Tuisblad
Welkom by Wikipedia,
die vrye ensiklopedie wat deur enigiemand verbeter en uitgebrei kan word.
|
|
Help ons om ’n wêreldklas-ensiklopedie in Afrikaans te skep. | |
Inleiding • Hulp • Kontak | Gebruikersportaal • Voorbladartikels • Kategorieë • Stel ’n vraag |
Voorbladartikel
Venus is die tweede planeet van die Son af. Dit is 'n rotsplaneet met die digste atmosfeer van al die rotsplanete in die Sonnestelsel en die enigste een met 'n massa en grootte van naby dié van sy buurman die Aarde. Dit wentel nader aan die Son as die Aarde en lyk van die Aarde af altyd of dit naby die Son is, as óf die "oggendster" óf die "aandster". Hoewel dieselfde vir Mercurius geld, lyk Venus baie prominenter, want dit is die helderste voorwerp in ons naglug buiten die Son en die Maan. Dit is selfs helderder as enige ster. Omdat hy so helder is, is Venus histories 'n algemene en belangrike voorwerp vir mense, beide in hulle kultuur en in sterrekunde. Venus het 'n swak magnetosfeer en 'n uiters dik atmosfeer van koolstofdioksied wat, tesame met sy planeetwye wolkkombers van swaelsuur, 'n uiterse kweekhuiseffek veroorsaak. Dit lei tot 'n gemiddelde oppervlaktemperatuur van 737 K (464 °C) en 'n verpletterende druk van 92 keer dié van die Aarde by seevlak. Dit verander die lug in 'n oorkritieke vloeistof, terwyl die druk, temperatuur en straling by hoogtes van 50 km bo die oppervlak baie soos die Aarde s'n is. Toestande wat dalk gunstig vir lewe op Venus is, is in sy wolklae geïdentifiseer: Onlangse navorsing het aanduidings, maar nie oortuigende bewyse nie, gevind vir lewe op die planeet. Venus kon vroeg in sy geskiedenis vloeibare oppervlakwater gehad het, moontlik genoeg om oseane te vorm, maar 'n wegholkweekhuiseffek het eindelik alle water laat verdamp, en dit is toe deur die sonwind die ruimte ingedra. Venus het vermoedelik 'n kern, mantel en kors, waarvan laasgenoemde interne hitte deur vulkanisme vrystel. Dit hervorm die oppervlak deur dit te hernu in plaas van deur plaattektoniek. Op 26 Oktober 2023 is die resultate van 'n studie egter bekend gemaak waarvolgens Venus in antieke tye plaattektoniek en gunstiger omstadighede vir lewe kon gehad het. Venus is een van twee planete in die Sonnestelsel wat nie natuurlike satelliete, of mane, het nie. Venus se rotasie is deur die sterk strome en sleuring van sy atmosfeer verlangsaam en omgekeer in 'n retrograde beweging. Dié rotasie – tesame met die 224,7 aarddae wat dit Venus neem om 'n volle omwenteling om die Son te voltooi ('n Venusjaar) en 'n Venusdag van 117 aarddae – lei daartoe dat 'n Venusjaar net minder as twee Venusdae lank is. Venus en die Aarde se wentelbane is die naaste aan mekaar van al die planete: Hulle sinodiese periode (die tyd tussen konjunksies) is 1,6 jaar. In 1961 het Venus die teiken van Wenera 1, die eerste interplanetêre vlug in die mens se geskiedenis, geword. Daarna het ander noodsaaklike interplanetêre eerstes gevolg, soos die eerste sagte landing op 'n ander planeet (Wenera 7, 1970). Dié tuie het dit duidelik gemaak dat 'n uiterse kweekhuiseffek onleefbare oppervlaktoestande geskep het, 'n feit wat die mens meer geleer het in sy voorspellings van aardverwarming. Dié bewyse het die mens laat afsien van wetenskapsfiksie-idees dat Venus bewoonbaar is of selfs bewoon word. Tog is voorstelle vir nog vlugte gedoen, óf as verbyvlugte óf vir 'n swaartekragslinger vir vlugte na Mars óf om Venus se atmosfeer binne te gaan en op veilige afstande bo die oppervlak te bly waar toestande meer met dié op Aarde ooreenstem.
In die nuus
Het u geweet...
...dat geboue rondom die Fullerton Hotel Singapoer bo 'n sekere hoogte verbied word deur die plaaslike owerheid, sodat die historiese gebou direk vanaf die see waargeneem kan word? ...dat die baardskeerder-spinnekop nie 'n ware spinnekop is nie? ...dat 'n springhaas nie werklik 'n haas is nie, maar 'n knaagdier? ...dat die baardskeerder-spinnekop nie 'n ware spinnekop is nie? ... dat die Groot en die Klein Magellaanse Wolk na Ferdinand Magellaan vernoem is, maar dat Al Soefi dit reeds meer as 500 jaar voor hom opgeteken het? Hy verwys daarna in sy "Boek van sterre" wat uit 964 dateer.
Vandag in die geskiedenis
27 Februarie: Onafhanklikheidsdag in die Dominikaanse Republiek (1844)
|
Vind artikels
| |
Geografie - Geologie Afrika • Suider-Afrika • Amerika • Antarktika • Asië • Europa • Oseanië Rusland • Turkye • Verenigde State van Amerika Lande • Baaie • Berge • Eilande • Mere • Oseane • Riviere • Woestyne | ||
Geskiedenis | ||
Kultuur | ||
Religie | ||
Samelewing | ||
Taal | ||
Tegnologie | ||
Wetenskap | ||
Wikipedia in ander tale
| ||
Weergawes met meer as 1 000 000 artikels العربية • مصرى • Cebuano • Deutsch • English • Español • Français • Italiano • 日本語 • Nederlands • Polski • Português • Русский • Svenska • Українська • Tiếng Việt • Winaray • 中文 | ||
Weergawes met meer as 750 000 artikels فارسی | ||
Weergawes met meer as 500 000 artikels Нохчийн • Català • Čeština • Suomi • Magyar • Bahasa Indonesia • 한국어 • Norsk (bokmål) • Română • Srpskohrvatski / српскохрватски • Српски / srpski • Türkçe • Татарча / tatarça • Bân-lâm-gú | ||
Weergawes met meer as 250 000 artikels Беларуская • Български • Cymraeg • Dansk • Ελληνικά • Esperanto • Eesti • Euskara • עברית • Հայերեն • Қазақша • Baso Minangkabau • Bahasa Melayu • Simple English • Slovenčina • Oʻzbekcha | ||
Weergawes met meer as 100 000 artikels Afrikaans • Asturianu • Azərbaycanca • تۆرکجه • বাংলা • Bosanski • Galego • हिन्दी • Hrvatski • ქართული • Latina • Lietuvių • Latviešu • Malagasy • Македонски • मराठी • မြန်မာဘာသာ • Norsk (nynorsk) • Occitan • Slovenščina • Shqip • தமிழ் • Тоҷикӣ • ไทย • اردو • 粵語 | ||
Weergawes met meer as 50 000 artikels Башҡорт • Беларуская (тарашкевіца) • Brezhoneg • کوردی • чӑвашла • Frysk • Gaeilge • Kreyòl ayisyen • Íslenska • Basa Jawa • Kurdî / كوردی • Кыргызча • Lëtzebuergesch • Ladin • lombard • മലയാളം • Plattdüütsch • नेपाल भाषा • ਪੰਜਾਬੀ • Piemontèis • شاہ مکھی پنجابی (Shāhmukhī Pañjābī) • Basa Sunda • Kiswahili • Ślůnski • తెలుగు • Tagalog • Vèneto | ||
Lys van alle taalweergawes van Wikipedia
| ||
Susterprojekte
| ||
| ||
| ||
| ||
| ||
| ||
| ||
| ||
|
Indien u die verkeerde datum sien of sjablone opgedateer het, moet u die voorblad verfris.
|