Wikipedia:Geselshoekie

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie


Dis langnaweek! Kom ry die perde by die asemrowende Golden Gate Nasionale Park in die Oos-Vrystaat!
Sien ook:
Verdere hulp:

Vir volledige hulp, riglyne en beleid (algemeen en spesifiek), raadpleeg gerus die

Argief
04-06 2007 2008
2009 2010 2011
2012 2013 2014
2015 2016 2017
2018 2019 2020
2020.2 2021 2022
2023
Hoe word 'n argief aangelê?

Welkom by die Afrikaanse Wikipedia se algemene geselshoekie. Enigiemand is welkom om deel te neem aan die besprekings hier: onderteken asseblief u besprekings deur ~~~~ te tik, of die "Handtekening met datum"-ikoon (Handtekening met datum) te kies op die redigeringskieslys.

Ou besprekings word na die argief geskuif (sien die navigasiekas regs). As u 'n gesprek wil voortsit wat reeds in die argief is, word aanbeveel dat u die betrokke dele uitknip en hier plak.

Hierdie blad is vir algemene besprekings, besprekings omtrent 'n spesifieke artikel kan op daardie artikel se besprekingsblad begin word; sodoende kan dit ook deur toekomstige bydraers en redigeerders gelees word.

Vir die jongste nuus van WikimediaZA, besoek gerus ons Facebook bladsy, word lid van die Afrikaanse poslys of besoek ons Tuisblad in Afrikaans

Krieket[wysig bron]

As hier nou nog EEN krieketartikel op die voorblad kom, verlaat ek hierdie Wikipedia. ~ Burgert (kontak) 08:09, 4 September 2023 (UTC)Beantwoord[antwoord]

Gelukkig sien ek die pad vorentoe is skoon! Enige kans dat jy iets oor Romulus Augustus kan skep, 'n rooi skakel op op Tuisblad vandag. Groete! Oesjaar (kontak) 08:14, 4 September 2023 (UTC)Beantwoord[antwoord]
Hi Burgert, ek het Emirate krieketspan probeer afkeur, sonder sukses! Sien Gebruikerbespreking:Aliwal2012#"Mislukte_kandidatuur"  Aliwal2012 09:34, 4 September 2023 (UTC)Beantwoord[antwoord]
Ek het gesien, dankie. Ons kyk maar wat vorentoe gebeur. ~ Burgert (kontak) 09:37, 4 September 2023 (UTC)Beantwoord[antwoord]

Essen[wysig bron]

Daar is 'n stad met hierdie naam in Duitsland, maar ook 'n dorp in België amper op die grens met Nederland. Ek het 'n dubbelsinnigheidsbladsy geskep en Hubert Lampo na die Belgiese dorp laat verwys. Maar Francis Notenboom is 'n probleem. Hy sal dalk ook van die Belgiese dorp kom, maar die databoks maak daar Duitsland van. Weet iemand hoe om dit te wysig? Jcwf (kontak) 17:04, 10 September 2023 (UTC)Beantwoord[antwoord]

@Jcwf die data is afkomstig van Wikidata. 'n Mens kan dit daar wysig indien dit daadwerklik verkeerd is. – K175 (skil 'n appeltjie) 17:12, 10 September 2023 (UTC)Beantwoord[antwoord]
Die fout het van en.wiki gekom. Ek het dit daar reggemaak, maar ek weet nie of dit genoeg is nie. Wikidata verwys na en.wiki, maar ek weet nie hoe dit werk nie Jcwf (kontak) 18:30, 10 September 2023 (UTC)Beantwoord[antwoord]
@Jcwf Ek dink ek het dit nou reggemaak. – K175 (skil 'n appeltjie) 18:46, 10 September 2023 (UTC)Beantwoord[antwoord]

Gemeenskap, in die subhoofstuk oor luike praat hulle van "The unified crew hatch (UCH) measured..." Wat sal die woord unified beteken? My grys stof sukkel met die een. Groete! Oesjaar (kontak) 20:17, 11 September 2023 (UTC)Beantwoord[antwoord]

Dit sal dalk verwys na die meganisme wat 15 afsluitings saam bedien het, maar en.wiki is nie duidelik daaroor nie. Ek dink dat 'n mens dit net as 'n naam kan behandel. "Die UCH (unified crew hatch) is bla bla." As jy werklik wil weet het NASA daaroor dalk meer inligtings, maar is dit nodig vir hierdie bladsy? Jcwf (kontak) 20:50, 11 September 2023 (UTC)Beantwoord[antwoord]
Los uit. ~ Burgert (kontak) 18:59, 12 September 2023 (UTC)Beantwoord[antwoord]

Oesjaar buite aksie...[wysig bron]

Ek vlieg môre na die DRK vir besigheid, sien julle eers weer op 23 Sep. Ek weet nie hoe lyk die Wi-Fi daar in die hotelle nie. Groete! Oesjaar (kontak) 20:15, 12 September 2023 (UTC)Beantwoord[antwoord]

Bon voyage et bonne chance là. Jcwf (kontak) 20:42, 12 September 2023 (UTC)Beantwoord[antwoord]
Groete uit Kolwezi!
Ek is terug. Om deur enige stad in die DRK te ry is nagmerrie op sigself. Sjoe! Ek het 'n paar gebede opgesê! Groete! Oesjaar (kontak) 17:37, 22 September 2023 (UTC)Beantwoord[antwoord]
Welkom terug in die States Oesjaar! Bly jy is veilig. -- Aliwal2012 08:03, 24 September 2023 (UTC)Beantwoord[antwoord]

Radiopraatjies as bronne[wysig bron]

Ek sien Gebruiker:AFM plaas nou radiopraatjies as bronne by 'n klomp artikels. Dit is nie 'n aanvaarbare bron nie vir die eenvoudige rede dat dit nie nagegeaan kan word nie - wat enige gebruiker se reg is. Ek vra dat hy hierdie praktyk staak. Groete! Oesjaar (kontak) 19:14, 16 September 2023 (UTC)Beantwoord[antwoord]

Ek stem saam. Dit is nie 'n bron nie, tensy daar 'n opname is waarna ons kan luister. - Rooiratel (kontak) 01:54, 17 September 2023 (UTC)Beantwoord[antwoord]

Afrikaanse Wikipedia: die pad vorentoe...[wysig bron]

Gemeenskap, ek is nou al amper tien jaar betrokke op die WikimediaZA Raad as 'n Direkteur. WikimediaZA is 'n geregistreerde Niewinsgewende Organisasie (NWO), dus 'n regspersoon. Daar is agt Direkteure volgens die grondwet op die raad. Ek het van die begin af verantwoordelikheid aanvaar vir die Afrikaanse Wikipedia as Direkteur. Nou na tien jaar se ondervinding dink ek is dit tyd dat ons wegstap van WikimediaZA en die Afrikaanse Wikipedia as 'n onafhanklike NWO registreer. Daar is baie redes daarvoor.

Ek wil graag met soveel as moontlik gebruikers praat tydens 'n videokonferensie oor die situasie, watter datum sal julle pas: Woens 27 September of 6 Oktober? Vanaf 19:00 tot 20:00. Om julle details te privaat te hou, stuur asb jou epos adres na afrikaansewikipedia@gmail.com. Gebruiker:Taalfoendi gaan my help om die video konferensie te reël en sê ook watter datum julle pas.

Maryana Iskander het belowe om my te sien volgende maand... Kom ons kyk. Groete uit Kolwezi! Oesjaar (kontak) 07:00, 21 September 2023 (UTC)Beantwoord[antwoord]
Persoonlik dink ek nie dit is 'n goeie idee nie, maar ek sal graag die vergadering bywoon. Kan jy dalk nou die probleme lys sodat ons intussen aan oplossings kan dink? - Rooiratel (kontak) 09:21, 21 September 2023 (UTC)Beantwoord[antwoord]
Jy sal ongelukkig moet wag, ek is nie bereid om my hier bloot te stel nie. Oesjaar (kontak) 10:07, 21 September 2023 (UTC)Beantwoord[antwoord]
Kan ek vra dat almal wat graag die konferensie wil bywoon net teen 25 September laat weet watter datum hul beter sal pas? Dis maar net om administrasie te vergemaklik.
Baie dankie Taalfoendi (kontak) 11:32, 21 September 2023 (UTC)Beantwoord[antwoord]
Afrikaans word nie net in Suid-Afrika gepraat nie en van ons bydraers woon ook buite Suid-Afrika. Dit maak vir my sin dat die NWO agter die Afrikaanse Wikipedia apart van WikimediaZA kan funksioneer. – K175 (skil 'n appeltjie) 14:46, 21 September 2023 (UTC)Beantwoord[antwoord]
WikimediaZA Raad het geen gesag hier nie, en Oesjaar jy weet dit. Dit was hulle voorstel al 5+ jaar terug gewees. Dumbassman (kontak) 14:55, 21 September 2023 (UTC)Beantwoord[antwoord]
Wil jy nie miskien daarna kyk om 'n Afrikaanse Wikimedia User Group te stig nie? Jy kan dan nog steeds befondsing van die Wikimedia Foundation kry en spesifiek fokus om alle relevante Afrikaanse Wikimedia projekte soos dié Wikipedia, die Afrikaanse Wikibooks asook die Afrikaanse Wikiquote te bevorder. Groete, Lefcentreright (kontak) 13:16, 22 September 2023 (UTC)Beantwoord[antwoord]

Gesprek met Esmarie op PretoriaFM 5 September[wysig bron]

Ek plaas graag namens @Oesjaar die volgende radiogesprek: https://soundcloud.com/user-422783212/bylaag-afrikaanse-wiki Taalfoendi (kontak) 11:36, 21 September 2023 (UTC)Beantwoord[antwoord]

Afrikaans 100-jaar fees in 2025[wysig bron]

Gemeenskap, so 'n bietjie nuus: die projekbestuurder wat aangestel om die fees te reël is Giep van Zyl en sy luitenant is Rene Arendse. Groete! Oesjaar (kontak) 17:10, 21 September 2023 (UTC)Beantwoord[antwoord]

En ons gaan deel daarvan wees! Al moet ek ook nou die duiwel aanvat! Groete! Oesjaar (kontak) 17:20, 21 September 2023 (UTC)Beantwoord[antwoord]
Gemeenskap, die een taak wat ons kan verrig as ons bydrae vir die Afrikaans 100-jaarfees is om seker te maak dat alle artikels van die Ensiklopedie van Suidelike Afrika hier op ons Wikipedia geskep is. Daar is al reeds 'n klomp gedoen deur myself, tewens dit was nog een van my doelwitte, maar nou ja... Die boek is reeds meer as 50 jaar oud, gedruk in 1967 en kopiereg dinge is nie meer 'n kwessie nie. So kan ons dit bewaar vir die nageslag. Groete! Oesjaar (kontak) 17:46, 22 September 2023 (UTC)Beantwoord[antwoord]
Uit die artikel Genootskap van Regte Afrikaners word verwys na Gideon Malherbe. Het enige iemand bronne oor die man? Daar is niks in die Ensiklopedie van Suidelike Afrika nie. Groete! Oesjaar (kontak) 18:19, 22 September 2023 (UTC)Beantwoord[antwoord]
'n Vlugtige internetsoektog dui aan dat die Genootskap in sy huis gestig is en dat Di Patriot in sy huis gedruk is, maar dat hy nie vir enigietsanders juis bekend is nie. Die interne skakel na sy naam mag moontlik maar verwyder word. – K175 (skil 'n appeltjie) 12:57, 23 September 2023 (UTC)Beantwoord[antwoord]

Ontkiemingskompetisie[wysig bron]

Hallo gemeenskap, wanneer is die volgende ontkiemingskompetisie? Ek neem graag deel. Kan ook help met reëlings esv. – K175 (skil 'n appeltjie) 11:32, 23 September 2023 (UTC)Beantwoord[antwoord]

Dit is gewoonlik Nov, Des Jan... Dankie vir die hulpaanbod! Tans hou skole kompetisie my besig. Groete! Oesjaar (kontak) 11:52, 23 September 2023 (UTC)Beantwoord[antwoord]

Minerale, chemiese verbindings en die wikidata-baas[wysig bron]

Minerale en chemiese stowwe is dikwels verwant maar tog effens anders. Bv. kalsiet is kalsiumkarbonaat maar kalsiumkarbonaat kan ook aragoniet wees in plaas van kalsiet. En chemiese stowwe het dikwels 'n hoë suiwerheid, terwyl minerale meestal mengkristalle is. Jy kan ook baie verbindings in die lab maak wat jy nooit in die natuur sal aantref nie en omgekeer, jy vind minerale wat diep in die aarde onder hoë druk en temperature eeue lank die geleentheid gehad het om te kristalliseer of fases wat net bestaan omdat hulle onsuiwer mengkristalle is. Dit is soms selfs moeilik om in die lab na te maak.

En dan is hulle natuurlik onderwerpe van twee verskillende wetenskappe: chemie en geologie. 'n Leser verwag chemiese inligtings oor die reaktiwiteit of die gebruik op die een, en inligting oor die geologiese sake soos waar en hoe dit gevind word en watter onsuiwerhede dit gewoonlik het op die ander een. Ek het daarom eintlik altyd twee aparte bladsye gehandhaaf.

Maar soms lei dit tot wikidata-probleme. Bv. ek het nou probeer om die bladsy kadmiumkarbonaat aan wikidata te skakel. En.wiki het dit egter as 'n aanstuur (redirect) na otavite en die meeste ander wiki's ken dit ook net onder die mineraalnaam. Dit word 'n probleem as ek nog 'n artikel otaviet wil skep. Natuurlik kan jy sê: is daar genoeg kennis om twee aparte bladsye te regvaardig. Die antwoord is moontlik nee. Maar dit is wel nee, in hierdie geval.

Wat vind die gemeenskap? Jcwf (kontak) 02:27, 24 September 2023 (UTC)Beantwoord[antwoord]

Ons vind jou interessant prof Jaap!! Dankie vir jou werk hier, ons het die kennis broodnodig!  Aliwal2012 07:47, 24 September 2023 (UTC)Beantwoord[antwoord]
Prof Jaap, dankie vir jou werk hier, al slaan die Nederlands so dan en wan deur! Wat my betref is jou kennis oor die onderwerp by verre meer as myne, doen wat jy goeddink! Gebruiker:Rooiratel, enige idee...? Groete! Oesjaar (kontak) 17:01, 24 September 2023 (UTC)Beantwoord[antwoord]
Hallo @Jcwf, ek het ook soms met dieselfde probleem gesukkel, maar oor ander onderwerpe. enwiki is die grootste, so die kans dat hulle reeds 'n onderwerp gedek het is baie groot, maar nie altyd nie. Byvoorbeeld met die spesie bladsye is daar 'n groter kans dat cebwiki of viwiki 'n bladsy het oor dieselfde spesie, en dan is dit gekoppel aan 'n wikidata item wat ons kan gebruik. Partykeer skep iemand 'n bladsy wat ensiklopedies baie interessant is, maar wat niemand anders nog in 'n ander taal geskep het nie. Seldsaam is daar reeds 'n wikidata item daarvoor, maar baie keer moet ons die wikidata item self skep, en aan die bladsy skakel.
En nou oor jou spesifieke probleem: twee baie nou verwante onderwerpe, wat nie eintlik dieselfde is nie. Met sommige onderwerpe is enwiki eindelik agter die ander tale. Soms sal een taal eintlik 'n baanbreker in 'n sekere onderwerp wees. In daai gevalle moet 'n nuwe wikidata item geskep word.
Hier is my proses wanneer ek bladsye aan wikidata koppel:
  1. Probeer die ooglopende enwiki-ekwivalent. As dit bestaan, lees die inleiding vinnig om te bevestig dat dit presies dieselfde onderwerp is, en dan skakel ek hulle aan mekaar.
  2. As daar nie 'n ooglopende enwiki-ekwivalent is nie, dan soek ek in wikidata self vir 'n item wat die onderwerp dek.
    1. As dit bestaan, en daar is reeds taalskakels, lees ek die inleiding van die taal wat ek die maklikste kan verstaan/"Google Translate", en bevestig dat dit dieselfde onderwerp is. Dan skakel ek die items.
    2. As dit bestaan, en daar is geen taalskakels, dan lees ek al die item se eienskappe/bronne ens. en as dit lyk asof dit dieselfde onderwerp is, dan skakel ek die bladsy daaraan.
  3. As daar geen wikidata item oor die onderwerp is nie, dan skep ek dit self en skakel die bladsy daaraan.
Dit is ook moontlik, maar baie ongewoon, dat daar nie 'n wikidata item is nie, maar dat daar 'n ekwivalente bladsy bestaan in 'n ander taal. Dit is te veel moeite vir my om op te spoor, en as ek #3 doen, dan sal iemand in elk geval uiteindelik die ander taal se bladsy koppel.
Dit klink eenvoudiger as wat dit is. En mens moet in die meeste gevalle tyd spandeer om die wikidata item mooi uit te dink.
Dit is maar wat dit is. As julle ooit met wikidata vashaak, is julle altyd welkom om 'n boodskap aan my te stuur. Ek sal altyd my bes probeer om dit op te los. Ek dink daar was net een keer wat ek dit toe nie kon doen nie. - Rooiratel (kontak) 19:55, 24 September 2023 (UTC)Beantwoord[antwoord]
Dankie Rooiratel
Ek dink ek gaan 'n mineraalbladsy otaviet skep op basis van wat mindat daaroor sê ~ en dit koppel. Miskien kan jy my daarna help om die kadmiumkarbonaatskakel op wikidata te skep? Ek is daar nie goed tuis nie en ek wil nie dit opmors nie. Jcwf (kontak) 20:03, 24 September 2023 (UTC)Beantwoord[antwoord]
Geen probleem. Kadmiumkarbonaat het toe reeds op wikidata bestaan. Daar is 'n klomp taal skakels, maar nie 'n enwiki een nie. Sien : https://www.wikidata.org/wiki/Q1025288. Ek het nou kadmiumkarbonaat daaraan gekoppel. En ek sien daar bestaan 'n wikidata item vir Otaviet : https://www.wikidata.org/wiki/Q204498, en dit skakel aan die enwiki bladsy vir Otavite. Jy kan Otaviet daaraan koppel wanneer jy dit klaar geskep het. - Rooiratel (kontak) 20:07, 24 September 2023 (UTC)Beantwoord[antwoord]
Baie dankie, Rooiratel. Jcwf (kontak) 20:58, 24 September 2023 (UTC)Beantwoord[antwoord]

Gebruiker:Sobaka[wysig bron]

Gemeenskap, ons sê sterkte aan Gebruiker:Sobaka wat Donderdag middag 'n aanbieding doen op die SAAWK se Algemene Simposium. Sy tema is KI. Groete! Oesjaar (kontak) 19:05, 24 September 2023 (UTC)Beantwoord[antwoord]

Komende veranderinge m.b.t. IP-adres gebruikers[wysig bron]

Hallo almal, lees asseblief hier. En verbeter my vrot vertaling as julle kans kry. - Rooiratel (kontak) 19:19, 25 September 2023 (UTC)Beantwoord[antwoord]

Ek het na die video gekyk en hou van wat ek hoor! Rooiratel, jy is welkom om namens ons daar te registreer! Ek weet die een probleem wat Wiki Internasionaal het is dat die Gedragskode nie van toepassing is op IP-adresgebruikers nie. Groete! Oesjaar (kontak) 19:46, 25 September 2023 (UTC)Beantwoord[antwoord]

Sonkrag[wysig bron]

Die bladsy sonkrag was 'n taamlik agterhaalde saadjie. Dit het nogtans gemiddeld 13 bladtrekke per dag gekry, maar dit wissel sterk. Dit kom veral uit skole dink ek. Sedert 4 Julie tot nou was daar 48 bladtrekke per dag. Ek het dit 'n bietjie uitgebrei en aktueler gemaak, insluitend wat verwysings en 'n koppie oor Namibië.

Daar sou ook oor Suid-Afrika gepraat kan/moet word, maar ek weet dat dit vanweë Mantashe en Eskom 'n taamlik politieke saak is. Ek vind dat dit beter deur 'n Suid-Afrikaner geskryf kan word as deur 'n kaaskoppie. (skuus) Jcwf (kontak) 04:05, 26 September 2023 (UTC)Beantwoord[antwoord]

Afrikaanse Wikipedia - die pad vorentoe[wysig bron]

Goeie middag almal

Ek plaas hierdie boodskap namens @Oesjaar aangaande die videokonferensie oor die toekoms van die Afrikaanse Wikipedia. Dit blyk asof die meeste van julle ingestem het vir 6 Oktober, maar ongelukkig is hierdie datum nie meer beskikbaar nie en 11 Oktober is voorgestel. Indien iemand hierdie sessie wil bywoon, stuur asseblief 'n e-pos aan afrikaansewikipedia@gmail.com.

Groete! Taalfoendi (kontak) 13:28, 26 September 2023 (UTC)Beantwoord[antwoord]

Tydelike rekeninge vir ongeregistreerde redakteurs[wysig bron]

Lees dit in jou taalHelp met die vertaal na uw taal • Vertel asseblief ander gebruikers van hierdie veranderinge

Mock up van geskiedenisbladsy wat ou en nuwe gebruikernaamstyle wys. Die IP-adres 172.0.0.1 verander na die tydelike rekening ~2024-23126-086, met 'n ikoon om die onderliggende IP-adres te wys
Volgende jaar sal ongeregistreerde redakteurs begin met die gebruik van tydelike rekeninge.

In 2024 sal redakteurs wat nie 'n rekening geregistreer het nie, outomaties begin met die gebruik van 'n tydelike rekening. Die redakteurs word soms "IP-adres gebruikers" genoem omdat die IP-adres in die bladsygeskiedenis vertoon word.

Die Vertroue- en Veiligheidsprodukspan het 'n aanbieding by Wikimania oor hierdie verandering gedoen. Jy kan dit op YouTube kyk.

Daar is meer inligting by m:IP-redigering: Privaatheidverbetering en misbruikversagting. SGrabarczuk (WMF) (kontak) 02:20, 30 September 2023 (UTC)Beantwoord[antwoord]

"Luiperdbewaring in die Kaapprovinsie"-inligtingsboekie uit circa 1986 - mag ek dit oplaai of nie?[wysig bron]

Mense, ek het nou die hele oggend die boekie se feite opgesom - maar ek sit nou tussen die kruim en die kors.

Die boekie is duidelik een van daardie soort wat jy vir boere uitdeel, soos mens Vigsboekies onder tieners in die 2000's uitgedeel het (ék was daar).

Die doel is om mense/boere van die luiperdbewaring bewus te maak.

Nou, die ouens wat die boekie gedruk, gekram en uitgereik het, is die "Hoofdirektoraat Natuur- en Omgewingsbewaring K.P.A.". Hierdie liggaam bestaan nie meer nie, want die Kaapprovinsie het opgelos in drie provinsies, naamlik Noord-, Wes- en Oos-Kaap.

Nêrens word 'n kopiereg vermeld nie. Nêrens is daar sprake van enigiemand wat uit die boekie wins kon maak nie. Al wat daar staan:

Die doel van dié publikasie is om die publiek in te lig oor die navorsing wat oor die luiperd gedoen is, en om die beleid ten opsigte van luiperdbewaring te verduidelik.

In hierdie gees kan ek nie insien waarom mens dit nié mag oplaai nie. Hierdie boekie is 'n enorme legkaartstukkie. En ek voel die publiek is daarop geregtig.

Indien wel, kan ons dit onder CC 2.0 oplaai? Suidpunt (kontak) 10:22, 30 September 2023 (UTC)Beantwoord[antwoord]

Ek's nie 'n prokureur nie, maar ek is redelik seker die eenvoudige antwoord is "nee". Geen kopiereginligting beteken "alle regte voorbehou". Dit mag dalk wees dat niemand ons gaan dagvaar nie, maar ek dink dis beter om 100% skoon te bly en dit eerder as bron en/of inspirasie te gebruik. --Alias (kontak) 10:47, 30 September 2023 (UTC)Beantwoord[antwoord]
Kopiereg word outomaties op enige werk toegepas, ongeag of dit verklaar word. Jy mag nie wetlik iemand anders se werk herlisensieer nie.
Maar aangesien hulle nie meer bestaan nie, weet ek nie hoe dit enigiets raak nie, m.b.t wie die wetlike eienaar nou is nie. - Rooiratel (kontak) 07:11, 2 Oktober 2023 (UTC)Beantwoord[antwoord]

Julianus[wysig bron]

Skuus @Burgert Behr:, @Rooiratel: Ek het 'n rooi skakel op die Lys van Romeinse keisers probeer blou maak deur 'n artikel Julianus Apostata te skryf, maar ek het nie gesien dat daar reeds Julianus was nie. Ek het dit nou versmelt. Daar bly egter 'n probleempie: Daar is twee keisers met hierdie naam. Romeinse keisers, nie Bisantynse nie. 'Apostata' is eintlik Julianus II. Die eerste was 'n usurpator 284-285. Jcwf (kontak) 00:08, 3 Oktober 2023 (UTC)Beantwoord[antwoord]

Hallo @Jcwf ek sien jy het die twee versmelt. Dankie. Moenie daaroor bekommer nie, dit gebeur maar van tyd tot tyd. Titles kan maar moeilik wees. Iemand anders sal moet help met die dubbelsinnigheid van die twee Julianus Keisers. - Rooiratel (kontak) 07:20, 3 Oktober 2023 (UTC)Beantwoord[antwoord]
@Jcwf Kan 'n mens die usurpator se naam net van die lys verwyder? Ek sien die Engelse lys het hom nie. ~ Burgert (kontak) 11:26, 3 Oktober 2023 (UTC)Beantwoord[antwoord]

Afrikaanse Wikipedia - Die pad vorentoe[wysig bron]

Goeie môre Wikipediane

Ek wil almal net weer herinner aan die videokonferensie aangaande die toekoms van die Afrikaanse Wikipedia wat op 11 Oktober plaasvind. Indien u die aanlynsessie wil bywoon, stuur asseblief 'n e-pos aan afrikaansewikipedia@gmail.com vóór 10 Oktober.

Vriendelike groete

Taalfoendi (kontak) 08:29, 3 Oktober 2023 (UTC)Beantwoord[antwoord]

Grootrivier[wysig bron]

Ons artikel vir Grootrivier (Tuinroete) was met die verkeerde Grootrivier op ander wikipedias geskakel, en dus ook by die verkeerde wikidata-item, en die commonsfoto's was deurmekaar. Die verskillende Grootriviere is nou op Commons en wikidata uitgesorteer. Daar is Grootrivier/Oranje/Gariep, Grootrivier (Gourits), Grootrivier (Tuinroete/Nature's Valley/Tsitsikamma), Grootrivier (Oos-Kaap/Gamtoos) en Grootrivier (Cederberg). Vir die laaste twee kort ons terloops nog artikels. JMK (kontak) 09:19, 3 Oktober 2023 (UTC)Beantwoord[antwoord]