Tuisblad
Welkom by Wikipedia,
die vrye ensiklopedie wat deur enigiemand verbeter en uitgebrei kan word.
|
|
Help ons om ’n wêreldklas-ensiklopedie in Afrikaans te skep. | |
Inleiding • Hulp • Kontak | Gebruikersportaal • Voorbladartikels • Kategorieë • Stel ’n vraag |
Voorbladartikel
’n Tatoeëermerk of tatoe is ’n vorm van liggaamsmodifisering waar ’n naald gebruik word om ink onder die opperhuid aan te bring om die vel se pigment te verander. Tatoekunstenaars bring inkontwerpe aan deur middel van verskeie metodes en tegnieke, soos tradisionele metodes waar die prieminstrument met 'n hamertjie gekap word en moderne tatoes wat met masjiene aangebring word. Tatoeëring word al duisende jare lank deur baie kulture oor die wêreld heen beoefen, en die simboliek en impak daarvan verskil grootliks van plek tot plek en kultuur tot kultuur. Die term kom waarskynlik van die Polinesiese woord tatau, wat streep of vlek beteken, en is deur matrose na Europa gebring. Van daar het dit moontlik na die res van die wêreld versprei. Tatoes kan dekoratief wees (met geen spesifieke betekenis nie), simbolies (met 'n persoonlike betekenis vir die draer), of beeldend ('n beeld van 'n spesifieke persoon of voorwerp). Baie tatoes word in deurgangsrites gebruik, om status en rang aan te dui, as simbole vir godsdienstige en spirituele toewyding, merke van liefde of dapperheid, armbande en talismans, beskerming of as strafmaatreël, soos vir uitgeworpenes, slawe of gevangenes. Uitgebreide kosmetiese tatoeëring word ook deur baie vroue laat aanbring. Die tatoekuns bestaan al minstens sedert die lewe van die eerste bekende gatatoeëerde mens, Ötzi, sowat 3330 v.C., en tog het die mening van gemeenskappe oor tatoes deur die eeue gewissel. In die 20ste eeu is tatoes oor feitlik die hele wêreld verbind met 'n sekere soort "rowwe" lewenstyl, veral van matrose en gevangenes. Vandag kies mense om verskeie redes om getatoeëer te word: kunstig, kosmeties, sentimenteel, godsdienstig en spiritueel, of om hulle identifisering met sekere groepe (insluitende etniese en misdadigergroepe) te toon. Tatoes kan wys hoe iemand oor 'n familielid (gewoonlik 'n ouer of kind) of oor 'n onverwante persoon voel.
In die nuus
Het u geweet...
...dat 'n mens se are blou lyk omdat die bloed daarin geen suurstof bevat nie? Are vervoer naamlik die bloed waarvan die suurstof reeds aan die verskillende liggaamselle afgelewer is. ... dat 'n eland tot 1 000 kilogram kan weeg? Dit maak die eland die grootste van die boksoorte, alhoewel hy, nes die buffel, tot die subfamilie "beesagtiges" behoort. ...dat die voormalige dorp Darlington oorstroom is toe die Darlingtondam in die 1920's in die Sondagsrivier gebou is? Dit word nou deur die dam bedek. ... dat Helsinki, die hoofstad van Finland, tot teen die einde van die 19de eeu 'n oorwegend Sweedstalige stad was? Vandag is Helsinki 'n tweetalige stad en praat 6,2% van sy inwoners Sweeds en 88% Fins. ... dat die Indiese politikus Mahatma Gandhi vir 'n lang tydperk as 'n advokaat in Durban gewerk het? Hy was tussen 1893 en 1915 in Suid-Afrika woonagtig. Hier het hy die Natalse Indiese Kongres gestig, wat later met die ANC sou saamsmelt.
Vandag in die geskiedenis
17 Julie: Grondwetdag in Suid-Korea (1948)
|
Vind artikels
| |
Geografie - Geologie Afrika • Suider-Afrika • Amerika • Antarktika • Asië • Europa • Oseanië Rusland • Turkye • Verenigde State van Amerika Lande • Baaie • Berge • Eilande • Mere • Oseane • Riviere • Woestyne | ||
Geskiedenis | ||
Kultuur | ||
Religie | ||
Samelewing | ||
Taal | ||
Tegnologie | ||
Wetenskap | ||
Wikipedia in ander tale
| ||
Weergawes met meer as 1 000 000 artikels العربية • مصرى • Cebuano • Deutsch • English • Español • فارسی • Français • Italiano • 日本語 • Nederlands • Polski • Português • Русский • Svenska • Українська • Tiếng Việt • Winaray • 中文 | ||
Weergawes met meer as 750 000 artikels Català | ||
Weergawes met meer as 500 000 artikels تۆرکجه • Нохчийн • Čeština • Suomi • Magyar • Bahasa Indonesia • 한국어 • Norsk (bokmål) • Română • Srpskohrvatski / српскохрватски • Српски / srpski • Türkçe • Татарча / tatarça • Bân-lâm-gú | ||
Weergawes met meer as 250 000 artikels Беларуская • Български • Cymraeg • Dansk • Ελληνικά • Esperanto • Eesti • Euskara • עברית • Հայերեն • Қазақша • Baso Minangkabau • Bahasa Melayu • Simple English • Slovenčina • Oʻzbekcha | ||
Weergawes met meer as 100 000 artikels Afrikaans • Asturianu • Azərbaycanca • বাংলা • Bosanski • Galego • हिन्दी • Hrvatski • ქართული • Latina • Lietuvių • Latviešu • Malagasy • Македонски • मराठी • မြန်မာဘာသာ • Norsk (nynorsk) • Occitan • Slovenščina • Shqip • தமிழ் • Тоҷикӣ • ไทย • اردو • 粵語 | ||
Weergawes met meer as 50 000 artikels Башҡорт • Беларуская (тарашкевіца) • Brezhoneg • کوردی • чӑвашла • Frysk • Gaeilge • Kreyòl ayisyen • Íslenska • Basa Jawa • Kurdî / كوردی • Кыргызча • Lëtzebuergesch • Ladin • lombard • മലയാളം • Plattdüütsch • नेपाल भाषा • ਪੰਜਾਬੀ • Piemontèis • شاہ مکھی پنجابی (Shāhmukhī Pañjābī) • Basa Sunda • Kiswahili • Ślůnski • తెలుగు • Tagalog • Vèneto | ||
Lys van alle taalweergawes van Wikipedia
| ||
Susterprojekte
| ||
| ||
| ||
| ||
| ||
| ||
| ||
| ||
|
Indien u die verkeerde datum sien of sjablone opgedateer het, moet u die voorblad verfris.
|