Die jaar 1775 was 'n gewone jaar wat volgens die Gregoriaanse kalender op 'n Sondag begin het. Dit was die 75ste jaar van die 18de eeu n.C. Soos ander gewone jare het die jaar 12 maande, 52 weke en 365 dae gehad.
24 April – Pous Pius VI stel Leonardo Antonelli, assessor van die Inkwisisie en Bernardino de' Vecchi, dekaan van die priesters van die Apostoliese Kamer aan as kardinale.
17 Mei – Amerikaanse Rewolusionêre Oorlog: Die Kontinentale Kongres verklaar handel met Kanada onwettig.
29 Mei – Pous Pius VI stel sy oom Giovanni Carlo Bandi, biskop van Imola, aan as kardinaal.
17 Julie – Pous Pius VI stel Francesco Maria Banditi, Theat., aartsbiskop van Benevento en Ignazio Gaetano Boncompagni-Ludovisi, referendaris van die hooftribunaal van die Signatura vir Geregtigheid en Genade aan as kardinale.
13 November – Pous Pius VI stel Juan Tomás de Boxadors y Sureda de San Martín, O.P., generaal van sy orde, aan as kardinaal.
25 Desember – Pous Pius VI publiseer Inscrutabile oor die probleme van sy pontifikaat en Summa Dei oor die afsluiting van die jubileum-jaar.