Mohammed

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Mohammed
’n Beeld van die betrokke persoonlikheid.
Die naam Mohammed geskrif met Arabiese kalligrafie.

Geboortenaam Muḥammad ibn `Abd Allāh
Gebore ca. 29 Augustus 570[1]
Mekka (tans in Saoedi-Arabië)
Oorlede 8 Junie 632
Medina (tans in Saoedi-Arabië)
Nasionaliteit Arabies
Ouers `Abd Allah ibn `Abd al-Muttalib (vader)
Aminah (moeder)
Bekend vir Stigter van die Islam
Huweliksmaat Khadijah bint Khuwaylid (595–619)
Sawda bint Zamʿa (619–632)
Aisha bint Abi Bakr (619–632)
Hafsa bint Umar (624–632)
Zaynab bint Khuzayma (625–627)
Hind bint Abi Umayya (629–632)
Zaynab bint Jahsh (627–632)
Juwayriya bint al-Harith (628–632)
Ramlah bint Abi Sufyan (628–632)
Rayhana bint Zayd (629–631)
Safiyya bint Huyayy (629–632)
Maymuna bint al-Harith (630–632)
Maria al-Qibtiyya (630–632)
Kind(ers) al-Qasim, `Abd-Allah, Ibrahim (seuns)
Zainab, Ruqayyah, Umm Kulthoom, Fatimah Zahra (dogters)
Die Moskee van die Profeet in Medina omstreeks 1900.

Mohammed of Moegammad[nota 1] (5708 Junie 632; Arabies: محمد Muḥammad) was ’n religieuse, politieke en militêre leier van Mekka.[2][3][4] Hy het Arabië onder ’n Islamitiese regeringsvorm verenig. Die Moslems en Baha’i glo hy is ’n profeet van God. Die Moslems beskou hom as die hersteller van die onveranderde oorspronklike monoteïstiese geloof van Adam, Noag, Abraham, Moses, Jesus en ander profete.[5][6][7][8]

Lewensloop[wysig | wysig bron]

Daar is geen bronne uit die tyd van Mohammed waaruit ’n lewensbeskrywing saamgestel kan word nie. Die oudste geskrif wat bekend is, is die Sira van Ibn Ishaq (byna 750); ander lewensbeskrywings is (gedeeltelik) daarop gebaseer.

Jeug[wysig | wysig bron]

Mohammed is op 29 Augustus 570 van ons jaartelling[9] in die Arabiese stad Mekka gebore. Sy vader, wie se naam Abdullah was, het ’n maand voor Mohammed se geboorte gesterf. Sy moeder, Amina, is oorlede toe hy drie jaar oud was, en sy pleegmoeder, ’n Bedoeïen, toe hy ses was. Dus het sy oupa, Abd al-Muttalib, twee jaar lank vir hom gesorg. Na die afsterwe van sy oupa het sy oom, Abu Talib, vir hom gesorg – ook tydens Mohammed se volwasse lewe.

Profeetskap[wysig | wysig bron]

Volgens die Islamitiese geloof het Mohammed die engel die eerste keer in die Hira-grot gesien.

In 610, toe Muhammad 40 jaar oud was, het hy na die berg Jabal an-Noer naby Mekka gestap. Volgens die Islamitiese geloof het die engel Gabriël hom in die Hira-grot op die berg ontmoet. Mohammed het flou geword toe hy die engel sien omdat hy verstom was oor hoe groot hy was. Hieronder is wat die engel vir Mohammed gesê het:

Lees in die Naam van u Heer, die Skepper –
wat die mens uit ’n bloeddruppel skep.
Lees, want u Heer is die mees Eerbiedwaardige,
wat deur middel van die pen onderrig,
die mens leer wat hy nie geken het nie.[10]

Toe Mohammed terug by die huis en sy vrou Khadijah kom, het hy vir haar alles vertel wat plaasgevind het. Daarna het hy nuwe openbaringe ontvang en opdrag gekry om die boodskap wat God aan hom gestuur het te verkondig. Toe Mohammed die eerste keer preek, was die meeste van Mekka se inwoners, wat destyds nog afgode aanbid het, nie baie ingenome nie. Maar daar was ook mense wat na sy prediking en boodskappe geluister het. Hulle was die eerste volgelinge van die nuwe Islamitiese godsdiens. Leiers van Mekka het Mohammed se aanhangers gestraf en gemartel. Party van die gelowiges is deur die Mekka-leiers die doodstraf opgelê. Mohammed het hierdie dade teengestaan en voortgegaan om Islam te bevorder.

Notas[wysig | wysig bron]

  1. Die spelling wat in die Afrikaanse Koran gebruik word.

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. (en) (1902) “1st”, The spirit of Islam; or, The life and teachings of Mohammed. 54, College Street, Calcutta: S.K Lahiri & C0.. p. https://ia801407.us.archive.org/8/items/spiritofislamorl00alisrich/spiritofislamorl00alisrich.pdf. 
  2. (en) The Leadership of Muhammad op Google Boeke deur John Adair
  3. (en) Lamptey, Jerusha, "From Its Earliest Days, Islam Respects Plurality", The New York Times, 5 Oktober 2012. URL besoek op 6 November 2012.
  4. (en) Bill Warner (Augustus 2010). “Mohammed”. Political Islam. URL besoek op 6 November 2012.
  5. (en) Esposito (1998), bl. 12.
  6. (en) Esposito (2002b), bl. 4–5.
  7. (en) Peters, F.E. (2003). Islam: A Guide for Jews and Christians. Princeton University Press. p. 9. ISBN 0-691-11553-2. 
  8. (en) Esposito, John (1998). Islam: The Straight Path (3rd ed.). Oxford University Press. p. 9, 12. ISBN 978-0-19-511234-4. 
  9. http://www.nndb.com/people/673/000044541/
  10. Dié stelling is in die Koran (Hoofstuk 96:1 - 5) beskikbaar

Eksterne skakels[wysig | wysig bron]