Lahti

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Stadsliggies van Lahti

Lahti (Fins uitspraak: [ˈlɑxti]; Sweeds: Lahtis) is 'n stad en munisipaliteit in Finland. Die is geleë aan die suidpunt van een van Finland se grootste meerstelsels (die Vesijarei-paijanne) ongeveer 100 km noordoos van Helsinki. Dit is 'n uitstekend uitgelegde moderne stad en is eers in 1878 gestig. Vandag is dit die middelpunt van Finland se meubelbedryf; ander nywerhede lewer sellulose, papier, laaghout en vuurhoutjies (al hierdie produkte kom van hout uit die woude om die stad), skoene en glas.

Lahti is op vier na die grootste stad in Finland; sy inwonertal, wat in die laaste dekade of twee sterk gestyg het, is tans meer as 100 000. Lahti is ook die belangrikste wintersportsentrum in Finland en beskik oor 'n hoë springtoring vir skiërs.

Bronnelys[wysig | wysig bron]

Eksterne skakels[wysig | wysig bron]