1989
in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
1989 |
◄ | 19de eeu | ◄ 20de eeu ► | 21de eeu | ► ◄ ◄ | ◄ | 1984 | 1985 | 1986 | 1987 | 1988 | ◄ 1989 ► | 1990 | 1991 | 1992 | 1993 | 1994 | ► | ► ► |
Dae | Eeue | Geskiedenis |
Kalenders | ||||||||||||||||||||||||
|
Die jaar 1989 was 'n gewone jaar wat volgens die Gregoriaanse kalender op 'n Sondag begin het. Dit was die 89ste jaar van die 20ste eeu n.C. Soos ander gewone jare het die jaar 12 maande, 52 weke en 365 dae gehad.
Gebeure[wysig | wysig bron]
- 1 Januarie – Prof. CJ (Karools) Reinecke aanvaar diens as rektor van die PU vir CHO.
- 7 April — Sowjet duikboot Komsomolets sink in die Barents see.
- 18 April — Die Tiananmen plein proteste van 1989 begin.
- 10 Mei — Die Belgiese aktivis Hélène Passtoors, wat in 1986 weens hoogverraad tien jaar tronkstraf opgelê is, word deur die Suid-Afrikaanse regering vrygelaat en na België gedeporteer.
- 5 Julie – Die Suid-Afrikaanse staatspresident Pieter Willem Botha en Nelson Mandela ontmoet by Tuynhuys in Kaapstad.
- 6 September – Laaste algemene verkiesing in die ou Suid-Afrika. Die Nasionale Party wen 89 setels, die Konserwatiewe Party 39 en die Demokratiese Party 33.
- 14 September – Frederik Willem de Klerk (gebore 18 Maart 1936) word Staatspresident van Suid-Afrika.
- 9 Oktober – Die eerste groot proteste (Montagsdemo) in Leipzig wat tot die val van die DDR gelei het.
- 9 November – Die val van die Berlynse Muur.
Geboortes[wysig | wysig bron]
- 23 Januarie – Johann Sadie, Suid-Afrikaanse rugbyspeler.
- 16 Mei – Behati Prinsloo, Namibiese internasionale model.
- 18 Augustus – Willie le Roux, Springbokrugbyspeler
Sterftes[wysig | wysig bron]
- 1 Januarie – Stompie Moeketsi, ANC-aktivis word op 14-jarige ouderdom vermoor (* 1974).
- 7 Januarie – Hirohito, Japannese keiser (* 1901)
- 23 Januarie – Salvador Dalí, Spaanse surrealistiese skilder: The Persistence of Memory (* 1904).
- 3 Junie – Ruhollah Khomeini, Irannese godsdienstige leier en politikus, eerste Opperleier van die Islamitiese Republiek van Iran (1979-1989, * 1902).
- 28 Junie – Joris Ivens, filmvervaardiger.
- 11 Julie – Heer Laurence Olivier, Britse akteur, regisseur (* 1907)
- 16 Julie – Herbert von Karajan, Oostenrykse dirigent (* 1908)
- 21 Julie – Ds. Pieter du Toit, predikant van die Nederduitse Gereformeerde Kerk, waarvan die laaste 22 jaar tot en met sy dood in NG gemeente Drieankerbaai (* 1921).
- 26 Augustus – Irving Stone, Amerikaanse romanskrywer (* 1903).
- 28 September – Ferdinand Marcos, Filippynse politikus en president (* 1917).
- 30 Desember – Etienne Leroux, Afrikaanse skrywer (* 1922).