Tuisblad

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Welkom by Wikipedia,
Maandag, 1 Januarie 2024
Hier is tans 113 766 artikels in Afrikaans.
Help ons om ’n wêreldklas-ensiklopedie in Afrikaans te skep.
Inleiding  Hulp  Kontak Gebruikersportaal  Voorbladartikels  Kategorieë  Stel ’n vraag

Voorbladartikel
Nasa-Satellietbeeld van Tsjeggië.

Tsjeggië (Tsjeggies: Česko, [ˈtʃɛsko], ), amptelik die Tsjeggiese Republiek (Česká republika, [ˈtʃɛskaː ˈrɛpuˌblɪka], ), is 'n landingeslote land in Sentraal-Europa. Dit is die westelike deel van die voormalige Tsjeggo-Slowakye. Dit grens in die weste en noordweste aan Duitsland, in die noordooste aan Pole, in die ooste aan Slowakye en in die suide aan Oostenryk. Die hoofstad en grootste stad is Praag. Die land bestaan uit die historiese gebiede van Boheme in die weste en Morawië in die ooste, wat deur 'n uitgestrekte plato, die Boheems-Morawiese Hoogland, van mekaar geskei word, asook dele van Silesië (die vroeëre Oostenryks-Silesië, tans meestal Tsjeggies-Silesië genoem). Hulle vervul tans geen administratiewe funksie meer nie omrede die federale tradisies van die voorloperstaat Tsjeggo-Slowakye nie voortgesit word nie. Die Tsjeggiese Republiek is sedert 1999 lid van NAVO en sedert 2004 lid van die Europese Unie.

Ná die Slag van Mohács in 1526 het die Tsjeggiese lande onder die heerskappy van die Huis van Habsburg geval. Dit het later deel geword van die Keiserryk Oostenryk en Oostenryk-Hongarye.

Die onafhanklike Tsjeggo-Slowaakse Republiek is in 1918 gevorm ná die ineenstorting van die Oostenryk-Hongaarse ryk as gevolg van die Eerste Wêreldoorlog. Ná die München-ooreenkoms, Duitse besetting, die daaropvolgende Westerse trouebreuk in die ooreenkomste van die Verdrag van Versailles, en dankbaarheid vir die bevryding van die grootste deel van Tsjeggo-Slowakye deur die Rooi Leër, het die Kommunistiese Party van Tsjeggo-Slowakye 'n meerderheidsoorwinning (38%) in die verkiesing van 1946 behaal. In 'n staatsgreep het die land in 1948 'n kommunistiese staat geword.

In 1968 het groterwordende ontevredenheid met die regering tot pogings gelei om die kommunistiese bewind te hervorm. Die gebeurtenisse, wat as die Praagse Lente van 1968 bekend staan, is beëindig met 'n inval deur die magte van die Warskouverdraglande (met uitsluiting van Roemenië); die troepe het tot die sogenaamde Fluweelrewolusie in 1989 in die land gebly, toe die kommunistiese bewind ineengestort het. In 1993 het Tsjeggo-Slowakye vreedsaam in sy samestellende state, Tsjeggië en Slowakye, verdeel.

...lees verder

In die nuus
Donald Tusk in 2023
Donald Tusk in 2023

Het u geweet...

... dat Montreal in Kanada die tweede grootste Franstalige stad in die wêreld is? Dit is met die 3,9 miljoen inwoners in die metropolitaanse gebied die grootste stad van die Franstalige provinsie Quebec en die tweede grootste in Kanada.

... dat 'n lid van die Britse koningshuis in Suid-Afrika gesterf het? Prins Christian Victor van Sleeswyk-Holstein het tydens die Anglo-Boereoorlog op 29 Oktober 1900 in Pretoria aan maagkoors gesterf.

... dat Winston Churchill 'n krygsgevangene in Suid-Afrika was? Tydens die Anglo-Boereoorlog is hy in Natal deur boeremagte gevang. Op 12 Desember 1899 ontsnap hy uit die Staatsmodelschool waar hy aangehou is en vlug te voet en per trein na Lourenço Marques.

...dat 'n springhaas nie werklik 'n haas is nie, maar 'n knaagdier?

... dat die Bastille, een van Parys se geskiedkundige bakens, nie meer bestaan nie? Dit is tussen 16 Julie 1789 en Oktober 1790 deur Pierre-François Palloy afgebreek.

Vandag in die geskiedenis

1 Januarie: Nuwejaarsdag; Kopieregvervaldag.

Euromunte en -note.
Euromunte en -note.

Voorbladbeeld
Oorlogsplakkaat vir die Verenigde Nasies, geskep in 1943 deur die Amerikaanse Kantoor van Oorlogsinformasie.
Vind artikels

Geografie - Geologie
Suid-Afrika  Namibië  Botswana  Eswatini  Lesotho  Mosambiek  Zimbabwe

Afrika  Suider-Afrika  Amerika  Antarktika  Asië  Europa  Oseanië

Rusland  Turkye  Verenigde State van Amerika

Lande  Baaie  Berge  Eilande  Mere  Oseane  Riviere  Woestyne

Geskiedenis
Argeologie  Datums  Kulturele geskiedenis  Oorloë  Religieuse geskiedenis  Rewolusies  Vroeë beskawings  Antieke Egipte

Kultuur
Akteurs  Argitektuur  Dans  Letterkunde  Mitologie  Griekse mitologie  Mode  Museums  Musiek  Rolprente  Taal  Vermaak

Natuur
Bewaringsgebiede  Diere  Plante

Religie
Agnostisisme  Baha'i  Boeddhisme  Christendom  Gnostisisme  Hindoeïsme  Islam  Judaïsme  Mitologie  New Age  Paganisme  Politeïsme  Satanisme  Sikhisme  Zoroastrisme

Samelewing
Besigheid  Ekonomie  Krieket  Politiek  Rugby  Sport  Vlae en wapens  Vervoer

Taal
Kunsmatige taal  Natuurlike taal  Taalfamilies  Skryfstelsels

Tegnologie
Elektronika  Fotografie  Inligtingstegnologie  Klanktegnologie  Voertuigtegnologie

Wetenskap
Biologie  Chemie  Filosofie  Fisika  Natuurwetenskap  Sielkunde  Sosiologie  Sterrekunde  Wiskunde

Artikelindeks  Kategorieboom  Lyste  Hoe soek ek?

Wikipedia in ander tale


Weergawes met meer as 1 000 000 artikels
العربيةمصرىCebuanoDeutschEnglishEspañolFrançaisItaliano日本語NederlandsPolskiPortuguêsРусскийSvenskaУкраїнськаTiếng ViệtWinaray中文
Weergawes met meer as 750 000 artikels
فارسی
Weergawes met meer as 500 000 artikels
НохчийнCatalàČeštinaSuomiMagyarBahasa Indonesia한국어Norsk (bokmål)‬RomânăSrpskohrvatski / српскохрватскиСрпски / srpskiTürkçeТатарча / tatarçaBân-lâm-gú
Weergawes met meer as 250 000 artikels
БеларускаяБългарскиCymraegDanskΕλληνικάEsperantoEestiEuskaraעבריתՀայերենҚазақшаBaso MinangkabauBahasa MelayuSimple EnglishSlovenčinaOʻzbekcha
Weergawes met meer as 100 000 artikels
AfrikaansAsturianuAzərbaycancaتۆرکجهবাংলাBosanskiGalegoहिन्दीHrvatskiქართულიLatinaLietuviųLatviešuMalagasyМакедонскиमराठीမြန်မာဘာသာNorsk (nynorsk)‬OccitanSlovenščinaShqipதமிழ்Тоҷикӣไทยاردو粵語
Weergawes met meer as 50 000 artikels
БашҡортБеларуская (тарашкевіца)BrezhonegکوردیчӑвашлаFryskGaeilgeKreyòl ayisyenÍslenskaBasa JawaKurdî / كوردیКыргызчаLëtzebuergeschLadinlombardമലയാളംPlattdüütschनेपाल भाषाਪੰਜਾਬੀPiemontèisشاہ مکھی پنجابی (Shāhmukhī Pañjābī)Basa SundaKiswahiliŚlůnskiతెలుగుTagalogVèneto

Lys van alle taalweergawes van Wikipedia


Susterprojekte
Commons
Vrye media
Wikiwoordeboek
Vrye woordeboek
Wikinews
Vrye nuusbron
Wikisource
Die vrye biblioteek
Wikibooks
Vrye boeke
Wikiquote
Aanhalings
Wikispecies
Spesie-indeks
Meta-Wiki
Projekkoördinering