Tuisblad
Welkom by Wikipedia,
die vrye ensiklopedie wat deur enigiemand verbeter en uitgebrei kan word.
|
|
Help ons om ’n wêreldklas-ensiklopedie in Afrikaans te skep. | |
Inleiding • Hulp • Kontak | Gebruikersportaal • Voorbladartikels • Kategorieë • Stel ’n vraag |
Voorbladartikel
Die heliosfeer of sonsfeer is die magnetosfeer, astrosfeer en buitenste atmosfeerlaag van die Son. Dit het die vorm van 'n groot, borrelagtige streek van die ruimte. In terme van plasmafisika is dit die holte wat deur die Son gevorm word in die omringende interstellêre medium. Die "borrel" word aanhoudend "opgeblaas" deur plasma van die Son af, bekend as die sonwind. Buite die heliosfeer maak dié sonplasma plek vir die interstellêre plasma wat die Melkweg deurtrek. As deel van die interplanetêre magneetveld beskerm die heliosfeer die Sonnestelsel van aansienlike hoeveelhede kosmiese geïoniseerde straling; elektries neutrale gammastrale word egter nie geraak nie. Die term is waarskynlik uitgedink deur Alexander J. Dessler, wat glo die woord die eerste keer in 1967 in wetenskaplike geskrifte gebruik het. Die sonwind vloei miljarde kilometers ver deur die Sonnestelsel, tot ver anderkant selfs die Kuipergordel, waar Pluto is, totdat dit die grensskok teenkom, waar sy snelheid skielik afneem vanweë die druk van buite in die interstellêre medium. Die sonskede is 'n breë oorgangsgebied tussen die grensskok en die heliosfeer se buitegrens, die heliopouse. Die punt waar die interstellêre materie (wat in die teenoorgestelde rigting beweeg) tydens sy botsing met die sonsfeer vertraag word, staan bekend as die boegskok. Die vorm van die heliosfeer lyk soos 'n komeet; dit is rofweg sferies aan die een kant met 'n lang stert aan die ander kant, bekend as die heliostert. Die wetenskaplike studie van die heliosfeer is heliofisika, wat ruimteweer en -klimaat insluit.
In die nuus
Het u geweet...
...dat Hattie McDaniel die eerste Afro-Amerikaner is wat 'n Oscar gewen het? ...dat daar sowat 350 000 Han-Chinese in Suid-Afrika woon? Die meeste van hulle is in Johannesburg en praat Chinese tale soos Mandaryns en Hakka. ...dat daar absoluut niks tussen 3 en 13 September 1752 gebeur het nie? In hierdie maand is die Juliaanse kalender in Brittanje en sy Amerikaanse kolonies met die Gregoriaanse kalender vervang. Die nuwe kalender was 11 dae voor die ou een; dus het 14 September direk op 2 September gevolg. ... dat die kapibara se idiomatiese naam, "watervark", 'n wanbenaming is? Dié dier is in werklikheid verwant aan die muis en die rot, en met lengtes tot meer as 130cm, is dit die grootste knaagdier ter wêreld. ... dat Pretoriabrug 'n hefbrug in Ottawa, Kanada is? Dit is vernoem na Pretoriastraat wat in 1902 van Janestraat hernoem is om die Britse oorwinning in die Anglo-Boereoorlog te vier.
Vandag in die geskiedenis
21 Maart: Benito Juárezdag in Meksiko; Menseregtedag in Suid-Afrika; Nouruz in Iran en ander dele van Sentraal-Asië (Baha’i-geloof en Zoroastrisme); Onafhanklikheidsdag in Namibië; Wêreldpoësiedag.
Voorbladbeeld
Detail van 'n loodglasvenster in Saint Patrick Church (Junction City, Ohio) wat Sint Patrick uitbeeld met 'n klawerblaar.
|
Vind artikels
| |
Geografie - Geologie Afrika • Suider-Afrika • Amerika • Antarktika • Asië • Europa • Oseanië Rusland • Turkye • Verenigde State van Amerika Lande • Baaie • Berge • Eilande • Mere • Oseane • Riviere • Woestyne | ||
Geskiedenis | ||
Kultuur | ||
Religie | ||
Samelewing | ||
Taal | ||
Tegnologie | ||
Wetenskap | ||
Wikipedia in ander tale
| ||
Weergawes met meer as 1 000 000 artikels العربية • مصرى • Cebuano • Deutsch • English • Español • Français • Italiano • 日本語 • Nederlands • Polski • Português • Русский • Svenska • Українська • Tiếng Việt • Winaray • 中文 | ||
Weergawes met meer as 750 000 artikels فارسی | ||
Weergawes met meer as 500 000 artikels Нохчийн • Català • Čeština • Suomi • Magyar • Bahasa Indonesia • 한국어 • Norsk (bokmål) • Română • Srpskohrvatski / српскохрватски • Српски / srpski • Türkçe • Татарча / tatarça • Bân-lâm-gú | ||
Weergawes met meer as 250 000 artikels Беларуская • Български • Cymraeg • Dansk • Ελληνικά • Esperanto • Eesti • Euskara • עברית • Հայերեն • Қазақша • Baso Minangkabau • Bahasa Melayu • Simple English • Slovenčina • Oʻzbekcha | ||
Weergawes met meer as 100 000 artikels Afrikaans • Asturianu • Azərbaycanca • تۆرکجه • বাংলা • Bosanski • Galego • हिन्दी • Hrvatski • ქართული • Latina • Lietuvių • Latviešu • Malagasy • Македонски • मराठी • မြန်မာဘာသာ • Norsk (nynorsk) • Occitan • Slovenščina • Shqip • தமிழ் • Тоҷикӣ • ไทย • اردو • 粵語 | ||
Weergawes met meer as 50 000 artikels Башҡорт • Беларуская (тарашкевіца) • Brezhoneg • کوردی • чӑвашла • Frysk • Gaeilge • Kreyòl ayisyen • Íslenska • Basa Jawa • Kurdî / كوردی • Кыргызча • Lëtzebuergesch • Ladin • lombard • മലയാളം • Plattdüütsch • नेपाल भाषा • ਪੰਜਾਬੀ • Piemontèis • شاہ مکھی پنجابی (Shāhmukhī Pañjābī) • Basa Sunda • Kiswahili • Ślůnski • తెలుగు • Tagalog • Vèneto | ||
Lys van alle taalweergawes van Wikipedia
| ||
Susterprojekte
| ||
| ||
| ||
| ||
| ||
| ||
| ||
| ||
|
Indien u die verkeerde datum sien of sjablone opgedateer het, moet u die voorblad verfris.
|