Tuisblad

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Welkom by Wikipedia,
Woensdag, 4 Oktober 2023
Hier is tans 111 606 artikels in Afrikaans.
Help ons om ’n wêreldklas-ensiklopedie in Afrikaans te skep.
Inleiding  Hulp  Kontak Gebruikersportaal  Voorbladartikels  Kategorieë  Stel ’n vraag

Voorbladartikel
Russiese Ougelowiges in Woodburn, Oregon.

Die Ougelowiges of Ouritualiste (Russies: старове́ры, staroweri; of старообря́дцы, staroobrjadtsi) was lede van die Russies-Ortodokse Kerk wat ná 1666-'67 van die amptelike Kerk afgeskei het uit protes teen die hervormings van patriarg Nikon van 1652 af. Hulle het vasgeklou aan die liturgiese praktyke wat voorheen in die Kerk beoefen is.

Die rede vir die hervormings was dat kerkamptenare agtergekom het daar is verskille tussen die gebruike in die Russiese en Griekse Kerk wat deur die eeue ingesluip het. Die Russiese Kerk was dus nie meer in gemeenskap met die res van die Ortodokse kerke nie. Dit was vir Nikon onaanvaarbaar. Hy het selfs beweer sommige Russiese praktyke grens aan kettery.

Nikon het, met die ondersteuning van tsaar Aleksei, in 1652 ’n sinode saamgestel om Russiese en Griekse liturgiese boeke met mekaar te vergelyk. So 'n taak sou egter jare duur en Nikon het, sonder om verder te wag, opdrag gegee vir die druk van nuwe weergawes van die Russiese psalm- en misboek. Die nuwe weergawes het dikwels gebruikte woorde en tekens in die liturgie verander. Verder het die manier waarop Nikon die veranderings deurgedwing het, baie lede van die Kerk ontstig.

Die haastig gedrukte nuwe weergawes het ongerymdhede bevat en moes herhaardelik herdruk word in 'n poging om dit reg te stel. Van die belangrikste veranderings waarteen die Ougelowiges was, is: die spelling van Jesus se naam, veranderings in die bewoording van die geloofsbelydenis en die maak van die kruisteken met twee vingers tot drie vingers.

Nadat hulle weerstand gebied het teen die Kerk se hervormings is die banvloek in 'n sinodebesluit oor hulle en hulle rituele uitgespreek. Dit het 'n skeuring veroorsaak tussen die Ougelowiges en dié wat die staatskerk se hervormings aanvaar en die ou rituele verwerp het. Baie Ougelowiges is geëkskommunikeer en verban, en sommige is selfs tronk toe gestuur of tereggestel.

Ná 1685 het 'n tydperk van vervolging begin. Baie Ougelowiges het uit Rusland gevlug en hulle denominasies kan vandag in baie afgeleë streke van Rusland en oorsee gevind geword. Daar is tans twee hoofgroepe, die popoftsi (поповцы, "met priesters") en die bespopoftsi (беспоповцы, "sonder priesters").

...lees verder

In die nuus
Die Webb Ellis-beker waarom meegeding word
Die Webb Ellis-beker waarom meegeding word

Het u geweet...

...dat Julius Richard Petri die eerste mikrobioloog was wat 'n moderne stelsel daargestel het om bakterieë te kweek met die ontdekking van die petribakkie?

...dat die eerste fiets, wat in 1817 vervaardig is, nie pedale gehad het nie? Pedale is in 1865 bygevoeg, maar die fietse self is toe nog uit hout vervaardig.

...dat water nie altyd by 100° Celsius kook nie? Hoe hoër bo seevlak 'n persoon is, hoe laer die kookpunt.

...dat Indië die land is wat die meeste rolprente vervaardig? Die Indiese rolprentbedryf, waaronder ook Bollywood, vervaardig jaarliks 'n gemiddelde 800 rolprente, twee keer soveel as Hollywood.

...dat slegs een van die oorspronklike Sewe Wonders steeds bestaan? Buiten die Groot Piramide van Giza het almal vergaan.

Vandag in die geskiedenis

4 Oktober

Tupolew Tu-144
Tupolew Tu-144

Voorbladbeeld
'n Geskiedkundige kaart van Antarktika in 1912.
Vind artikels

Geografie - Geologie
Suid-Afrika  Namibië  Botswana  Eswatini  Lesotho  Mosambiek  Zimbabwe

Afrika  Suider-Afrika  Amerika  Antarktika  Asië  Europa  Oseanië

Rusland  Turkye  Verenigde State van Amerika

Lande  Baaie  Berge  Eilande  Mere  Oseane  Riviere  Woestyne

Geskiedenis
Argeologie  Datums  Kulturele geskiedenis  Oorloë  Religieuse geskiedenis  Rewolusies  Vroeë beskawings  Antieke Egipte

Kultuur
Akteurs  Argitektuur  Dans  Letterkunde  Mitologie  Griekse mitologie  Mode  Museums  Musiek  Rolprente  Taal  Vermaak

Natuur
Bewaringsgebiede  Diere  Plante

Religie
Agnostisisme  Baha'i  Boeddhisme  Christendom  Gnostisisme  Hindoeïsme  Islam  Judaïsme  Mitologie  New Age  Paganisme  Politeïsme  Satanisme  Sikhisme  Zoroastrisme

Samelewing
Besigheid  Ekonomie  Krieket  Politiek  Rugby  Sport  Vlae en wapens  Vervoer

Taal
Kunsmatige taal  Natuurlike taal  Taalfamilies  Skryfstelsels

Tegnologie
Elektronika  Fotografie  Inligtingstegnologie  Klanktegnologie  Voertuigtegnologie

Wetenskap
Biologie  Chemie  Filosofie  Fisika  Natuurwetenskap  Sielkunde  Sosiologie  Sterrekunde  Wiskunde

Artikelindeks  Kategorieboom  Lyste  Hoe soek ek?

Wikipedia in ander tale


Weergawes met meer as 1 000 000 artikels
العربيةمصرىCebuanoDeutschEnglishEspañolFrançaisItaliano日本語NederlandsPolskiPortuguêsРусскийSvenskaУкраїнськаTiếng ViệtWinaray中文
Weergawes met meer as 750 000 artikels
فارسی
Weergawes met meer as 500 000 artikels
НохчийнCatalàČeštinaSuomiMagyarBahasa Indonesia한국어Norsk (bokmål)‬RomânăSrpskohrvatski / српскохрватскиСрпски / srpskiTürkçeТатарча / tatarçaBân-lâm-gú
Weergawes met meer as 250 000 artikels
БеларускаяБългарскиCymraegDanskΕλληνικάEsperantoEestiEuskaraעבריתՀայերենҚазақшаBaso MinangkabauBahasa MelayuSimple EnglishSlovenčinaOʻzbekcha
Weergawes met meer as 100 000 artikels
AfrikaansAsturianuAzərbaycancaتۆرکجهবাংলাBosanskiGalegoहिन्दीHrvatskiქართულიLatinaLietuviųLatviešuMalagasyМакедонскиमराठीမြန်မာဘာသာNorsk (nynorsk)‬OccitanSlovenščinaShqipதமிழ்Тоҷикӣไทยاردو粵語
Weergawes met meer as 50 000 artikels
БашҡортБеларуская (тарашкевіца)BrezhonegکوردیчӑвашлаFryskGaeilgeKreyòl ayisyenÍslenskaBasa JawaKurdî / كوردیКыргызчаLëtzebuergeschLadinlombardമലയാളംPlattdüütschनेपाल भाषाਪੰਜਾਬੀPiemontèisشاہ مکھی پنجابی (Shāhmukhī Pañjābī)Basa SundaKiswahiliŚlůnskiతెలుగుTagalogVèneto

Lys van alle taalweergawes van Wikipedia


Susterprojekte
Commons
Vrye media
Wikiwoordeboek
Vrye woordeboek
Wikinews
Vrye nuusbron
Wikisource
Die vrye biblioteek
Wikibooks
Vrye boeke
Wikiquote
Aanhalings
Wikispecies
Spesie-indeks
Meta-Wiki
Projekkoördinering