1904
in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
1904 |
◄ | 19de eeu | ◄20ste eeu► | 21ste eeu | ►
◄ ◄ | ◄ | 1899 | 1900 | 1901 | 1902 | 1903 | ◄ 1904 ► | 1905 | 1906 | 1907 | 1908 | 1909 | ► | ► ► |
Dae | Eeue | Geskiedenis | Geskiedenisportaal |
Kalenders | ||||||||||||||||||||||||
Lothar von Trotha, die Duitse bevelhebber in Suid-Wes | ||||||||||||||||||||||||
|
Die jaar 1904 was 'n skrikkeljaar wat volgens die Gregoriaanse kalender op 'n Vrydag begin het. Dit was die 4de jaar van die 20ste eeu n.C. In teenstelling met gewone jare het die jaar 366 dae en 'n 29 Februarie gehad.
Gebeure[wysig | wysig bron]
- 7 Januarie – Die noodsein CQD word aanvaar maar twee jaar later vervang met die SOS noodsein.
- 12 Januarie – Die Herero-oorlog (1904-1908) breek in Duits-Suidwes-Afrika uit. Die Hereros kom in opstand teen Duitse koloniale oorheersing. Driekwart van die Hererobevolking word uitgewis en 'n groot aantal Duitsers verloor hul lewens.
- 12 Januarie – Henry Ford stel 'n nuwe spoedrekord vir motors op teen 91.375 mpu of 146.2 km/h.
- 28 Januarie – Die Het Volk politieke party word in die Transvaalkolonie gestig.
- 8 Februarie – Die Russies-Japannese Oorlog begin na die verrassingsinval van die Japannese Magte op Port Arthur (Lushun).
- 4 Mei – Amerikaanse Weermag Ingeneurs begin werk aan die Panama-kanaal.
- 29 Junie – Twee naakte veenlyke, die Paar van Weerdinge, word ontdek.
- 1 Julie – Die derde moderne Olimpiese Somerspele open in St. Louis, Verenigde State.
- 11 Augustus – Die Slag by Waterberg lei tot die volksslagting van die Herero's in die Opstand van die Herero's en Nama's.
- 11 November – Die nuwe spoorlyn van Aliwal-Noord af na Lady Grey word oopgestel.
- Frédéric Mistral, Frans-Oksitaanse digter, ontvang die Nobelprys vir Letterkunde.
- Thompson stel die eerste model van die atoom voor, bekend as die pruimpoeding-model.
- Henry James publiseer sy komplekse en intensiewe studie van die huwelik en owerspel, The Golden Bowl.
Geboortes[wysig | wysig bron]
- 22 Januarie – George Balanchine, Russiese danser († 1983)
- 24 Januarie – Breytie Breytenbach, eerste hoofdirekteur van Truk († 1983).
- 4 Maart – Joseph Schmidt, Joodse tenoor en akteur († 1942).
- 6 April – Kurt Georg Kiesinger, Duitse regsgeleerde, politikus en bondskanselier († 1988).
- 11 Mei – Salvador Dalí, Spaanse surrealistiese skilder: The Persistence of Memory († 1989).
- 2 Junie – Johnny Weismuller, Amerikaanse swemmer en akteur – bekend vir sy rol as Tarzan († 1984)
- 26 Junie – Peter Lorre, Oostenryks-Amerikaanse akteur († 1964).
- 5 Julie – Ernst Mayr, Duitse bioloog († 2005).
- 11 Julie – Anna Rothmann, 'n Afrikaanse skrywer en die dogter van M.E.R. († 2000).
- 20 September – P.J. Schoeman, 'n Afrikaanse skrywer († 1988).
- 11 November – PK le Roux, Suid-Afrikaanse politikus († 1985).
Sterftes[wysig | wysig bron]
- 9 Januarie – Alf Richards, Suid-Afrika se derde Springbokkaptein (* 1867).
- 8 Februarie – Stephanus Postma, Suid-Afrikaanse teoloog en predikant (* 1865).
- 10 Mei – Henry Morton Stanley, Wallies-Amerikaanse ontdekkingsreisiger en joernalis (* 1841).
- 14 Julie – Paul Kruger, Transvaalse staatsman, President van die Zuid-Afrikaansche Republiek (* 1825).
- 29 Augustus – Murat V, 'n sultan van die Ottomaanse Ryk (* 1840)
- 31 Oktober – Charles Murray, NG Kerk predikant en vierde seun van ds. Andrew Murray sr. (* 1833).
- 1 November – Willem Eduard Bok, Transvaalse staatsekretaris, na wie Boksburg vernoem is (* 1846).