5 April
in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
<< | April 2015 | >> | ||||
So | Ma | Di | Wo | Do | Vr | Sa |
1 | 2 | 3 | 4 | |||
5 | 6 | 7 | 8 | 9 | 10 | 11 |
12 | 13 | 14 | 15 | 16 | 17 | 18 |
19 | 20 | 21 | 22 | 23 | 24 | 25 |
26 | 27 | 28 | 29 | 30 | ||
Al die dae |
5 April is die 95ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (96ste in skrikkeljare). Daar volg nog 270 dae in die jaar.
Gebeure[wysig | wysig bron]
- 823 – Pous Paschalis I salf Lotarius I as keiser van die Franke.
- 1058 – Teenpous Benedictus X word deur sy familie en teen sy sin aangestel as pous van die Rooms-Katolieke Kerk.
- 1242 – Russiese magte weer 'n aanval van die Germaanse ridders af op die Chudskoye meer.
- 1355 – Karel IV van Beiere in Rome tot keiser gekroon met die goedkeuring van Pous Innocentius VI.
- 1513 – Pous Leo X sluit aan by die Liga van Mechlin.
- 1614 – In Virginië, Amerika, trou Pocahontas met die Engelse kolonis John Rolfe.
- 1621 – Die Mayflower vaar terug vanaf Plymouth na Groot Brittanje.
- 1654 – Die eerste Anglo-Nederlandse oorlog word beëindig met die 1654 verdrag van Westminster.
- 1660 – Pous Alexander VII stel vyf nuwe kardinale aan, waaronder Franz Wilhelm von Wartenberg, biskop van Ratisbon.
- 1756 – Pous Benedictus XIV stel 9 nuwe kardinale aan, waaronder Nicolas de Saulx-Tavannes, aartsbiskop van Rouen, Frankryk.
- 1829 – Pous Pius VIII word gekroon deur kardinaal Giuseppe Albani.
- 1930 – Mahatma Gandhi breek die Britse wet deur sout te maak.
- 1955 – Winston Churchill bedank sy pos as eerste minister van die Verenigde Koninkryk.
- 1973 – Pierre Messmer word Eerste Minister van Frankryk
- 1976 – In die Volksrepubliek van Sjina, lei die massaprotes op die Tianmen-plein tot verskeie se dood.
- 1998 – Die Akashi Kaikyo brug, die grootse swaaibrug in die wêreld, wat Sjikokoe met Honshu verbind, word geopen.
- 1999 – Twee Libiese verdagtes van die Pan Am vlug 103 ontploffing in 1988, word oorhandig vir 'n verhoor in Nederland.
Geboortes[wysig | wysig bron]
- 1479 – Guru Amar Das, Derde Sikh Guru
- 1588 – Thomas Hobbes, Engelse filisoof († 1679)
- 1568 – Maffeo Barberini (later Pous Urbanus VIII), die 235ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk († 29 Julie 1644).
- 1827 – Joseph Lister chirurg († 1912).
- 1856 – Booker T. Washington
- 1900 – Spencer Tracy, Amerikaanse akteur († 1967)
- 1908 – Bette Davis, aktrise († 1989)
- 1908 – Herbert von Karajan, Oostenrykse dirigent († 1989)
- 1916 – Gregory Peck, Amerikaanse akteur († 2003)
- 1922 – Gale Storm, sangeres/aktrise
- 1923 – Nguyen Van Thieu, Suid-Viëtnamese president
- 1937 – Colin Powell, Amerikaanse generaal.
- 1958 – Johan Kriek, 'n voormalige Suid-Afrikaanse en later Amerikaanse tennisspeler.
Sterftes[wysig | wysig bron]
- 1697 – Koning Karel XI van Swede (* 1655)
- 1964 – Douglas MacArthur, 'n generaal in die Amerikaanse Weermag (* 1880)
- 1967 – Hermann Joseph Muller genetikus (* 1890).
- 1970 – Alfred Henry Sturtevant genetikus (* 1891).
- 1975 – Tsjiang Kai-sjek, Kuomintang leier (* 1887).
- 1976 – Howard Hughes, lugvaartpionier en filmregisseur (* 1905).
- 1982 – Abe Fortas
- 1991 – Sonny Carter, ruimtevaarder
- 1991 – Davis Love, Sr., gholfspeler
- 1994 – Kurt Cobain, musikant
- 2002 – Layne Staley, musikant
- 2008 – Charlton Heston, Amerikaanse akteur (* 1923)
Vakansiedae[wysig | wysig bron]
Sien ook: