Wikipedia:Geselshoekie

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie


Kom praat met ons, ons kuier lekker saam!
Sien ook:
Verdere hulp:

Vir volledige hulp, riglyne en beleid (algemeen en spesifiek), raadpleeg gerus die

Argief
04-06 2007 2008
2009 2010 2011
2012 2013 2014
2015 2016 2017
2018 2019 2020
2020.2 2021 2022
2023
Hoe word 'n argief aangelê?

Welkom by die Afrikaanse Wikipedia se algemene geselshoekie. Enigiemand is welkom om deel te neem aan die besprekings hier: onderteken asseblief u besprekings deur ~~~~ te tik, of die "Handtekening met datum"-ikoon (Handtekening met datum) te kies op die redigeringskieslys.

Ou besprekings word na die argief geskuif (sien die navigasiekas regs). As u 'n gesprek wil voortsit wat reeds in die argief is, word aanbeveel dat u die betrokke dele uitknip en hier plak.

Hierdie blad is vir algemene besprekings, besprekings omtrent 'n spesifieke artikel kan op daardie artikel se besprekingsblad begin word; sodoende kan dit ook deur toekomstige bydraers en redigeerders gelees word.

Vir die jongste nuus van WikimediaZA, besoek gerus ons Facebook bladsy, word lid van die Afrikaanse poslys of besoek ons Tuisblad in Afrikaans

@Rooiratel: / @Burgert Behr:, kan een van julle kundige manne dalk nie vir ons 'n Sjabloon vir bogenoemde skep nie asb? Daai tabelletjie lyk maar oes! Groete! Oesjaar (kontak) 14:26, 2 November 2023 (UTC)Beantwoord[antwoord]

@Oesjaar:Uitgevoer Uitgevoer. Groete. --  SpesBona 15:15, 2 November 2023 (UTC)Beantwoord[antwoord]

Ek het die volgende vraag op VivA se webtuiste gevra (ek hoop hulle kan dit oplos):

Hallo, ek vra maar hier, want ek weet nie wie anders om te kontak nie. Op Wikipedia word baie "aansture" gebruik: verkeerde spellings wat aangestuur word na die regte spelling (byvoorbeeld Wit Nyl na Wit-Nyl). Soms word die verkeerde spelling ná die tyd na die regte spelling aangestuur, en ek vermoed dit is dalk hier waar die probleem lê.

Ek sien as 'n mens op VivA soek, kry jy spellings van aansture soos Wit Nyl en Wit-Rusland op Wikipedia, maar nie die spellings van die regte artikels, Wit-Nyl en Belarus, nie. Jy kry dit eers wanneer (en as) jy op die verkeerde naam klik. Dit is nogal kommerwekkend, want dit lyk of ons verkeerde spellings en name aanhang. Is dit dalk vir julle tegniese ouens moontlik om net hoofartikels se spellings op VivA aan te dui en nie dié van aansture nie?

Dankie

Burgert ~ Burgert (kontak) 16:17, 2 November 2023 (UTC)Beantwoord[antwoord]

Dink julle hulle sal verstaan? ~ Burgert (kontak) 16:18, 2 November 2023 (UTC)Beantwoord[antwoord]
Wow, kom ons kyk... Groete! Oesjaar (kontak) 17:20, 2 November 2023 (UTC)Beantwoord[antwoord]
Gebruiker:Geebee100, jy is betrokke op VivA, wat dink jy? Groete! Oesjaar (kontak) 17:22, 2 November 2023 (UTC)Beantwoord[antwoord]
Dit behoort heeltemal moontlik te wees. CTexT (aan die Noordwes-Universiteit) het altyd hierdie tipe woordeboekwerk vir VivA gedoen, maar VivA het nou waarskynlik 'n ander diensverskaffer gekry. Aangesien ek nie meer by VivA betrokke is nie, sou ek voorstel die versoek word aan hulle uitvoerende hoof gestuur. Geebee100 (kontak) 12:44, 3 November 2023 (UTC)Beantwoord[antwoord]
Gebruiker:Burgert_Behr, probeer Marlie Coetzee by navraag@viva-afrikaans.org Groete! Oesjaar (kontak) 13:27, 3 November 2023 (UTC)Beantwoord[antwoord]

2023-Springbokke[wysig bron]

Goeie aand, neem iemand dalk prente van die Springbokke tydens hul toer deur Suid-Afrika met die Webb Ellis-beker? Groot asseblief! Groete. --  SpesBona 21:15, 2 November 2023 (UTC)Beantwoord[antwoord]

Hulp met sjablone[wysig bron]

Gemeenskap, kan die slimmes net my werk met die sjbalone van Elgon en Rosseiland nagaan en verbeter. Soms wil die grysstof maar net nie... Groete! Oesjaar (kontak) 07:20, 3 November 2023 (UTC)Beantwoord[antwoord]

..en ek en die koördinate in Erebus (berg) wil net nie saamwerk nie... Ai! Oesjaar (kontak) 11:01, 3 November 2023 (UTC)Beantwoord[antwoord]

Sound in Afrikaans[wysig bron]

Gemeenskap, het ons 'n Afrikaanse woord vir sound soos in McMurdo Sound, Wilkins Sound, George VI-sound ens? Groete! Oesjaar (kontak) 08:02, 3 November 2023 (UTC)Beantwoord[antwoord]

In Nederlands is dit 'n "Sund". Sien nl:Sund - Rooiratel (kontak) 08:46, 3 November 2023 (UTC)Beantwoord[antwoord]
Jammer ek is laat, ek's besig met navorsing oor Spoorbek. Volgens die Geologiewoordeboek uitgereik deur die Raad vir Geowetenskap is dit of 'n sont of 'n seestraat of see-engte. Maar soos die Nederlande Wiki tereg sê, sound is 'n uiters vae begrip van eintlik weinig waarde, want dit is of 'n inham of 'n seestraat. Suidpunt (kontak) 07:36, 7 November 2023 (UTC)Beantwoord[antwoord]
Ek kry see-engte en nou seestraat, wat volgens die HAT en WAT sinonieme is. ~ Burgert (kontak) 18:14, 7 November 2023 (UTC)Beantwoord[antwoord]

SANBI[wysig bron]

Wat gaan aan op SANBI se webwerf. Bitdefender blokkeer my en waarsku dat dit onveilige skakels bevat. Is dit gekraak? Jcwf (kontak) 19:25, 3 November 2023 (UTC)Beantwoord[antwoord]

Ek weet nie, maar ek werk tans daar met [1] Groete! Oesjaar (kontak) 19:31, 3 November 2023 (UTC)Beantwoord[antwoord]
Die webwerf se SSL sertifikaat het verval. Dit is nog steeds veilig om dit te besoek. Bitdefender is net maak ekstra versigtig. - Rooiratel (kontak) 06:31, 6 November 2023 (UTC)Beantwoord[antwoord]
Die probleem lyk erger as wat ek oorspronklik gedink het. Lyk vir my mens kan net hulle webwerf via http besoek, en glad nie via https nie. Daar is heel waarskynlik probleme met die opstelling van hul webbediener. Niks wat ons daaraan kan doen nie. - Rooiratel (kontak) 06:36, 6 November 2023 (UTC)Beantwoord[antwoord]
Dit is vir my onbereikbaar. Oesjaar se skakel hierbo lewer 'n "Forbidden"-skerm op en die webwerf gee 'n skerm wat my vra om in te log met my eposadres. Ek gaan dit nie doen nie. Ek het 'n VPN geprobeer, maar dit het niks verander nie. Het hulle probeer ons buite te sluit? Jcwf (kontak) 15:28, 7 November 2023 (UTC)Beantwoord[antwoord]
Dit is net op jou rekenaar. Soos ek gesê het, mens kan nie hulle webwerf op die oomblik via https besoek nie, net http. Maar dit werk nog via http. Die "Forbidden"-skerm wat jy sien kom van iets op jou rekenaar af. Dit kan bitdefender wees, dit kan jou webblaaier wees, dit kan jou bedryfstelsel wees. - Rooiratel (kontak) 18:12, 7 November 2023 (UTC)Beantwoord[antwoord]

Artikels met geen bronnelys.[wysig bron]

Gemeenskap, daar is tans 150 artikels gemerk met die Geen Bronnelys sjabloon. Sien Geen bronnelys Die beleid is dat sodanige artikels na 2 weke verwyder kan word. Wat gaan ons maak? Groete! Oesjaar (kontak) 13:14, 9 November 2023 (UTC)Beantwoord[antwoord]

Skep nog 5 artikels sonder bronne, dan het ons 155 met Geen Bronnelys! LOL -- Aliwal2012 15:43, 9 November 2023 (UTC)Beantwoord[antwoord]
@Oesjaar moet die bevraagtekende inligting verwyder word, of die hele artikel? – K175 (skil 'n appeltjie) 15:00, 9 November 2023 (UTC)Beantwoord[antwoord]
Kom ons voeg bronne by die artikels by! Groete, Lefcentreright (kontak) 17:12, 9 November 2023 (UTC)Beantwoord[antwoord]
Geen bronnelys is veronderstel om te verwys na daardie artikels wat oor geen bronne/verwysings beskik nie. Dan word die hele artikel verwyder want geen feite kan geverifieër word nie. Oesjaar (kontak) 06:03, 10 November 2023 (UTC)Beantwoord[antwoord]
@Oesjaar ek neem aan jy het die gesprek geskep na al daai artikels oor Australiese sokker geskep is. Die bronne is baie maklik beskikbaar op die ander taal wikis wat geskakel is via wikidata. Ek sien geen rede om die artikels te skrap, as dit so maklik is om bronne by te voeg. Met betrekking tot die ander ~145 artikels, dink ek die selfde daaroor. As daar maklik bronne bygevoeg kan word, doen dit eerder as skrap. - Rooiratel (kontak) 07:00, 10 November 2023 (UTC)Beantwoord[antwoord]
Ek doen genoeg op hierdie Wikipedia buite artikels skep, spandeer onder andere ure met WikimediaZA se vergaderings. Ek gaan ook nie dit doen nie. Dit is die outeur/gebruiker se plig om die bronne te verskaf. Jammer! Oesjaar (kontak) 07:10, 10 November 2023 (UTC)Beantwoord[antwoord]
Ja, die tydfaktor is 'n groot probleem, Oesjaar, omrede ons met 'n klein klompie mense is. Veral as jy elke sin 'n verwysing wil gaan gee, soos en.wiki dit doen. Jy kan dit dalk eis vir artikels wat nuut geskryf word, en ek skryf nou meestal artikels deur eers geskikte verwysings te lokaliseer, maar om ouer materiaal te gaan bewerk is taamlik dodelik. Dit is dikwels 'n soektog om te agterhaal waar dit vandaan gekom het.
Maar dit wil nie sê dat dit nie waar is nie. Mense kan dit gewoon uit hul eie ervarings of kennis opgeskryf het. En dan is dit 'n bietjie snaaks om dit te gaan skrap. Ek het bv. gekyk na die artikel stoigiometrie. Dis uiters basiese chemiekennis wat in amper elke boek oor algemene chemie gevind kan word. Ek het net met google book 'n paar boeke opgesoek en 'n lysie bygevoeg, maar dit is geheel lukraak: ek kan hulle op google books nie lees nie. Net 'n paar snippets. Die wikilibrary is ook nie behulpsaam nie. Wat jy daar vind is artikels op 'n baie hoër vlak, nie op die basiese vlak nie. Ek kan nog kyk of Delpher was volledige (Nederlandse) tekste oplewer, maar dit is gewoonlik van voor 1950 en ook nie ideaal nie, hoewel dit soms tog bruikbare goeters oplewer.
'n Ander verhaal is as mense aktief 'n sjabloon:feit het aangebring. Dit gee aan dat daar getwyfel word aan die inhoud. In daardie geval dink ek dat ons na voldoende tyd regtig moet skrap, of ander dit moet vervang met beter inligting liefs met verwysing. En dit is 'n ander ding: bronnelyste is eintlik ook nie wenselik nie. Ons moet na verwysings toe.
Jcwf (kontak) 08:58, 10 November 2023 (UTC)Beantwoord[antwoord]
@Oesjaar Dit hoef nie jy te wees wat dit doen nie. Persoonlik verkies ek om ons wiki te op te bou in plaas daarvan om dit af te breek. Ons is nou reeds af na 135 119 artikels sonder bronne. - Rooiratel (kontak) 09:41, 10 November 2023 (UTC)Beantwoord[antwoord]
Dankie, ek moes vanoggend 'n skrywer en sy nuwe boek van ons FB-blad verwyder, hy wou dit gebruik as 'n bemarkingsmeganisme... Oesjaar (kontak) 09:48, 10 November 2023 (UTC)Beantwoord[antwoord]
Oesjaar het my vanoggend versoek om aan die artikel Farmasie se bronne te werk, aangesien dit my nering is. Dink julle ek moet die artikel nuut vertaal uit Ingils of die Nederlandse artikel? -- Aliwal2012 10:15, 10 November 2023 (UTC)Beantwoord[antwoord]
Nee. Die af.wiki moenie 'n versameling (slegte?) vertalings word nie. Oorspronklike werk is beter as 'n vertaling, seker as dit jou nering is. Dit beteken dat lesers redes het om (ook) ons werk te lees pleks van (net) die Engelse artikels. Maar jy kan natuurlik die ander wiki's plunder vir idees en vir bronne. Jcwf (kontak) 10:52, 10 November 2023 (UTC)Beantwoord[antwoord]
Dankie vir die aanmoediging Jaap! -- Aliwal2012 16:42, 10 November 2023 (UTC)Beantwoord[antwoord]

Gemeenskap, volgens die HAT is die korrekte spelling Tjienkerientjee. Kan ek verander? Groete! Oesjaar (kontak) 06:21, 10 November 2023 (UTC)Beantwoord[antwoord]

Geen probleem Oesjaar, gaan gerus voort!  Aliwal2012 06:25, 10 November 2023 (UTC)Beantwoord[antwoord]

Skryfkompetisie vir Des/Jan[wysig bron]

Gemeenskap, ek het 'n paar rand beskikbaar as pryse vir 'n skryfkompetisie oor Des/Jan. Dit was altyd die Ontkiemingskompetisie gewees, ons kan dit so hou of iets nuut probeer. Ek luister.... Groete! Oesjaar (kontak) 07:15, 10 November 2023 (UTC)Beantwoord[antwoord]

NS Ek as organiseerder mag nie deelneem nie.Oesjaar 07:15, 10 November 2023 (UTC)Beantwoord[antwoord]
Wat van eerder 'n foto- of fotobyvoegkompetisie? Meeste eenlyners is maar vaal...-- Aliwal2012 10:08, 10 November 2023 (UTC)Beantwoord[antwoord]
Die wedstryd is taai, ons gee alles om 'n plek te kry, maar hoor dan later die pryse het na takealot koopbewyse verander. Dan vat dit ook nog 'n maand of drie om die koopbewys uit die regstellende aksie klerk te kry.
Ten spyte van alles bly dit lekker om artikels uit te brei. Odriskelmac11
Ten gunste van 'n "Ontkiemingskompetisie". Sobaka (kontak) 16:14, 10 November 2023 (UTC)Beantwoord[antwoord]
Ek stem ook vir 'n ontkiemingskompetisie. En kontantpryse is seker beter as geskenkbewyse? Ek het nie juis nut vir Takealot nie. – K175 (skil 'n appeltjie) 20:20, 10 November 2023 (UTC)Beantwoord[antwoord]
Volgens Oesjaar is die Wikistigting se beleid: geen kontantpryse nie!  Aliwal2012 20:37, 10 November 2023 (UTC)Beantwoord[antwoord]
Dis jammer! – K175 (skil 'n appeltjie) 20:54, 10 November 2023 (UTC)Beantwoord[antwoord]
Dis jammer om soveel negatiewe opinies te hoor. Maar ja, om 'n sent uit WikimediaZA te kry (vir ons) is amper onmoontlik en hulle sal die reëls verander. Dumbassman (kontak) 06:56, 13 November 2023 (UTC)Beantwoord[antwoord]
Dalk kan ons geskenkbewyse kry wat vir meer mense iets werd is, bv. Amazon? @Dumbassman het julle Takealot in Namibië? – K175 (skil 'n appeltjie) 14:33, 13 November 2023 (UTC)Beantwoord[antwoord]
Ek stem saam met Amazon vouchers. Daar is nie Takealot in Namibië nie. Ek het self eenkeer die Amazon vouchers gekoop en toe gegee vir wenners, en WikimediaZA het my maande daarna terug betaal. Dumbassman (kontak) 16:27, 13 November 2023 (UTC)Beantwoord[antwoord]
Ons het vanaand 'n Bestuursvergadering, dan sal ek hoor oor die Amazon vouchers. Groete! Oesjaar (kontak) 09:33, 14 November 2023 (UTC)Beantwoord[antwoord]
Dit gaan Amazon vouchers wees! Kan die kompetisie van Vry, 15 Des tot Son, 14 Jan 2024 strek! Moet dit ontkieming wees? Nuwe artikels? Ek vra maar net... Groete! Oesjaar (kontak) 18:11, 28 November 2023 (UTC)Beantwoord[antwoord]
Ek is ten gunste van 'n ontkiemingskompetisie (destubathon). – K175 (skil 'n appeltjie) 21:35, 30 November 2023 (UTC)Beantwoord[antwoord]
@Aliwal2012:, @Burgert Behr:, @Sobaka:, @Odriskelmac11:, @Rooiratel:, @Dumbassman:, wakker word, wakker word! Groete! Oesjaar (kontak) 14:14, 2 Desember 2023 (UTC)Beantwoord[antwoord]
Ja, ontkiemingskompetisie, soos laas. Dumbassman (kontak) 08:27, 3 Desember 2023 (UTC)Beantwoord[antwoord]
Reeds bo aangedui ontkiemingskompetisie. Groete. Sobaka (kontak) 17:42, 2 Desember 2023 (UTC)Beantwoord[antwoord]
Ek gaan julle ander staatmakers rook in hierdie jaar se kompetisie, want ek het mos nou fibre in my huis. Hoop nie beurtkrag nie, LOL! Cheers,  Aliwal2012 12:27, 3 Desember 2023 (UTC)Beantwoord[antwoord]
Tik tok, 15de stap nader. Ek kan nie help fasiliteer nie, ek soek daai tweede plek agter Aliwal2012. Dumbassman (kontak) 06:23, 8 Desember 2023 (UTC)Beantwoord[antwoord]

Gemeenskap, ek het die veesiekte Hartwater geskep en wil 'n nota plaas om die onderskeid te maak met die dorp Hartswater. Wat is korrekte manier? Groete! Oesjaar (kontak) 18:17, 10 November 2023 (UTC)Beantwoord[antwoord]

Uitgevoer Uitgevoer Oesjaar, ek het dit bo-aan altwee artikels vir jou ingevoer. Groete! -- Aliwal2012 05:47, 11 November 2023 (UTC)Beantwoord[antwoord]
Dankie! Groete! Oesjaar (kontak) 07:28, 13 November 2023 (UTC)Beantwoord[antwoord]

Cisjordanië‎[wysig bron]

Gemeenskap, bestaan daar werklik so 'n naam? Groete! Oesjaar (kontak) 09:09, 14 November 2023 (UTC)Beantwoord[antwoord]

Sien en:West_Bank#Cisjordan Rooiratel (kontak) 09:21, 14 November 2023 (UTC)Beantwoord[antwoord]
Maar moet dit dan nie eerder Cisjordaan wees nie, aangesien dit na die rivier en nie die land verwys nie? @Burgert Behr:. – K175 (skil 'n appeltjie) 10:37, 14 November 2023 (UTC)Beantwoord[antwoord]
Nee, die land se naam was Jordanië en daar is twee dele onderskei: Cisjordanië en Transjordanië: aan hierdie kant van die rivier en aan die oorkant. Vanuit die weste gesien natuurlik. Jcwf (kontak) 11:03, 14 November 2023 (UTC)Beantwoord[antwoord]
Cisjordaan en Transjordaan klink vir my ook reg. Dit is nie aan dié en die ander kant van Jordanië nie, maar van die Jordaan. Soos Transvaal. ~ Burgert (kontak) 16:45, 14 November 2023 (UTC)Beantwoord[antwoord]

Coming soon: Reference Previews[wysig bron]

A new feature is coming to your wiki soon: Reference Previews are popups for references. Such popups have existed on wikis as local gadgets for many years. Now there is a central solution, available on all wikis, and consistent with the PagePreviews feature.

Reference Previews will be visible to everyone, including readers. If you don’t want to see them, you can opt out. If you are using the gadgets Reference Tooltips or Navigation Popups, you won’t see Reference Previews unless you disable the gadget.

Reference Previews have been a beta feature on many wikis since 2019, and a default feature on some since 2021. Deployment is planned for November 22.

-- For Wikimedia Deutschland’s Technical Wishes team,

Johanna Strodt (WMDE), 13:11, 15 November 2023 (UTC)Beantwoord[antwoord]

Veels geluk aan die Afrikaanse Wikipedia met jou 22ste verjaarsdag![wysig bron]

Gemeenskap, vandag - 16 November 2023 - is ons 22 jaar jonk! Baie dankie aan ons gebruikers vir julle, harde vrywilligerswerk! Niks soos spanwerk nie! SANBI het ons 'n kersgeskenk gegee: een van hulle dokumente wat die meeste inligting en foto's van Suid-Afrikaanse botanici bevat! Enige persoon wat wil help met die skep van artikels oor die persone kontak my asb. Die artikelskep is maklik, daardie integrasie... Groete! Oesjaar (kontak) 20:09, 15 November 2023 (UTC)Beantwoord[antwoord]

Baie geluk aan ons wiki, en baie dankie aan al die bydraers! Hopelik sien ek van julle by SAAWK vanaand. @Oesjaar ek sal die SANBI dinge vanaand met jou bespreek. - Rooiratel (kontak) 08:12, 16 November 2023 (UTC)Beantwoord[antwoord]
Die Afrikaanse Wikipedia het hul 22ste verjaarsdag by die Akademiekantoor gevier. By hierdie geleentheid is 'n nuwe ondersteuningsgroep, Die Beyweraars vir die Afrikaanse Wikipedia gestig. Hierdie groep se hoofdoel is om ondersteuning te gee om toe te sien dat die somtotaal van mensekennis op 'n vrye Afrikaanse digitale ensiklopedie beskikbaar sal wees as nalatenskap vir Afrikaanssprekendes nou en in die toekoms. Die stigterslede van Die Beyweraars is deur Deon Steyn, die direkteur van die Afrikaanse Wikipedia, en prof Anne-Marie Beukes bekendgestel: Afrikaanse Taalraad, Die Taalkommissie, Woordeboek van die Afrikaanse Taal, Pretoria FM; FEDSAS; Afrikaans.com, Naledi, Vriende van NALN, Protea Boekhuis, Voortrekkermonument, Die Erfenisstigting, FAK, Genootskap vir die Handhawing van Afrikaans en Nuuseum. Die stigterslede het by die funksie hul onderneming om 'n Beyweraar te wees bekragtig deur hul stigterlidsertifikate te onderteken. Die Afrikaanse Wikipedia het ook erelidmaatskap van die Beyweraars toegeken aan prof Laurette Pretorius vir haar uitsonderlike bydrae tot die bewusmaking van en die beywering vir die groei van die Afrikaanse Wikipedia. Sobaka (kontak) 15:52, 17 November 2023 (UTC)Beantwoord[antwoord]
Dankie aan Gebruiker:Aliwal2012, Sobaka en Rooiratel wat daar was, dit word waardeer! Groete! Oesjaar (kontak) 18:16, 19 November 2023 (UTC)Beantwoord[antwoord]
Hier open prof Beukes die verrigtinge:
Prof. Beukes open die verrigtinge
Groete! Oesjaar (kontak) 20:14, 7 Desember 2023 (UTC)Beantwoord[antwoord]

Skryfwedstrydartikels[wysig bron]

@Oesjaar @Taalfoendi nou dat die Skryfwedstryd voltooi is, kan ons die Skryfwedstrydartikels wysig om by die wiki-styl te pas? - Rooiratel (kontak) 10:31, 17 November 2023 (UTC)Beantwoord[antwoord]

Natuurlik. Baie dankie vir julle geduld. Taalfoendi (kontak) 14:18, 17 November 2023 (UTC)Beantwoord[antwoord]

Mediadekking van ons verjaarsdagpartytjie[wysig bron]

Gemeenskap sien die berig in Beeld en Maroela Media. Ek hoop dit dien as motivering!

Sien ook ons vriend Dan Roodt se kommentaar op Facebook

Groete! Oesjaar (kontak) 19:48, 19 November 2023 (UTC)Beantwoord[antwoord]

Datumformaat in aanhalingssjablone[wysig bron]

Ek het die aanhalingsmodules, wat deur sommige aanhalingssjablone gebruik word (bv. {{Cite web}}), bygewerk en die datumformat ge-hard-code na dag-maand-jaar. Nou sal datums in hierdie aanhalings volledig uitgeskryf word, bv. 20 November 2023 i.p.v. 2023-11-20 soos voorheen. Laat weet asb. as julle enige foute in die aanhalings opspoor (gewoonlik in vet rooi gemerk). – K175 (skil 'n appeltjie) 17:48, 20 November 2023 (UTC)Beantwoord[antwoord]

Ook: laat weet asb. as daar enige onvertaalde teks in die aanhalingssjablone vertoon word. – K175 (skil 'n appeltjie) 17:50, 20 November 2023 (UTC)Beantwoord[antwoord]
As dit werk, sal dit 'n groot verbetering wees. ~ Burgert (kontak) 19:16, 20 November 2023 (UTC)Beantwoord[antwoord]

Uitspraak vir 'roket', die een vir slaaie.[wysig bron]

Roket

Môre mense!

Ek wil net graag die uitspraak weet van roket. Dit is: Eruca sativa.

Gisteroggend was daar 'n chef op RSG wat "rocket" gebruik het (uitgespreek soos die Engelse vuurpyl, wat rym met pocket en socket), en sy allerbeste probeer het om die Afrikaanse woord daarvoor te vind. Hy het ook Google Translate gebruik en net die vertaling vuurpyl gevind. Hy het nie die Afrikaanse naam geken nie. Ek was nogal verstom hieroor, want veral my moeder kweek roket in haar potte. Jy koop die saad sommer by U$ave, en dit groei nogal welig. Die eerste keer toe ek dit geëet het was op 'n broodjie by Checkers op Hermanus met brie-kaas en soetrissiesous. Jy eet die blare vars. Die blomme is nogal kenmerkend en nogal mooi vir versiering.

Tot my verbasing, vir iets so algemeen soos tiemie, roosmaryn, oreganum, sout en peper, ken slegs die WAT die woord. Dit staan nie in die HAT nie, en ook nie in die Afrikaanse Verklarende Woordeboek van Pharos nie. Dit definisie is: Kruisblommige jaarplant, Eruca sativis (fam. Brassicaceae), met wit blomme en groen blaartjies wat 'n skerp, rokerige smaak het en in slaaie gebruik word; sin. damasblom.

Nou, ons gesin spreek dit roe-kêt uit, identies met die Frans, roquette (die r natuurlik minder gerol).

Die WAT erken ook die oe-klank hierbo, maar is daar mense wat die ander uitspraak ken? Is dit roo'ket (lang o), of roket soos met die Engels "rocket", maar met 'n -êt agterna?

Ek kan nie sê waarvandaan ons woord ingevoer is nie, want bo en behalwe Engels se "rocket", ken Nederlands ook "raket", of ons kon die woord sommer direk uit Frans ingevoer het. Suidpunt (kontak) 04:48, 21 November 2023 (UTC)Beantwoord[antwoord]

Dit is 'n indringerplant wat hier genaturaliseer geraak het. Groete! Oesjaar (kontak) 05:32, 21 November 2023 (UTC)Beantwoord[antwoord]
Sien REDLIST Sanbi en hulle naam! Groete! Oesjaar (kontak) 05:34, 21 November 2023 (UTC)Beantwoord[antwoord]
Ek sien op inaturalist.org gee hulle ook die volgende Afrikaanse name : tuin-Eruca en wildekool. Maar m.b.t die uitspraak van roket, kan ek nie help nie. - Rooiratel (kontak) 08:42, 21 November 2023 (UTC)Beantwoord[antwoord]
Ek sê roket soos in Frans met 'n Afrikaanse r. – K175 (skil 'n appeltjie) 10:06, 21 November 2023 (UTC)Beantwoord[antwoord]

Sjabloon vir ruimtetuie[wysig bron]

Gemeenskap, wat is die beste sjabloon vir ruimtetuie? Sien die verskil tussen Apollo 8 en Wenera 1. Ek wil die ruimtetuig artikels standariseer. Groete! Oesjaar (kontak) 09:50, 21 November 2023 (UTC)Beantwoord[antwoord]

Slegs vir duidelikheid: Wenera 1 se artikel gebruik die generiese "Inligtingskas2" en Apollo 8 sommer 'n "vrystyl wikitable". Beste,  Aliwal2012 10:58, 21 November 2023 (UTC)Beantwoord[antwoord]
Miskien kan ons jong Turke Gebruiker:K175 of Gebruiker:Rooiratel iets vir ons oorneem uit die Engels? Groete! Oesjaar (kontak) 11:38, 21 November 2023 (UTC)Beantwoord[antwoord]
Ek stel voor ons dra en:Template:Infobox spaceflight oor na afwiki en vertaal dit. – K175 (skil 'n appeltjie) 11:48, 21 November 2023 (UTC)Beantwoord[antwoord]
Asb! Groete! Oesjaar (kontak) 12:13, 21 November 2023 (UTC)Beantwoord[antwoord]
Yebo, hoera!  Aliwal2012 12:16, 21 November 2023 (UTC)Beantwoord[antwoord]
Uitgevoer Uitgevoer. Gaan asb. die vertaling van die sjabloon na. – K175 (skil 'n appeltjie) 20:49, 22 November 2023 (UTC)Beantwoord[antwoord]

Sluipmoord op John F. Kennedy[wysig bron]

Ek wil graag 'n bladsy begin vir die sluipmoord op John F. Kennedy en het hulp nodig. Daar is geen ander artikels vir 'n "sluipmoord" nie. Enige iemand wat belangstel? Ek sien die Engelse sjabloon is "civilian attack". Dankie Dumbassman (kontak) 15:54, 22 November 2023 (UTC)Beantwoord[antwoord]

@Dumbassman: wil jy en:Template:Infobox civilian attack oordra na afwiki? Jy moet net onthou hulle en:Template:Infobox is ons {{Inligtingskas4}}. Ek dink ons het nog sjablone wat die ou {{Infobox}} gebruik. Wanneer hulle almal eendag na {{Inligtingskas4}} gemigreer is, kan ons {{Inligtingskas4}} na {{Infobox}} skuif (of na {{Inligtingskas}} met 'n aanstuur vanaf {{Infobox}}). Maar intussen as jy die sjabloon van die Engelse Wikipedia kopieer, en alle sjablone wat die sjabloon gebruik en wat op afwiki nog ontbreek ook oordra, en al die sjablone wat jy oorgedra het, vertaal, en alle gebruik van {{Infobox}} vervang met {{Inligtingskas4}}, dan het jy 'n werkende sjabloon wat baie netjies lyk. Ek kan daarmee help, maar ek is net gou besig met {{Ruimtevlug}}. Ek is ook besig om 'n Discord-bot te bou. Jy kan dit reeds hier uitprobeer. Op die oomblik publiseer dit net al die onlangse wysigings en ek is nog besig om dit goed te laat werk. Tussen dit en werk en admin weet ek nie wanneer ek jou met die sjabloon kan bystaan nie, maar as jy daarmee kan begin en dan om hulp vra wanneer jy vashaak dan kan ek daarna loer tydens my teepouse. – K175 (skil 'n appeltjie) 18:10, 22 November 2023 (UTC)Beantwoord[antwoord]
Ok, ek volg maar swaar. Maar sal solank die bladsy skep Dumbassman (kontak) 18:41, 22 November 2023 (UTC)Beantwoord[antwoord]
Ek sien nou John F. Kennedy-sluipmoordsamesweringsteorieë bestaan. Nou twyfel ek of dit nodig is om dit te skep. Wat dink die wyse manne? Dumbassman (kontak) 19:01, 22 November 2023 (UTC)Beantwoord[antwoord]
Daar is beter dinge om oor te skryf. Groete! Oesjaar (kontak) 19:05, 22 November 2023 (UTC)Beantwoord[antwoord]
@Dumbassman: nes jy wil. Ek dink daar is ruimte vir twee artikels. Die bestaande artikel handel oor die samesweringsteorieë rondom die sluipmoord. Jy kan die inligtingskas by Gebruiker:K175/Sandput/Burgerlike aanval gebruik. – K175 (skil 'n appeltjie) 19:07, 22 November 2023 (UTC)Beantwoord[antwoord]

Bench tests[wysig bron]

Gemeenskap, wat is bogenoemde in Afrikaans? Groete! Oesjaar (kontak) 19:10, 22 November 2023 (UTC)Beantwoord[antwoord]

Soos in "benchmark tests"? My tegniese woordeboek gee : "hoogtemerk" of "hoogtebaken". - Rooiratel (kontak) 19:38, 22 November 2023 (UTC)Beantwoord[antwoord]
Of "normtoetse". Hang seker af van wat jy bedoel. ~ Burgert (kontak) 20:32, 22 November 2023 (UTC)Beantwoord[antwoord]

Oekraïne op die voorblad[wysig bron]

Sperdatum:
1 Desember 2023

(Bespreking geskuif vanaf Wikipedia:Kandidaatartikels vir voorblad#Oekraïne

  • Ondersteun – Dit het reeds voorbladstatus, maar miskien kan dit weer verskyn aangesien dit verband hou met onlangse gebeure. - Rooiratel (kontak) 10:38, 31 Oktober 2023 (UTC)Beantwoord[antwoord]
    Kommentaar Rooiratel, ons het reeds 'n oormaat nominasies wat ons tot diep in 2024 sal dra. Ek dink eerlikwaar nie ons moet ou artikels weer promoveer nie.  Aliwal2012 15:05, 31 Oktober 2023 (UTC)Beantwoord[antwoord]
    Ek verstaan. Maar aan die ander hand, miskien is dit 'n goeie probleem om te hê. Ander wiki's het 'n nuwe voorbladartikel elke dag. Ek sien in Kategorie:Voorbladartikels dat ons tans 580 artikels het met voorbladstatus. Meer as genoeg vir 'n nuwe een vir elke dag van die jaar.
    Ek is tevrede met 'n voorbladartikel per week, maar ek dink 'n nuwe een per dag kan ook goed wees. Die nadeel is dat dit sal ekstra werk verg, maar ek is bereid om in te spring en daarmee te help as dit nodig is. Die voordeel is dat dit ons lesers wys dat ons baie aktief is, en dat ons baie voorbladartikels het om mee te spog.
    Ek sal graag wil weet wat die gemeenskap hieroor dink. - Rooiratel (kontak) 08:43, 1 November 2023 (UTC)Beantwoord[antwoord]
  • OndersteunSobaka (kontak) 16:17, 10 November 2023 (UTC)Beantwoord[antwoord]
  • Kommentaar – Ou voorbladartikels mag natuurlik enige tyd op ons voorblad verskyn, dis dus nie nodig om hulle weer te nomineer nie. Groete. --  SpesBona 21:45, 19 November 2023 (UTC)Beantwoord[antwoord]
  • Kommentaar – Behalwe dat baie voorbladartikels nie meer aan die standaarde voldoen nie en sekere mense (jy inkluis) wil hê daar moet elke week 'n nuwe voorbladartikel wees. ~ Burgert (kontak) 17:52, 23 November 2023 (UTC)Beantwoord[antwoord]
  • Gee nuwe artikels eers 'n kans. Groete! Oesjaar (kontak) 19:25, 23 November 2023 (UTC)Beantwoord[antwoord]
    Ek stem saam met @Burgert Behr oor die feit dat baie voorbladartikels nie meer aan die standaarde voldoen nie. Vergeet maar oor Oekraïne. Ek wil weet wat almal dink oor die idee om elke dag 'n nuwe voorbladartikel te wys in plaas van elke week. - Rooiratel (kontak) 19:31, 23 November 2023 (UTC)Beantwoord[antwoord]
    Daar is tans net vyf outeurs van voorblaaie, nou moet die volume van 52 na 365 gaan! Die lesers gaan baie van die voorblaaie nie sien as dit net een dag verskyn nie. Ek is gelukkig met die status quo. Groete! Oesjaar (kontak) 19:39, 23 November 2023 (UTC)Beantwoord[antwoord]
  • Gekant – Dit verg baie tyd en werk om 'n nuwe voorbladartikel te skryf. Dis veral die groot taalweergawes soos Duits, Engels, Frans, ens. met duisende voorbladartikels wat elke dag 'n nuwe een kan wys. Selfs Nederlands het nie genoeg om dit te kan doen nie. Ons het tans 583 voorbladartikels. Voeg maar 'n nulletjie by, dan sal ek dit ondersteun. Groete. --  SpesBona 19:45, 23 November 2023 (UTC)Beantwoord[antwoord]
    Ek stem saam dit sal meer admin wees. Maar ons hoef nie ekstra voorbladartikels te skep as ons nie wil nie. Ons het meer as een vir elke dag van die jaar. Ek sien nie hoe die huidige getal 'n probleem is nie. - Rooiratel (kontak) 09:06, 24 November 2023 (UTC)Beantwoord[antwoord]
  • Gekant Die status quo werk piekfyn. Lefcentreright (kontak) 23:08, 23 November 2023 (UTC)Beantwoord[antwoord]
  • Ondersteun: Een opsie is om die sjablone wat die voorbladartikel publiseer, te herskryf sodat dit elke dag 'n ander artikel uit die versameling van artikels met voorbladstatus kies. Ons kan ook voorbladstatus van ouer artikels verwyder indien hulle nie meer aan die standaarde voldoen nie. Ek dink die Engelse Wikipedia doen lg., maar ek is nie 100% seker nie. Ek dink ons moet lg. dalk in elk geval doen, want dit maak nie veel sin om 'n artikel wat in 2001 op die voorblad verskyn het, of later, maar wat intussen sodanig gewysig is dat dit nou 'n swak artikel is, in die versameling van voorbladartikels te hou nie. – K175 (skil 'n appeltjie) 00:42, 26 November 2023 (UTC)Beantwoord[antwoord]
  • Kommentaar: Ek dink dat ons moet verseker dat die artikel Oekraïne altyd op datum is en as daar 'n groot ontwikkeling is, moet ons bereid wees om dit as 'n voorbladartikel te gebruik en om alle ander artikels met 'n week uit te stel.– Hierdie ongetekende kommentaar is deur Martinvl (BesprekingBydraes) gelewer.

Fluxgate magnetometer[wysig bron]

Gemeenskap, vir julle wat so bakleierig is, wat is bogenoemde in Afrikaans? Vir eenkeer is ek sprakeloos... Daardie woord fluxgate! Ai! Oesjaar (kontak) 19:57, 23 November 2023 (UTC)Beantwoord[antwoord]

Is dit dalk 'n flukspoort? Sien Jcwf (kontak) 20:10, 23 November 2023 (UTC)Beantwoord[antwoord]
Vloedhek [2] Frank (kontak)

Netwerk24 as bron[wysig bron]

Gemeenskap, hoe nuttig is dit om verwysings na Netwerk24-artikels te plaas? 'n Mens kan nie die artikels sonder 'n betaalde subskripsie lees nie. Is dit dus ooit 'n aanvaarbare bron? Voldoen Netwerk24 aan Wikipedia se beleid van Wikipedia:Verifieerbaarheid? – K175 (skil 'n appeltjie) 19:58, 23 November 2023 (UTC)Beantwoord[antwoord]

Ja definitief. Hulle bedryf van die grootste Afrikaanse koerante, bv Beeld en Rapport. Groete! Oesjaar (kontak) 20:01, 23 November 2023 (UTC)Beantwoord[antwoord]
Ek sien die Engelse Wikipedia beskou bronne agter betaalmure as geldig. Ek gaan dus intussen begin om verwysings na Netwerk24 te plaas as ek nie 'n beter bron kan kry nie. – K175 (skil 'n appeltjie) 20:11, 23 November 2023 (UTC)Beantwoord[antwoord]
Vir my is dit dieselfde as om 'n boek as 'n bron te gebruik. Nie almal het toegang tot 'n spesifieke boek nie, of hulle moet dit koop (betaalmuur). Maar die boek is nog steeds 'n geldige bron in my opinie. - Rooiratel (kontak) 09:24, 24 November 2023 (UTC)Beantwoord[antwoord]

My frustration with the cite templates[wysig bron]

Let me do this in English because I think that these frustrations stem from changes like this by the Lua-author @Trappist the monk:

@K175: is faithfully implementing Afrikaans versions of the 'maintenance' categories here and warning messages have started to appear when I try to use the |authors parameter in references. Apparently use of the |editors parameter is now punished by an error message visible to the reader and so are "extra punctuations".

But these "errors" are not mine Trappist the monk. They are yours. When using the wikilibrary you can often download or copy a citation for a journal or a book pretty easily although formats can vary a little. For a book, the reference typically gives

  1. the authorS of the chapter or article
  2. the title of the chapter or article
  3. the editors of the whole book
  4. the title of the book/proceedings whatever

And there are good reasons for this common practice in formatting scientific references. Editors are not authors. They have a different task and they have a supervisory function and deserve to be credited for that. The editors are often older, more experienced scientists in a field, usually professors. The authors are often grad students or post docs, people who do the hard work in the labs and need to get papers out to establish themselves in the field.

The title of the book is not the title of the article or chapter either.

Why the cite book template no longer allows one to add this info is really beyond me and the fact that information I have painstakingly copied into the references before is now earmarked as errors on my part is downright insulting.

Another thing that I find infuriating is the deprecation of the |authors= option in favor of having to specify each and every author separately. Many scientific papers have multiple authors. Sole authors have become rare. Some papers have dozens of authors. It really makes no sense to force users to annotate them separately as |author1 |author2 etc. even more so if you demand separate entries for first and last names. It adds absolutely nothing of value for the readers of our encyclopedia. It just add a lot of tedious make-work for the poor users trying to add content here, especially on sites like this one. The Afrikaans wiki does not have oodles of willing slaves ready to jump through every senseless hoop you have so artfully crafted for them. Having to add references contributes enough to our burden. already. And we are pretty much forced to use your software, hoops included, because otherwise we can no longer translate content from larger wikis, especially en.wiki.

Therefore, please respect the formats in which references are given and stay as close to them as possible. That also goes for punctuation. Usually the components of a reference are separated by commas. Why your software forces us to edit them all out is also beyond me.

Jcwf (kontak) 21:59, 25 November 2023 (UTC)Beantwoord[antwoord]

@Jcwf: kan jy asb. 'n paar voorbeelde deel van waar jy hierdie probleme ondervind? Ek vermoed ons kan van die waarskuwings onderdruk en/of die Lua-kode aanpas sodat die voormalige gebruike van die sjablone steeds sal werk. – K175 (skil 'n appeltjie) 23:13, 25 November 2023 (UTC)Beantwoord[antwoord]
There are five namelists supported by cs1|2. They are the author-, contributor-, editor-, interviewer-, and translator-namelists. Some of those name lists had plural parameters:
  • |authors= deprecated at this edit
  • |contributors= never supported
  • |editors= deprecated at this edit; unsupported at this edit
  • |interviewers= replaced |cointerviewers= at this edit; unsupported at this edit
  • |translators= never supported
These parameters hold free-form text strings so could have (in theory) held anything that a wiki editor wanted to put in them.
cs1|2 creates en:COinS metadata for each template in an article. The metadata allows readers to consume our citations using reference management software (en:Zotero and the like). If we could rely on wiki editors to always create accurate, sensible namelists, with grammatically correct separator characters (comma between surname and given name, semicolon between individual names) we could write code to parse those text strings into their individual names so that the citations are machine readable. Alas, we cannot. If cs1|2 citations were read only visually (as you are likely reading this sentence) we could probably get away with |authors= and similar namelist parameters though oftimes reading the names in a manually formatted list of names can become very difficult because wiki editors most often (at least on en.wiki) separate all names (given, surname, individual names) with commas and sometimes space characters.
The purpose of a citation is not to give credit to anyone. The purpose of a citation is to help our readers locate a copy of the source that supports the wikitext in our articles.
I know that the title of a chapter is not the chapter of a book. What I don't understand is why that is important in this discussion.
please respect the formats in which references are given and stay as close to them as possible... There are as many possible reference formats as there are editors to write them. It is unreasonable to expect a cs1|2 template to parse those formats into a single consistent rendering; the template and module processors don't have enough available memory or horsepower to do that.
Trappist the monk (kontak) 00:03, 26 November 2023 (UTC)Beantwoord[antwoord]
Thanks, Trappist, for the clarification. @Jcwf: ons kan 'n robot laat loop wat die meeste gevalle waar die authors-parameter gebruik word, kan probeer oplos deur 'n lys van outeurs wat 'n voorspelbare patroon volg, bv. naam + van + komma outomaties in naam-, van-pare op te breek. Dié wat dan nie so eenvoudig is nie, bv. mense met meer as een naam of van, of by lyste van outeurs wat nie enige voorspelbare patroon volg nie, kan ons handmatig nagaan. Kategorie:AS1-onderhoud: gebruik authors-parameter hou rekord van al die bladsye waar die authors-parameter gebruik word. Kopieer jy die cite-sjabloon wat die authors-parameter bevat van iewers af? Ek sien op enwiki is daar ook bladsye wat authors gebruik, maar daar word ook foute vertoon (moontlik ook weens die onlangse wysigings aan die Lua-kode). – K175 (skil 'n appeltjie) 00:49, 26 November 2023 (UTC)Beantwoord[antwoord]
May I remind both you K175 and @Trappist the monk: that you do not pay me a salary and therefore have no right whatsoever to demand from me to jump through your unreasonable hoops. I am not going to add |author1= |author2= |author3= |author4= |author5= |author6= |author7= etc. again and again and again and again, to every reference I add, just because you have decided I have to waste my time on your terrible user-unfriendly programming. I am not your slave. Jcwf (kontak) 19:33, 27 November 2023 (UTC)Beantwoord[antwoord]
I agree 100% with Jcwf. Dit lui immers Wikipedia:Voel vry en gaan jou gang, as jy "authors", "work", "coauthors", etc. wil gebruik, mag jy dit doen. Niemand mag 'n verbod daarop plaas nie. Hoekom is daar twee sjablone wat amper dieselfde is: {{cite web}} en {{cite news}}. Omdat ons mag kies. Op die Duitse Wikipedia het ons de:Vorlage:Internetquelle, de:Vorlage:cite web en de:Vorlage:cite news. Elke liewe gebruiker mag sy voorkeursjabloon kies, as iemand anders dit gaan verander, geld de:Wikipedia:Korrektoren wat in kort sê: "Nee, jy mag nie verander nie!", andersins mag ek jou rapporteer op de:Wikipedia:Vandalismusmeldung en 'n admin kan jou rekening versper weens vandalisme. Hierdie is die Afrikaanse Wikipedia en ons mag self besluit, watter sjabloon en parameters ons wil gebruik. Dit is 'n besluit deur die Afrikaanse Gemeenskap, niemand anders nie. Trappist the monk of enige ander mag vir ons nie parameters verbied wat ons wil gebruik nie. Dit is heeltemal onnodig om 'n bot duisende oorbodige wysigings te laat doen as daar 'n baie makliker oplossing is: Laat die parameters toe en elke gebruiker mag self kies, watter een hy gebruik. Ons het immers die vryheid, om die sjabloon nie te gebruik nie. "the template and module processors don't have enough available memory or horsepower to do that": We do not have the ability om altyd te kyk wat die Engelse Wikipedia doen nie, ons wil artikels skryf en hulle op datum hou, nie stukkende sjablone fieks nie. Wikipedia is 'n ensiklopedie wat ons in ons vrye tyd doen, dis nie ons werk nie. Ons almal is vrywilligers en ons besluit self wat ons in ons vrye tyd doen. As ons {{cite web}} met die parameter "work=", etc. wil gebruik, mag ons dit doen. Die Afrikaanse Gemeenskap kan self oor al die parameters besluit. K175 het reeds Nederlandse parameters toegelaat, hoewel hulle nie by die Engelse sjabloon is nie. Ons is vry om ook ander parameters by te voeg. Groete. --  SpesBona 19:50, 27 November 2023 (UTC)Beantwoord[antwoord]

Sjabloon vir Christelike teoloë, strominge en filosowe?[wysig bron]

Hallo, ek het nog nie die geselshoekie gebruik nie so vee maar uit as die nie die regte formaat is nie.

Ek wou net hoor of daar nie sjablone is vir teoloë, Christelike Strominge en Filosowe nie, ek wil graag die Gereformeerde Stroom se artikels oordra en opdateer vanaf die Engelse wiki maar ek sien nie sjablone vir die bogenoemdes nie. --ATravelingWizard (kontak) 18:42, 27 November 2023 (UTC)Beantwoord[antwoord]

Watter sjablone soek jy? Miskien moet jy hierdie sjablone self skryf. Martinvl (kontak) 22:09, 27 November 2023 (UTC)Beantwoord[antwoord]
Sjablone soos op die engelse wiki vir teoloë en filosowe, en dan 'n sjabloon wat informasie van Christelike strominge bevat, soos vormings datum, stigter, hoof van stroming, hoeveelheid lede, kerke in gemeenskap, watse interkerklike organisasies hulle deel van vorm en hoof leerstellings.
Ek sou hulle self wou maak maar ek weet nie hoe nie. ATravelingWizard (kontak) 23:05, 27 November 2023 (UTC)Beantwoord[antwoord]
Jy het 'n groter probleem met jou taalgebruik, sorteer dit eers uit dan kan ons kyk na ekstra sjablone. Oesjaar (kontak) 06:58, 28 November 2023 (UTC)Beantwoord[antwoord]
@ATravelingWizard: Het jy die name van die Engelse sjablone? Dan is dit net die kwessie van vertaaling. Martinvl (kontak) 16:54, 28 November 2023 (UTC)Beantwoord[antwoord]
@Martinvl Ja, die is die engelse sjablone Infobox theologian & Infobox Philosopher ATravelingWizard (kontak) 12:05, 11 Desember 2023 (UTC)Beantwoord[antwoord]

NC Commons[wysig bron]

Gemeenskap, vanaand het ek, @Oesjaar en Discott: oor NC Commons tydens die Wikimedia Suid-Afrika Operations vergadering gepraat. Vir diegene wat nie weet nie, NC Commons is amper soos Wikimedia Commons maar net vir foto's/media wat onder die onvrye CC-BY-ND lisensie gelisensieer is. Media/beeldmateriaal wat onder die bogenoemde lisensie gelisensieer word, mag nie op Wikimedia Commons opgelaai word nie, dus is NC Commons geskep. Byvoorbeeld, die berugte foto waar voormalige staatspresident Jacob Zuma saam met een van die Gupta-broers ontbyt eet is 'n leêr op die NC Commons.

Nou, Douglas wou gehoor het of ons as 'n gemeenskap moontlik daarin belangstel om die foto's hier op die Afrikaanse Wikipedia te gebruik. Ons moet net ten gunste daarvan stem om die skakel na NC Commons te aktiveer en vir Douglas en James Heilman (betrokke by NC Commons) in kennis stel, dan kan NC Commons as 'n susterprojek van Wikipedia ingelyf word.

Laat ek sommer die stemming afskop deur te sê dat ek Ondersteun dat NC Commons 'n susterprojek van die Afrikaanse Wikipedia word. As die gemeenskap ten gunste hiervan stem, kan ons geskiedenis maak en die Afrikaanse Wikipedia sal 'n regte baanbreker wees. Groete. Lefcentreright (kontak) 17:42, 28 November 2023 (UTC)Beantwoord[antwoord]

  • Ondersteun Groete! Oesjaar (kontak) 18:06, 28 November 2023 (UTC)Beantwoord[antwoord]
  • Ondersteun Sobaka (kontak) 18:43, 28 November 2023 (UTC)Beantwoord[antwoord]
  • Gekant Dink dis 'n afwyking van kernwaardes. Kool nie sous werd na my mening. Nie 'n probleem met NCC as sodanig nie. JMK (kontak) 18:18, 29 November 2023 (UTC)Beantwoord[antwoord]
  • Ondersteun ~ Burgert (kontak) 18:36, 29 November 2023 (UTC)Beantwoord[antwoord]
  • Ondersteun Viva vooruitgang! Groete -- Aliwal2012 21:00, 29 November 2023 (UTC)Beantwoord[antwoord]
  • Ondersteun – Groete. --  SpesBona 22:25, 29 November 2023 (UTC)Beantwoord[antwoord]
  • Gekant - Dit maak nie sin vir my dat net een taal van Wikipedia 'n suster projek is met NC Commons nie. As ons die gebruik van die foto's op NC Commons wil toelaat, is dit 'n ander storie, maar ek is erg gekant teen die idee van 'n Susterprojek van net een Wikipedia en nie die ander nie.– Hierdie ongetekende kommentaar is deur Rooiratel (BesprekingBydraes) gelewer.
  • Neutraal - Gaan dit nie juridiese probleme vir Wikimedia oplewer nie? En wat is die kans dat Wikimedia dit vir ons gaan verbied? Dit sou beteken dat ons die ingevoegde beelde weer moet verwyder en dit gaan dalk oorbodige werk oplewer. Jcwf (kontak) 01:31, 1 Desember 2023 (UTC)Beantwoord[antwoord]
    @Jcwf: I hope my comment below answers your question. The basic answer from the legal experts at the Wikimedia Foundation is 'no' it will not create problems for Wikimedia and there is no chance that Wikimedia will take any negative action towards Afrikaans Wikipedia for this. How it works is that should a consensus be reached on Afrikaans Wikipedia on this issue then a request will be lodged with the engineers at the Wikimedia Foundation to activate this integration. That means that should it be activated they would have agreed to it by default anyway.--Discott (kontak) 11:43, 5 Desember 2023 (UTC)Beantwoord[antwoord]
    Thanks, Discott. Jcwf (kontak) 17:21, 5 Desember 2023 (UTC)Beantwoord[antwoord]
Presentation at Wikimania 2023 on the case for NC Commons, WMF's General Counsel, Stephen Laporte, addresses issus of legal concern related to it and gives this professional opinion that NC Commons does not present additional legal concerns.
  • Kommentaar - Apologies for making this reply in English but there is something I want to add that will give some important context here and might answer some concerns. At Wikimania this year I was part of a presentation group on this topic. One of the presenters, the Wikimedia Foundation's General Counsel and head of their legal department -Stephen LaPorte-, stated that in his professional opinion there are no significant concerns or reasons why Wikipedia should not adopt NC Commons. That there is no legal reason why would should not accept CC-NC or CC-ND copyright licence media of the type that is hosted on NC Commons, especially since Commons already supports CC-BY and CC-SA, expanding this to non-commercial -NC- or non-derivative -ND- would not expose the community to additional risks or legal exposure over what we already have with SA or BY. I know this might not address your concerns Gebruiker:Rooiratel and Gebruiker:JMK of mission-creep but I wanted to add it here anyway as it was an issue that was raised in the past. It is worth noting that there is a great deal of support for this from the Wikipedia medical community who have hundreds of thousands of otherwise free to use photographs on NC Commons that they really want to use to illustrate medical articles on Wikipedia. In South Africa it is useful to us partly due to government photographs all having the ND copyright tag as Lefcentreright has already mentioned, allowing NC Commons would allow Afrikaans Wikipedia to illustrate articles with this content and so further our free knowledge mission.--Discott (kontak) 09:00, 5 Desember 2023 (UTC)Beantwoord[antwoord]
Thanks @Discott I really appreciate the extra info. Personally I would think that if CC-SA or CC-BY licensed stuff is allowed then CC-NC should be fine. I know when I asked before it was told to me that Wiki Commons decided against using CC-NC because legally it is very tricky to define what is considered commercial use for something like Wikipedia. (They "make money" off it in a way, but it is not for profit. So is that commercial or not? I don't know. IANAL, so I'll leave it to the legal pros). If Wikimedia as a whole decides to accept the use of CC-NC licensed media I would very happily welcome the decision.
But again my main concern is not the use of CC-NC media, but the idea that singular Wikipedia languages start making "official sister projects" that are not aligned with the rest of Wikipedia/Wikimedia. To me that sounds like an even bigger legal mess. I'd rather we all (Every Wikimedia project, and every language version of each of those) use the same policy for things like that. - Rooiratel (kontak) 18:13, 5 Desember 2023 (UTC)Beantwoord[antwoord]

Photometer[wysig bron]

Gemeenskap, help asb! Wat sal 'n [Photometer] in Afrikaans wees? Groete! Oesjaar (kontak) 19:23, 29 November 2023 (UTC)Beantwoord[antwoord]

Goeiemôre @Oesjaar
Volgens die Fisikawoordeboek en die Sciwoord Chemiewoordeboek is dit fotometer of ligmeter.
Groete! Taalfoendi (kontak) 08:29, 30 November 2023 (UTC)Beantwoord[antwoord]
Fotometer? Sien:..SDH bepalings was gedoen met behulp van 'n LP 6 fotometer (dr Lange fotometer, Wes Duitsland)..[1]
Of: ligmeter? Sien
  1. Van Amstel, S.R., Olivier, G.C., Reyers, F. (1987). "GEDISSEMINEERDE INTRAVASKUlERE STOlLiNG IN PERDE: '1\1 VERSlAG VAN SES GEVAllE". Journal of the South African Veterinary Association. 58 (3): 109–112.{{cite journal}}: AS1-onderhoud: gebruik authors-parameter (link) (Afrik.). }}
Vandat ek die vraag hier gestel het was my gedagtes besig met die kwessie, die voordeel van oud word! Nadat ek die Engelse artikels oor die Ligmeter en die Fotometer gelees het, het ek besef wat die verskil is. Die ligmeter meet net die sigbare spektrum terwyl die fotometer die reeks frekwensies vanaf die ultraviolet tot infrarooi meet. Ek het reeds die artikel ligmeter geskep, fotometer sal ek later die naweek doen. Iemand is welkom om die Engelse artikel oor lux te vertaal.
Dankie aan almal wat insae hier gelewer het. Ons woordeboeke sal moet kennis neem van die verskille.
Groete! Oesjaar (kontak) 10:37, 1 Desember 2023 (UTC)Beantwoord[antwoord]

SANBI, Abraham Erasmus van Wyk en Wikipedia[wysig bron]

Gemeenskap, dit is vir my 'n plesier om met julle die volgende te deel: Ek het prof van Wyk gevra of hy dalk oor foto's beskik van Louisa Bolus en Anna Amelia Obermeyer, van ons twee bekendste vroulike plantkudiges, vir gebruik op Commons. Sy antwoord was nee maar hy gaan vir SANBI vir hulp vra. Sy woorde was dat hulle maar vol draadwerk was met hulle fotos. Hy het 'n lang motivering per epos na hulle gestuur en jou wrintie waar, hulle kom met 'n positiewe antwoord terug en ek kan kan bevestig dat die twee dames se foto gelaai en aanvaar is deur Commons nadat SANBI ook 'n vrye gebruik goedkeuring per epos aan Commons gestuur het. Ek en prof. van Wyk kyk nou na die volgende fotos wat ons wil hê.

Onthou, volgens my vorige skrywe insake SANBI, ek het 'n Engelse 17M lêer in my besit oor SA plantkundiges, wie soek 'n kopie om te help biografiese artikels skep oor hulle? Groete! Oesjaar (kontak) 14:09, 2 Desember 2023 (UTC)Beantwoord[antwoord]

Dit is uitstekend! Baie dankie julle, dit is nie maklik om so iets te doen nie. - Rooiratel (kontak) 14:18, 2 Desember 2023 (UTC)Beantwoord[antwoord]
O, en die lêer, wat is dit? 'n PDF of iets? Jy kan dit gerus vir my epos, ek sal dit graag gebruik om bladsye te skep. - Rooiratel (kontak) 14:20, 2 Desember 2023 (UTC)Beantwoord[antwoord]
Dis vooruitgang. Die Akademie kan ook oortuig word om 'n fotograaf aan te stel by hul funksies, en dié fotos onder CC-by-SA vry te stel, of minstens op rekenaar te hou met hierdie oogmerk. Enkeles is reeds op commons, maar slegs waar dit wikipedia spesifiek aangaan. Daar is geleerdes van wie wikipedia bladsye sonder fotos het, en wat by sekere Akademie-funksies betrokke is. JMK (kontak) 20:34, 2 Desember 2023 (UTC)Beantwoord[antwoord]
Ek het vandag die lêer na Gebruiker:Rooiratel, Gebruiker:Sobaka, Gebruiker:Burgert_Behr en Gebruiker:Aliwal2012 gestuur via We_Transfer. Gebruiker:Jcwf, soek jy ook 'n kopie? Wie anders soek ook 'n kopie? Groete uit 'n donker Krugersdorp! Oesjaar (kontak) 18:50, 5 Desember 2023 (UTC)Beantwoord[antwoord]

HEC Paris[wysig bron]

Hallo almal. Die HEC Paris-artikel is twee keer agtereenvolgens deur Oesjaar geskrap sonder bespreking en sonder geldige rede (die bronne was van goeie gehalte). Dit is die beste Europese sakeskool. Wat kan ons doen? Dankie by voorbaat. 138.99.239.142 20:12, 3 Desember 2023 (UTC)Beantwoord[antwoord]

Jong, Oesjaar het die reg om die bladsy te verwyder as hy dink dit is nie voldoende nie. Ek het gekyk en jou artikel is kort. Probeer dalk eers 'n rekening skep en dan paar wysings maak? Dumbassman (kontak) 20:39, 3 Desember 2023 (UTC)Beantwoord[antwoord]
Dankie. Om die artikel te kan wysig moet dit steeds aanlyn wees. Kan jy dit asseblief heraktiveer en ek kan dit voltooi? Ek kan niks daar doen nie. Weereens dankie.--138.99.239.142 21:01, 3 Desember 2023 (UTC)Beantwoord[antwoord]
Die Franse artikel het 96 verwysings. Baie daarvan is onafhankelik van HEC self. Jy kan dalk 'n paar van hulle gebruik om die artikel beter te ondersteun. Jcwf (kontak) 21:20, 3 Desember 2023 (UTC)Beantwoord[antwoord]
Dankie. Ja, geen probleem. Die artikel moet net weer geaktiveer word. Ek kan niks daar doen nie. Dankie by voorbaat.--138.99.239.142 21:24, 3 Desember 2023 (UTC)Beantwoord[antwoord]
Daai is Oesjaar se besluit. Ek stel voor jy registreer op Wikipedia Dumbassman (kontak) 21:27, 3 Desember 2023 (UTC)Beantwoord[antwoord]
Ek wil graag 'n rekening skep en die artikel oorskryf maar as dit beteken dat dit weer sonder bespreking uitgevee sal word...Wat dink jy?--138.99.239.142 21:59, 3 Desember 2023 (UTC)Beantwoord[antwoord]
Ek het die tyd geneem om weer die artikel te skep: HEC Paris. Asseblief wat is jou mening? weereens dankie. --138.99.239.142 22:40, 3 Desember 2023 (UTC)Beantwoord[antwoord]
Ek het 'n paar taal en ander veranderinge aangebring in 'n poging om dit meer neutraal te maak. Maar dit sal waardeer word as jy registreer as gebruiker wat dit heelwat makliker behoort te maak, om die bona fides van die soort artikel te vertrou. Sobaka (kontak) 06:09, 4 Desember 2023 (UTC)Beantwoord[antwoord]
Baie dankie vir jou hulp. My IP is reg sodat ons normaal kan praat. Ek hoop dat ander bydraers hierdie artikel verder sal verbeter. Die Engelse weergawe is 'n goeie bron: en:HEC Paris asook die Financial Times-ranglys van die dag : https://rankings.ft.com/rankings/2954/european-business-school-rankings-2023 Weereens dankie. Die uwe. --138.99.239.142 14:17, 4 Desember 2023 (UTC)Beantwoord[antwoord]

Maroela Media[wysig bron]

Gemeenskap, neem kennis dat ek nou reeds twee keer by Maroela Media gaan kuier het, ek was op soek na toegang tot die Wêreldspektrum, omrede ek vrae daaroor het. Tot my verbasing het hulle 'n hele stel aan my geskenk wat nou hier in my huis is. Indien julle navrae het laat weet maar. Hulle het ook 'n stel Afrikaanse Kinderensiklopedie beskikbaar, maar ek het eenvoudig net nie plek by my huis nie. Wie stel belang? Ek het reeds Sobaka daaroor ingelig. Groete! Oesjaar (kontak) 18:55, 5 Desember 2023 (UTC)Beantwoord[antwoord]

Ek bied aan om die boeke in Modjadjiskloof te huisves, ek het toevalling 'n leë vertoonkas met glasdeure. Welkom!  Aliwal2012 13:49, 10 Desember 2023 (UTC)Beantwoord[antwoord]

Beurtkrag[wysig bron]

Kan iemand dalk 'n saadjie hieroor skryf? Ek het 'n stukkie oor GoSolr bygevoeg op sonsel. Dit lyk of beurtkrag nou die gebruik van sonkrag in Suid-Afrika stimuleer. Dit is 'n wonderlike ontwikkeling. sien Jcwf (kontak) 03:03, 6 Desember 2023 (UTC)Beantwoord[antwoord]

Uitgevoer Sobaka (kontak) 08:40, 6 Desember 2023 (UTC)Beantwoord[antwoord]

Portale[wysig bron]

Die portale se bladtrekke is ongelukkig 'n bietjie afdraand. Kan ons dalk 'n hoekie op die tuisblad bestee aan 'n "Portaal van die Maand" of so? Portale is mos 'n investering van tyd en moeite en kan lesers na die beste artikels lei. Jcwf (kontak) 04:44, 8 Desember 2023 (UTC)Beantwoord[antwoord]

Gemeenskap, daar ontstaan weer 'n debat oor watter onderwerpe vrywilligers mag skryf en of ons vir ander vrywilligers mag se waaroor hulle liewers nie mag skryf nie. Ek is 'n voorstander van Wikipedia:Voel vry en gaan jou gang. Solank jy by die reëls hou, neutraal skryf, bronne gebruik en daar taalskakels is, mag jy daaroor skryf en niemand mag jou keer nie. Dis jou vrye tyd wat jy hier spandeer en jy mag self kies, waaroor jy in jou vrye tyd skryf. Terloops, dit gaan oor Burgert Behr se artikel menslike penisgrootte wat Aliwal2012 al twee keer verwyder het en wat ek twee keer teruggeplaas het. Dit herinner my ook aan Bespreking:Tuisblad/Argief 1#Voorbladartikel oor seks. Dit is net my beskeie mening, maar wat dink julle? Groete. --  SpesBona 16:35, 8 Desember 2023 (UTC)Beantwoord[antwoord]

Die artikel is op 35 ander Wikipedias en is wetenskaplik gefundeer. Ek het die Engelse artikel van 67 199 grepe ingrypend verkort. ~ Burgert (kontak) 17:17, 8 Desember 2023 (UTC)Beantwoord[antwoord]
Ek dink dis gruwelik! Daar is 50 000 ander onderwerpe om oulike artikels oor te skryf. Burgert, dis nie nodig om jou kombuistaal hier af te forseer nie!  Aliwal2012 17:23, 8 Desember 2023 (UTC)Beantwoord[antwoord]
Oulik? Ek het nog nooit oulike artikels geskryf nie. En wat is "kombuistaal"? Styf en slap? ~ Burgert (kontak) 17:42, 8 Desember 2023 (UTC)Beantwoord[antwoord]