Tuisblad
Welkom by Wikipedia,
die vrye ensiklopedie wat deur enigiemand verbeter en uitgebrei kan word.
|
|
Help ons om ’n wêreldklas-ensiklopedie in Afrikaans te skep. | |
Inleiding • Hulp • Kontak | Gebruikersportaal • Voorbladartikels • Kategorieë • Stel ’n vraag |
Voorbladartikel
Die Georgiese nasionale rugbyspan (Georgies: საქართველოს მორაგბეთა ეროვნული ნაკრები, Sakartwelos moragbeta erownuli nakrebi) is die nasionale rugbyspan wat Georgië in internasionale wedstryde (toetswedstryde) verteenwoordig. Dié span se bynaam Lelos is ontleen aan ’n tradisionele Georgiese rugbysport wat nou verwant is aan rugby. ’n Ander bynaam is Bordsjghalosnebi (“mans van die son”), afgelei van die Bordsjghali, ’n tradisionele Georgiese sonembleem. Rugby word in Georgië geadministreer deur die Georgiese Rugbyunie (GRU; საქართველოს რაგბის კავშირი, Sakartwelos ragbis kawsjiri) wat in 1964 gestig is en sedert 1991 op sy eie optree. Georgië word deur Wêreldrugby as ’n vlak twee-span erken. Daarmee behoort Georgië tot die beste Europese rugbyspanne naas die Sesnasies. Die Georgiese rugbyspan is tans (Maart 2023) 11de op Wêreldrugby se wêreldranglys gelys. Georgië het in 1989, voor sy onafhanklikheid van die Sowjetunie, sy eerste nieamptelike toetswedstryd teen Zimbabwe gespeel; hul eerste amptelike toetswedstryd het twee jaar later plaasgevind. Hulle het tydens die Europese Rugbykampioenskap 15 titels ingepalm, vier keer as naaswenner en twee keer in die derde plek geëindig. Die Georgiese span speel tradisioneel in wynrooi truie met wit broeke en wynrooi sokkies. Georgië se belangrikste internasionale verskyning is tydens die vierjaarlikse rugbywêreldbekertoernooi wat sedert 1987 beslis word. Sedert die Rugbywêreldbeker 2003 het die span aan al die toernooie deelgeneem en tydens die Rugbywêreldbeker 2015 met die derde plek in hul poel hul beste prestasie behaal.
In die nuus
Het u geweet...
... dat Suid-Afrika die VSA gehelp het met intelligensie as deel van ECHELON? By die Silwermyn Natuurreservaat is antennes wat sedert die 1970's vir spioenasie gebruik is. ... dat 'n eenvoudige hangbrug se dek 'n kettinglynvorm volg? Die kettinglyn lyk amper soos 'n parabool en is die vorm wat 'n hangende buigbare ketting of kabel aanneem as dit onderwerp word aan 'n eenvormige gravitasiekrag. ...dat Elisha Gray sy patent vir die telefoon 'n uur vóór Alexander Graham Bell geregistreer het? Na jare van regsgedinge het Bell die patent gekry. ... dat Helsinki, die hoofstad van Finland, tot teen die einde van die 19de eeu 'n oorwegend Sweedstalige stad was? Vandag is Helsinki 'n tweetalige stad en praat 6,2% van sy inwoners Sweeds en 88% Fins. ... dat broom en kwik die enigste twee elemente is wat in suiwer vorm as 'n vloeistof by kamertemperatuur voorkom?
Vandag in die geskiedenis
|
Vind artikels
| |
Geografie - Geologie Afrika • Suider-Afrika • Amerika • Antarktika • Asië • Europa • Oseanië Rusland • Turkye • Verenigde State van Amerika Lande • Baaie • Berge • Eilande • Mere • Oseane • Riviere • Woestyne | ||
Geskiedenis | ||
Kultuur | ||
Religie | ||
Samelewing | ||
Taal | ||
Tegnologie | ||
Wetenskap | ||
Wikipedia in ander tale
| ||
Weergawes met meer as 1 000 000 artikels العربية • مصرى • Cebuano • Deutsch • English • Español • Français • Italiano • 日本語 • Nederlands • Polski • Português • Русский • Svenska • Українська • Winaray • Tiếng Việt • 中文 | ||
Weergawes met meer as 750 000 artikels | ||
Weergawes met meer as 500 000 artikels Català • فارسی • Suomi • Bahasa Indonesia • 한국어 • Norsk (bokmål) • Српски / srpski | ||
Weergawes met meer as 250 000 artikels Български • Нохчийн • Čeština • Dansk • Esperanto • Euskara • עברית • Magyar • Հայերեն • Bahasa Melayu • Română • Srpskohrvatski / српскохрватски • Татарча / tatarça • Türkçe • Bân-lâm-gú | ||
Weergawes met meer as 100 000 artikels Afrikaans • Asturianu • Azərbaycanca • تۆرکجه • Беларуская • বাংলা • Cymraeg • Ελληνικά • Eesti • Galego • हिन्दी • Hrvatski • ქართული • Қазақша • Latina • Lietuvių • Latviešu • Baso Minangkabau • Македонски • မြန်မာဘာသာ • Norsk (nynorsk) • Simple English • Slovenčina • Slovenščina • தமிழ் • Тоҷикӣ • ไทย • اردو • Oʻzbekcha • Volapük • 粵語 | ||
Weergawes met meer as 50 000 artikels Башҡорт • Беларуская (тарашкевіца) • Brezhoneg • Bosanski • Gaeilge • Kreyòl ayisyen • Íslenska • Basa Jawa • Kurdî / كوردی • Кыргызча • Lëtzebuergesch • Malagasy • മലയാളം • मराठी • Plattdüütsch • नेपाल भाषा • Occitan • Piemontèis • شاہ مکھی پنجابی (Shāhmukhī Pañjābī) • Scots • Shqip • Basa Sunda • Kiswahili • Ślůnski • తెలుగు • Tagalog • Vèneto | ||
Lys van alle taalweergawes van Wikipedia
| ||
Susterprojekte
| ||
| ||
| ||
| ||
| ||
| ||
| ||
| ||
|
Indien u die verkeerde datum sien of sjablone opgedateer het, moet u die voorblad verfris.
|