ierland word die eerste land ter wêreld, wat selfdegeslaghuwelike deur 'n referendum wettig verklaar.
- 29 Mei – Die ou staatshoof van Nigerië, Muhammadu Buhari, lê die ampseed af as nuwe president van dié land.
- 31 Mei – Gift Kelehe en Caroline Wöstmann wen die mans en vroue wedrenne in die Comrades-maraton onderskeidelik, die eerste keer in 23 jaar dat Suid-Afrikaners beide die wedrenne wen.
- 26 Junie – Die Hooggeregshof van die Verenigde State het selfdegeslaghuwelike in alle Amerikaanse deelstate wettig verklaar.
- 1 Julie – Luxemburg neem die voorsitterskap van die Europese Unie by Letland oor.
- 1 Julie – Die Verenigde State en Kuba het amptelik aangekondig dat hul ambassades heropen sal word vir die eerste keer sedert 1961.
- 1 Julie – 'n Rekordtemperatuur van 36,7 °C word aangeteken op Londen se Heathrow-lughawe op die warmste Juliedag tot nog toe in die Verenigde Koninkryk.
- 14 Julie – Die ruimtetuig New Horizons vlieg verby Pluto op 'n afstand van 12 600 km en neem foto's van die dwergplaneet en sy mane.
- 6 Augustus – Andrzej Duda lê die ampseed as nuwe president van Pole af.
- 9 September – Koningin Elizabeth II word die langsheersende Britse monarg.
- 13 September – Gedeeltelike sonsverduistering oor Suider-Afrika.
- 18 September – 31 Oktober: Die Rugbywêreldbeker 2015 word in Engeland aangebied.
- 28 September – Totale maansverduistering.
- Die gedrukte HAT is 50 jaar oud.
Geboortes[wysig | wysig bron]
- 2 Mei – Prinses Charlotte van Cambridge (gedoop Charlotte Elizabeth Diana), dogter van Prins William, Hertog van Cambridge en 'n Britse troonopvolger.
Sterftes[wysig | wysig bron]
- 23 Januarie – Jackie Selebi, Suid-Afrikaanse polisiekommissaris (* 1950).
- 23 Januarie – Abdoellah bin Abdoel Aziz al-Saoed, koning van Saoedi-Arabië (* 1924).
- 25 Januarie – Demis Roussos, Griekse sanger (* 1946).
- 27 Januarie – Charles H. Townes, Amerikaanse fisikus en Nobelpryswenner (* 1915).
- 28 Januarie – Yves Chauvin, Franse chemikus en Nobelpryswenner (* 1930).
- 5 Februarie – Val Logsdon Fitch, Amerikaanse fisikus en Nobelpryswenner (* 1923).
- 6 Februarie – André P. Brink, Suid-Afrikaanse skrywer (* 1935).
- 27 Februarie – Boris Nemtsof, Russiese wetenskaplike, staatsman en liberale politikus (* 1959).
- 27 Februarie – Leonard Nimoy, Amerikaanse akteur, regisseur, digter, musikant en fotograaf (* 1931).
- 4 Maart – Solly Ozrovech, skrywer van Christelike boeke en afgetrede predikant (* 1927).
- 8 Maart – Tjol Lategan, Springbokrugbyspeler (* 1925).
- 15 Maart – Collins Chabane, Suid-Afrikaanse minister van openbare dienste en administrasie (* 1960).
- 19 Maart – Steve Mokone, voormalige Suid-Afrikaanse sokkerspeler (* 1932).
- 26 Maart – Tomas Tranströmer, Sweedse skrywer en Nobelpryswenner (* 1931).
- 10 April – Richie Benaud, voormalige Australiese krieketkaptein en kommentator (* 1930).
- 13 April – Günter Grass, Duitse skrywer, beeldhouer, skilder en grafiese kunstenaar (* 1927).
- 14 April – Percy Sledge, Amerikaanse sanger (* 1940).
- 2 Mei – Ruth Rendell, Engelse skryweres van misdaadromans (* 1930).
- 14 Mei – B.B. King, Amerikaanse bluessanger (* 1925).
- 23 Mei – John Forbes Nash, Jr., Amerikaanse wiskundige en Nobelpryswenner (* 1928).
- 2 Junie – Irwin Rose, Amerikaanse biochemikus en Nobelpryswenner (* 1926).
- 4 Junie – Ena Murray, Afrikaanse skryfster (* 1936).
- 5 Junie – Jerry Collins, Nieu-Seelandse rugbyspeler (* 1980).
- 7 Junie – Christopher Lee, Engelse akteur, sanger en skrywer (* 1922).
- 13 Junie – Darius Dhlomo, Suid-Afrikaanse sokkerspeler, akteur, bokser, musikant en politiese aktivis (* 1931).
- 20 Junie – Esther Brand, Suid-Afrikaanse atleet en Olimpiese goue medalje wenner (* 1922).
- 20 Junie – Jan Scholtz, Suid-Afrikaanse draaiboekskrywer, regisseur en vervaardiger van rolprente (* 1938).
- 22 Junie – James Horner, Amerikaanse komponis en dirigent van orkestrale en rolprentmusiek (* 1953).
- 25 Junie – Patrick Macnee, Brits-Amerikaanse akteur (* 1922).
- 3 Julie – Fredi Nest, Afrikaanse sanger (* 25 Maart 1959).
- 5 Julie – Hernus Kriel, voormalige minister van wet en orde in die kabinet van Suid-Afrika (* 1941).
- 5 Julie – Piet Malan, Springbokrugbyspeler (* 1919).
- 10 Julie – Omar Sharif, Egiptiese akteur (* 1932).
- 11 Julie – Giacomo Biffi, Italiaanse kardinaal (* 1928).
- 12 Julie – Chenjerai Hove, Zimbabwiese digter(* 1956).
- 14 Julie – Ildikó Schwarczenberger, Hongaarse skermer (* 1951).
- 15 Julie – Wan Li, Sjinese politikus (* 1916)
- 16 Julie – Alcides Ghiggia, Uruguayse sokkerspeler (* 1926).
- 17 Julie – Jules Bianchi, Franse F1-renjaer (* 1989).
- 19 Julie – Galina Prozumenshchikova, Russiese swemmer (* 1948).
- 22 Julie – Johan Degenaar, Suid-Afrikaanse filosoof en teoloog (* 1926).
- 28 Julie – Clive Rice, Suid-Afrikaanse krieketspeler en Springbok-krieketkaptein (* 1949).
- 29 Julie – T.T. Cloete, Afrikaanse digter en letterkundige (* 1924).
- 10 Augustus – Berna Ackerman, Suid-Afrikaanse skrywer en musiekdosent (* 1935).
- 18 Augustus – Khaled al-Asaad, Siriese argeoloog (* 1934).
- 30 Augustus – Oliver Sacks, Britse neuroloog en skrywer (* 1933).