Wikipedia:Geselshoekie

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie


'n Versoek aan al die admins: help ons asb. om vandalisme uit te roei!
Sien ook:
Verdere hulp:

Vir volledige hulp, riglyne en beleid (algemeen en spesifiek), raadpleeg gerus die

Crystal Clear app file-manager.png
Argief
04-06 2007 2008
2009 2010 2011
2012 2013 2014
2015 2016 2017
2018 2019 2020
2020.2 2021 2022
2023
Hoe word 'n argief aangelê?

Welkom by die Afrikaanse Wikipedia se algemene geselshoekie. Enigiemand is welkom om deel te neem aan die besprekings hier: onderteken asseblief u besprekings deur ~~~~ te tik, of die "Handtekening met datum"-ikoon (Handtekening met datum) te kies op die redigeringskieslys.

Ou besprekings word na die argief geskuif (sien die navigasiekas regs). As u 'n gesprek wil voortsit wat reeds in die argief is, word aanbeveel dat u die betrokke dele uitknip en hier plak.

Hierdie blad is vir algemene besprekings, besprekings omtrent 'n spesifieke artikel kan op daardie artikel se besprekingsblad begin word; sodoende kan dit ook deur toekomstige bydraers en redigeerders gelees word.

Vir die jongste nuus van WikimediaZA, besoek gerus ons Facebook bladsy, word lid van die Afrikaanse poslys of besoek ons Tuisblad in Afrikaans

Werkswinkel in Windhoek: 27 April 2023[wysig bron]

Gemeenskap, ek bied 'n werkswinkel op 27 April 2023 in Windhoek aan. Sien Faceboek Sien julle daar! Groete! Oesjaar (kontak) 18:21, 7 April 2023 (UTC)Beantwoord[antwoord]

Sou graag wou gaan, maar ek het nie 'n paspoort nie! Kan mens dalk 'n noodpaspoort kry? Wapen van die Oos-Kaap.png Aliwal2012 18:38, 7 April 2023 (UTC)Beantwoord[antwoord]
Probeer! Weet nie. Groete! Oesjaar (kontak) 19:09, 7 April 2023 (UTC)Beantwoord[antwoord]
Amper vergeet ek, ek doen dit saam met Netwerk (Namibië)! Groete! Oesjaar (kontak) 19:31, 7 April 2023 (UTC)Beantwoord[antwoord]

Vorderingsverslag oor die skoleprojek[wysig bron]

Die popularisering en verhoogte deelname van die jonger persone bly ‘n belangrike doelwit om die die volhoubaarheid van die Afrikaanse Wikipedia te verseker. Een praktiese manier om dit te doen is met ‘n skryfkompetisie vir skole. Sodoende kan die Afrikaanse Wikipedia nader aan ons skole en kinders te bring. Na afloop van die kompetisie sal ons vaardighede en ondervinding en baie meer kennis van Wikipedia by die skole agterlaat. Ons sal ook die werklike waarde van Wikipedia kan ontsluit vir die kinders en opvoeders. Met die doel in die oog het Oesjaar gesprek gevoer met die SAAWK, WAT, Pretoria FM en FEDSAS. Al hierdie gespreksgenote het entoesiasties op die idee van ‘n skole kompetisie gereageer.

Terwyl die besonderhede nog gefinaliseer moet word, is die konsep as volg:

Alle hoërskole word genooi om deel te neem, die artikels moet in Afrikaans wees. Hulle mag nie oor hulle eie skool, godsdiens of politiek skryf nie. Die artikels moet ten minste 30 k grepe groot wees, ons vereiste vir voorblad artikels en moet voldoen aan die Wikipedia vereistes, bv. bronne en neutraliteit. Hopelik sal van die artikels gebruik kan word vir ons voorblad wat fantasties sal wees vir die betrokke skole.

Hoërskole wat geïnteresseer is moet by ons registreer (verniet) via die SAAWK wat die admin funksie sal verrig. Die skole moet ‘n projekbestuurder (opvoerder of ouer) identifiseer wat sal dien as die koördineerder en skakelpunt vir die skool. Wikipedia sal met die persoon skakel ten opsigte van opleiding en tegniese ondersteuning vir hulle.

Kommunikasie met alle rolspelers sal in die wintervakansie gefinaliseer kan word. Dan kan daar ‘n aankondiging gedoen word in Julie sodra die skole begin. Registrasie vind plaas in Augustus en die kompetisie duur van September tot einde Oktober. Aankondiging van wenners en oorhandiging van trofee vind in November plaas.

Enige addisionele voorstelle en kommentaar in dié verband sal waardeer word. Sobaka (kontak) 10:26, 25 Februarie 2023 (UTC)Beantwoord[antwoord]

Hi Sobaka! Dit klink goed, maar kom ons maak die minimum lengte 15 kilogrepe, onthou hulle is nog skoolkinders, en moet miskien ook die gebruik van 'n rekenaar by die skool deel. (30 kilogrepe is vir gesoute bydraers soos ek en jy!) Groete, Wapen van die Oos-Kaap.png Aliwal2012 10:49, 25 Februarie 2023 (UTC)Beantwoord[antwoord]
Wat dink julle daarvan as ons onder andere 'n skootrekenaar vir die wenskool gee? Groete! Oesjaar (kontak) 14:35, 27 Februarie 2023 (UTC)Beantwoord[antwoord]
Ek bevestig: Pretoria FM is 'n vennoot in die kompetisie! Wat kan ek sê... Hou hierdie spasie dop! Groete! Oesjaar (kontak) 17:49, 6 April 2023 (UTC)Beantwoord[antwoord]

My maandelikse geselsie op PretoriaFM[wysig bron]

Gemeenskap, hier is die potgooi van laas Dinsdag se geselsie: PretoriaFM Geniet! Oesjaar (kontak) 18:36, 7 April 2023 (UTC)Beantwoord[antwoord]

2022-skin[wysig bron]

Ek dink ons moet 'n besluit neem oor watter skin ons gaan gebruik met die skep van nuwe artikels. Ek gebruik nou (teen my sin) die 2022-skin en kom agter baie artikels vertoon vreemd, bv. Niki Lauda. Ek het van my eie artikels al aangepas. Ek het nie heeltemal bygebly met die besprekings nie. Sien alle gebruikers nou outomaties die 2022-skin? Dan het ons 'n probleem. ~ Burgert (kontak) 17:57, 23 Februarie 2023 (UTC)Beantwoord[antwoord]

@Burgert Behr:, ek klou nog verbete aan die oorspronklike skin. Stem saam, ons moet daaroor praat. Groete! Oesjaar (kontak) 14:37, 27 Februarie 2023 (UTC)Beantwoord[antwoord]
Dit is nie die oorspronklike "skin" nie. Dit was eers in 2010 vrygestel. Daar was al verskeie "skins" en daar sal nog weer nuwes in die toekoms kom. Hoe gaan dit ons baat in die lang termyn om nou hardkoppig aan een vas te klou net omdat ons gewoond daaraan is? - ???? Rooiratel (kontak) 14:49, 27 Februarie 2023 (UTC)Beantwoord[antwoord]
Geen twyfel wat ons hier moet doen nie. Die 2022-vel is myns insiens die resultaat van obsessiewe en ongesonde denke, gerugsteun deur valse beweegredes. Die 2022-vel is nie net vreemd nie, maar duidelik onbruikbaar en gooi wikipedia omver. As gebruikers moet ons saamstaan om dit onverwyld wortel en tak uit te gooi. 'n Goeie nuwe skin sal verwelkom word, en slegtes moet uitgegooi word. Korrek, ons het 'n probleem, want die publiek word gedwing om die 2022-vel te sien, want die wikimedia-bedieners word oorlaai as die publiek 'n keuse van meer as een vel gegun word. JMK (kontak) 17:33, 10 April 2023 (UTC)Beantwoord[antwoord]
Stem saam met JMK, ons moet dit verwerp! Ek gebruik steeds die oorspronklike skin, en voel baie tuis daarmee. Wikigroete! Wapen van die Oos-Kaap.png Aliwal2012 10:39, 13 April 2023 (UTC)Beantwoord[antwoord]
Die 2022-vel is sedert Januarie 2023 die verstek vel op alle wikis. So alle lesers wat nie ingeteken is nie, sien die 2022-vel. Lees asb. hier vir al die besonderhede.
Opsommend: meer mense het dit verkies, dit het meetbare verbeterings gebied, en het geen bestaande funksionaliteit verwyder nie. En tydens die toetsfase in 2019–2022 het hulle verskeie veranderinge en verbeterings aangebring op grond van die terugvoer wat hulle ontvang het.
Ek weet JMK gaan sê dat die maatstawwe vals is, maar hy het selfs geen data nie. So sy opinie daaroor kan heeltemal geïgnoreer word.
@Burgert Behr wat lyk vreemd oor die Niki Lauda bladsy? [Antw. hierop: Ek het nounet Niki Lauda bekyk met die 2022-vel...dit vertoon OK! --Wapen van die Oos-Kaap.png Aliwal2012 13:46, 13 April 2023 (UTC)]Beantwoord[antwoord]
@Aliwal2012 om tuis te voel met die ou vel beteken niks. As ons dit gaan bespreek, dan kort ons 'n lys van werklike probleme wat nie opgelos kan word nie. En spesifiek 'n lys probleme vir mense sonder 'n Wikipedia-rekening. As jy selfs die ou vel verkies, kan jy dit nog steeds verander in jou voorkeure.
Lyk vir my mense lees nog steeds vir Wikipedia in verskeie tale. Die bladtrekke is maar dieselfde voor/na Januarie. Ek het nog nie 'n nuus artikel gelees wat sê dat sedert die veranderings, lees niemand meer Wikipedia nie. Hou dit in gedagte wanneer jy die werklike impak van die veranderinge oorweeg. - Rooiratel (kontak) 13:05, 13 April 2023 (UTC)Beantwoord[antwoord]
@Aliwal2012: Dit lyk nou reg nadat jy in Februarie die uitleg verander het. Ek sien in elk geval as mense nie aanteken nie, sien hulle 'n vroeeër skin as die een wat ons sien as ons dit verander in ons voorkeure. Die kolom regs is nie daar nie. Hulle sien dit dus in elk geval anders as ons. Op Engels het die skin ook nie die kolom regs nie. Hoekom sou ons dit hê? ~ Burgert (kontak) 07:59, 14 April 2023 (UTC)Beantwoord[antwoord]
Party mense wou die kolom aan die regterkant sien, ander wou nie. Hulle het toe vir mense 'n opsie gegee om dit weg te steek of om te wys. (Selfde vir die aan die linkerkant) - Rooiratel (kontak) 19:21, 15 April 2023 (UTC)Beantwoord[antwoord]
Om van jan publiek te verwag om bladvoorkeure te gaan soek en regstel (indien hulle die opsie het) gaan nie werk nie. Selfs vir gereelde gebruikers is dit 'n beslommernis wat eenvoudig beteken dat elkeen dit anders sien, en dat dit wat gebruikers ontwerp anders lyk as wat jan publiek dit sien. Maar verder merk ek op dat outomatiese taksobokse nie (of nie meer) "image_size =" akkomodeer nie, voorheen 'n baie nuttige funksie. 'n Verdere poging, vermoed ek, om obsessiewe beperkings op gebruikers af te dwing. 10:29, 2 Mei 2023 (UTC)
Ek is seker "jan publiek" is nie te onnosel om die "skuif na kantbalk" en "versteek" knoppies uit te werk nie. As hulle ander webwerwe en sagteware kan uitpluis, dan sal dit nie te moeilik vir hulle wees nie. En die outomatiese taksoboks sjabloon is deur ons eie gebruikers ontwikkel, net soos elke liewe sjabloon op Wikipedia. Voel vry om dit self te verbeter as iets jou pla. - Rooiratel (kontak) 16:42, 3 Mei 2023 (UTC)Beantwoord[antwoord]

Kirby van der Merwe[wysig bron]

Gemeenskap, kan iemand asb help met 'n inligtingskas vir Kirby van der Merwe? Hy het die Eugène Maraisprys vir 2023 ontvang. Groete! Oesjaar (kontak) 20:13, 20 April 2023 (UTC)Beantwoord[antwoord]

@Oesjaar: Ek het hom 'n melding op ons voorblad gegee. Groete. -- Flag of South Africa.svg SpesBona 20:00, 21 April 2023 (UTC)Beantwoord[antwoord]
Baie dankie! Groete! Oesjaar (kontak) 20:15, 21 April 2023 (UTC)Beantwoord[antwoord]

Seeking volunteers for the next step in the Universal Code of Conduct process[wysig bron]

Hello,

As follow-up to the message about the Universal Code of Conduct Enforcement Guidelines by Wikimedia Foundation Board of Trustees Vice Chair, Shani Evenstein Sigalov, I am reaching out about the next steps. I want to bring your attention to the next stage of the Universal Code of Conduct process, which is forming a building committee for the Universal Code of Conduct Coordinating Committee (U4C). I invite community members with experience and deep interest in community health and governance to nominate themselves to be part of the U4C building committee, which needs people who are:

  • Community members in good standing
  • Knowledgeable about movement community processes, such as, but not limited to, policy drafting, participatory decision making, and application of existing rules and policies on Wikimedia projects
  • Aware and appreciative of the diversity of the movement, such as, but not limited to, languages spoken, identity, geography, and project type
  • Committed to participate for the entire U4C Building Committee period from mid-May - December 2023
  • Comfortable with engaging in difficult, but productive conversations
  • Confidently able to communicate in English

The Building Committee shall consist of volunteer community members, affiliate board or staff, and Wikimedia Foundation staff.

The Universal Code of Conduct has been a process strengthened by the skills and knowledge of the community and I look forward to what the U4C Building Committee creates. If you are interested in joining the Building Committee, please either sign up on the Meta-Wiki page, or contact ucocproject(_AT_)wikimedia.org by May 12, 2023. Read more on Meta-Wiki.

Best regards,

Xeno (WMF) 19:00, 26 April 2023 (UTC)Beantwoord[antwoord]

Groete uit Windhoek![wysig bron]

Gemeenskap, groot opgewondheid hier in Windhoek! Ek was om 12:00 lewendig op Kanaal 7 radio en om 16:00 in 'n video onderhoud vir Die Republikein se Kletskamer; dit sal môre op hulle FB-blad wees. Ook, môre van 08:00 tot 13:00 is ons werkswinkel! Groete! Oesjaar (kontak) 20:06, 26 April 2023 (UTC)Beantwoord[antwoord]

Oesjaar in Namibië![wysig bron]

Gemeenskap, loer hierna, vanaf die 11de minuut: https://www.facebook.com/republikein/videos/3672352659659507 Groete! Oesjaar (kontak) 20:20, 27 April 2023 (UTC)Beantwoord[antwoord]

Lyk goed, presies wat nodig is. Die ooms moet net begin oefen nadat hulle tydens Corona voor die skerm stilgesit het. Ek het al 'n paar 4 km draffies agter die rug – as mens dit draf kan noem. JMK (kontak) 13:44, 2 Mei 2023 (UTC)Beantwoord[antwoord]

COVID-19-pandemiedata[wysig bron]

Sien daar is ‘n bot wat die COVID-19-pandemiedata (Sjabloon:Koronaviruspandemie van 2019-2020/data) opdateer, maar dit vertoon nou al ‘n geruime tyd nie reg op Covid-19-pandemie nie. Iemand wat die tegniese aspekte beter verstaan kan dit miskien regstel. Sobaka (kontak) 14:24, 28 April 2023 (UTC)Beantwoord[antwoord]

Jammer, dis ver bo my vuurmaakplek! --Wapen van die Oos-Kaap.png Aliwal2012 17:44, 28 April 2023 (UTC)Beantwoord[antwoord]
Ek sal sien of ek dit kan regmaak. - Rooiratel (kontak) 16:45, 3 Mei 2023 (UTC)Beantwoord[antwoord]
Dankie!
Tol, het toe vir my gehelp. Alles is nou reg. - Rooiratel (kontak) 07:59, 5 Mei 2023 (UTC)Beantwoord[antwoord]
Dis 'n plesier! Tol (kontak | bydraes) @ 14:19, 5 Mei 2023 (UTC)Beantwoord[antwoord]

Global ban proposal for Piermark/House of Yahweh/HoY[wysig bron]

Apologies for writing in English.

There is an on-going discussion about a proposal that Piermark/House of Yahweh/HoY be globally banned from editing all Wikimedia projects. You are invited to participate at Requests for comment/Global ban for Piermark on Meta-Wiki. Baie dankie! U.T. (besprekings) 12:35, 4 Mei 2023 (UTC)Beantwoord[antwoord]

Hi all! This wikipedia is not being targeted, in fact never edited by above user. So best resolved that we on the Afrikaanse wikipedia stay out of any controversy and the Global Ban request. We have other severe abusers like Mukdro that we are trying to block globally.
Regards, Wapen van die Oos-Kaap.png Aliwal2012 15:04, 4 Mei 2023
Hi @Aliwal2012. Piermark did make edits on this wiki, using at least the following sockpuppets: [1] and [2]. --Golmote (kontak) 20:00, 4 Mei 2023....Thanks, noted. Aliwal2012

Gemeenskap, kan iemand my asb sê wat aangaan by jare 2002 en 2007 onder die hoof: Publikasies? Groete! Oesjaar (kontak) 19:13, 4 Mei 2023 (UTC)Beantwoord[antwoord]

Dit is spam. Ek sal die bladsy skoon maak. - Rooiratel (kontak) 07:58, 5 Mei 2023 (UTC)Beantwoord[antwoord]
Dit was toe nie spam nie. Die boeke se name is wel e-posadresse, maar iemand het dit titels verander in skakels na die e-posadresse. Ek het dit nou reggemaak. - Rooiratel (kontak) 08:14, 5 Mei 2023 (UTC)Beantwoord[antwoord]

Kunsmatige intelligensie[wysig bron]

Gemeenskap, sien https://www.vice.com/en/article/v7bdba/ai-is-tearing-wikipedia-apart Groete! Oesjaar (kontak) 09:24, 8 Mei 2023 (UTC)Beantwoord[antwoord]

Dankie vir die artikel. Kunsmatige intelligensie veral groot taalmodelle soos ChatGPT gaan ‘n reuse toekomstige uitdaging (maar ook geleentheid) vir Wikipedia word. Die debat is maar in sy aanvang stadium, sien (https://meta.wikimedia.org/wiki/Wikimedia_Foundation_Annual_Plan/2023-2024/Draft/External_Trends/Community_call_notes#Images). Afrikaans is ‘n klein Wikipedia met ‘n beperkte aantal aktiewe bydraers en sal moet kennis neem van verwikkelinge in dié verband. Sobaka (kontak) 14:40, 8 Mei 2023 (UTC)Beantwoord[antwoord]

Apollo 8[wysig bron]

Hierdie artikel het my al hard laat dink! Sjoe! Wat sal die laaste helfte van die sin beteken: They would continue to do so until they performed their last mid-course correction, switching to a reference frame based on ideal orientation for the second engine burn they would make in lunar orbit? Enige voorstelle is welkom... Groete! Oesjaar (kontak) 16:34, 16 Mei 2023 (UTC)Beantwoord[antwoord]

Miskien onvoldoende inligting om uit die sin alleen te beantwoord. Jy moet oplees oor die verwysingsraamwerke wat aangewend word. Blykbaar twee, een wat die aarde volg en daarop gesentreer is, en een wat die maan volg, en daarop gesentreer is. Wat die maan betref is daar blykbaar twee, Moon Principal Axis (MPA) en Moon Mean Earth (MME).[3] Daarom sê hulle maar "a reference frame", wat verskillende dinge kan beteken, en die leser die detail spaar. JMK (kontak) 07:04, 19 Mei 2023 (UTC)Beantwoord[antwoord]

Die jaarlikse Ontkiemingskompetisie[wysig bron]

Gemeenskap, met die laaste kompetisie het ons R 6000 se geskenkbewyse aan die beste drie gebruikers gegee. As ons dit vervang met 'n Skootrekenaar, net een prys... Hoe voel julle daaroor? Groete! Oesjaar (kontak) 17:28, 21 Mei 2023 (UTC)Beantwoord[antwoord]

Ja, ek dink 'n skootrekenaar as prys is 'n goeie voorstel. Die geskenkbewyse is maar 'n gesukkel, ek het nie eers my R1000 Amazon voucher gebruik nie. Bydraers moet dan net asb nie vuisslaan oor die skootrekenaar nie! Oesjaar, ons sal moet definitiewe reëls opstel vir die Ontkiemingskompetisie. Wapen van die Oos-Kaap.png Aliwal2012 18:21, 21 Mei 2023 (UTC)Beantwoord[antwoord]
Reëls: ek luister... Oesjaar (kontak) 20:35, 21 Mei 2023 (UTC)Beantwoord[antwoord]
My idees:
  1. Die skeidsregter v.d. kompetisie moet aantoon watter artikels "ontkiem" mag word (dus nie nuutgeskrewes nie) en met hoeveel grepe dit uitgebrei moet word om te kwalifiseer. Sien asb. Wikipediabespreking:Ontkiemingskompetisie 2022 en Gebruikerbespreking:Odriskelmac11#Filippynse_See_benodig_korreksies.
  2. Ook moet vasgepen word watter tydperk/periode die kompetisie gaan loop, m.a.w. dit mag nie net lukraak verleng word (sonder om eenstemmigheid te bereik) nie.
  3. Tipe inhoud waarmee die artikel uitgebrei behoort te word. Ek wil nie agterna hoor ek het slegs tabelle of prente bygevoeg nie!
Groete! Wapen van die Oos-Kaap.png Aliwal2012 13:10, 22 Mei 2023 (UTC)Beantwoord[antwoord]

@Aliwal2012: en @SpesBona:: Dankie vir julle manne se hardewerk met die weeklikse voorblaaie. As ek so kyk na die lys tans, lyk dit asof ons drie sport artikels na mekaar gaan hê! Enige kans dat ons van die artikels so 'n bietjie kan skommel? Groete! Oesjaar (kontak) 07:58, 22 Mei 2023 (UTC)Beantwoord[antwoord]

Ons voorblad[wysig bron]

Gemeenskap, kan iemand met beter vaardighede as ek, net ons Tuisblad bywerk. Ek verwys spesifiek na die blok, regs onder: Wikipedia in ander tale. Bv. daar is tale met net minder as 750,000 artikels. Gebruik: Lys van Wikipedias. Groete! Oesjaar (kontak) 08:02, 22 Mei 2023 (UTC)Beantwoord[antwoord]

Irriterende IP-adresse[wysig bron]

Gemeenskap, ek begin nou moeg raak vir die gemors waarmee die IP-adresgebruikers ons pla: vandalisme, invoeg van gemors ens. en dit word meer! Ons kan vra dat slegs geregistreerde gebruikers hier toegelaat word mits 'n meerderheid daartoe instem. Hoe voel julle daaroor? Groete! Oesjaar (kontak) 18:38, 23 Mei 2023 (UTC)Beantwoord[antwoord]

  • Symbol support vote.svg Ondersteun – Ek is ten volle ten gunste daarvan, maar hoe gaan ons 'n meerderheid stemming verkry? Dit sal maar 'n subjektiewe persentasie wees, weens al die "slapende" bydraers (mense soos PuvirCHO, Suidpunt, K175) wat net eenkeer per maand hier aanmeld. --Wapen van die Oos-Kaap.png Aliwal2012 11:50, 24 Mei 2023 (UTC)Beantwoord[antwoord]
"Slapend" tel nie. As drie mense hiervoor stem, is dit 'n meerderheid wat my betref. ~ Burgert (kontak) 17:03, 25 Mei 2023 (UTC)Beantwoord[antwoord]
  • Symbol support vote.svg Ondersteun – Ek is uiteindelik ten gunste daarvan! :) Suidpunt (kontak) 11:59, 24 Mei 2023 (UTC) -- dankie! Aliwal2012Beantwoord[antwoord]
  • Symbol support vote.svg Ondersteun – Ten gunste. ~ Burgert (kontak) 16:45, 25 Mei 2023 (UTC)Beantwoord[antwoord]
  • Symbol oppose vote.svg Gekant – Ek is teen die besluit, maar ek is bereid om dit vir 'n tydperk te probeer en te sien wat gebeur. - Rooiratel (kontak) 08:31, 26 Mei 2023 (UTC)Beantwoord[antwoord]
  • Symbol oppose vote.svg Gekant – Ek is saam met Rooiratel hier. En oor my “slapende” of “rustende” stand is ek ongelukkig met werk besig. ’n Man moet eet en sy gesin kan voed. Puvircho (kontak) 09:49, 26 Mei 2023 (UTC)Beantwoord[antwoord]
  • Symbol oppose vote.svg Gekant – Daarteen. Daar is ook positiewe anonieme bydraers, terwyl geregistreerde gebruikers ook soms vandalisme pleeg. Vandalisme is egter ‘n probleem maar wonder of daar nie ander tegniese oplossings kan wees nie. Sobaka (kontak) 15:19, 26 Mei 2023 (UTC)Beantwoord[antwoord]
  • Symbol neutral vote.svg Neutraal - Ons sal nooit vandalisme kan stopsit as mense aanhou skop teen die voorstel nie. ~ Burgert (kontak) 09:44, 28 Mei 2023 (UTC)Beantwoord[antwoord]
  • Symbol oppose vote.svg Gekant – Daar is ook anonieme gebruikers wat nuttige werk doen. Groete. -- Flag of South Africa.svg SpesBona 21:00, 28 Mei 2023 (UTC)Beantwoord[antwoord]

Navraag aan Viva-Afrikaans[wysig bron]

Gemeenskap, ek het bogenoemde gevra om trans-lunar injection te vertaal:

Jou vraag: Wat is "trans-lunar injection" in Afrikaans?

Kort antwoord: "translunêre inspuiting"

Lang antwoord: Die prefiks "trans-" is gestandaardiseer. Die woord "lunêr" is insgelyks gestandaardiseer met betrekking tot 'wat die maan betref' (ontleen uit Latyn, "luna"). Die woord "inspuiting" dui op die meganisme of proses wat die tuig sal voortdryf.

Bron(ne): 2017-AWS Woordelys; HAT; Pharos se A-E/E-A woordeboek

Uit 'n tegniese oogpunt is ek nie gelukkig nie. Julle menings? Groete! Oesjaar (kontak) 19:15, 23 Mei 2023 (UTC)Beantwoord[antwoord]

Klink nie goed nie. Definisie van "trans-lunar injection": "a propulsive maneuver used to set a spacecraft on a trajectory that will cause it to arrive at the Moon", d.w.s. 'n voortstuwingsmaneuver om 'n tuig op 'n maangebonde trajek te plaas. As vuurpyle ter sprake is kan mens dit seker ook 'n ontbrandingsmaneuver noem? D.w.s. "maangebonde ontbrandingsmaneuver"? JMK (kontak) 20:15, 23 Mei 2023 (UTC)Beantwoord[antwoord]
Of "maanbestemde (ontbrandings)maneuver": "bestem" impliseer aanwys of destineer, en "bestemming" impliseer destinasie, doeleinde, doelwit, eindpaal, hawe, mikpunt of voorland. "trans-" impliseer anderkant, borand, oor, oorkant, ... Lg. is dubbelsinnig want beteken dit nou: oor die maan, oorkant die maan, of oor na die maan? JMK (kontak) 08:26, 24 Mei 2023 (UTC)Beantwoord[antwoord]
Ek dink nie daar is iets fout met "translunêre inspuiting" nie, want almal sal weet waavan jy praat. En as VivA sê dis reg, is dit reg. ~ Burgert (kontak) 16:50, 25 Mei 2023 (UTC)Beantwoord[antwoord]
Kwalik. Selfs die Engelse term moet mens opkyk. Viva is (n.m.m.) soos ChatGPT: as jy 'n vraag vra gaan jy beslis 'n antwoord kry. Maar of dit reg is moet jy maar self besluit. JMK (kontak) 20:18, 25 Mei 2023 (UTC)Beantwoord[antwoord]
Vermoed terloops hulle "gestandaardiseer" is 'n duimsuigterm. Watter standaard? Deur wie bepaal? In watter konteks? JMK (kontak) 20:36, 25 Mei 2023 (UTC)Beantwoord[antwoord]
VivA (met 'n hoofletter-A, vir Afrikaans) is die Afrikaanse Taalkommissie. Hulle is beswaarlik soos ChatGPT. ~ Burgert (kontak) 09:08, 26 Mei 2023 (UTC)Beantwoord[antwoord]

"vanlyn"[wysig bron]

Gemeenskap, sien asb. Bespreking:Kiwix. Wat dink julle? - Rooiratel (kontak) 07:45, 26 Mei 2023 (UTC)Beantwoord[antwoord]

Geantwoord. ~ Burgert (kontak) 09:06, 26 Mei 2023 (UTC)Beantwoord[antwoord]
Dankie @Burgert Behr! - Rooiratel (kontak) 09:41, 26 Mei 2023 (UTC)Beantwoord[antwoord]

Selection of the U4C Building Committee[wysig bron]

The next stage in the Universal Code of Conduct process is establishing a Building Committee to create the charter for the Universal Code of Conduct Coordinating Committee (U4C). The Building Committee has been selected. Read about the members and the work ahead on Meta-wiki.

-- UCoC Project Team, 04:20, 27 Mei 2023 (UTC)

Ek en die roes...[wysig bron]

Ek werk hier by 'n uitstalbyeenkoms in beheer van Veiligheid, naby Brits. Ek het myself en ons Wikipedia bekend gestel aan WESSA, ek is baie beïndruk met hulle werk. 'n Juffrou het my later voorgekeer en geëis dat ons onmiddellik 'n artikel oor roes skryf... Sy het dit behandel in die klas en soek meer inligting vir haar kinders! Sy het gepraat! Groete! Oesjaar (kontak) 12:05, 27 Mei 2023 (UTC)Beantwoord[antwoord]

Ek het maar solank 'n saadjie geskep. - Rooiratel (kontak) 09:44, 29 Mei 2023 (UTC)Beantwoord[antwoord]