Tuisblad
Welkom by Wikipedia,
die vrye ensiklopedie wat deur enigiemand verbeter en uitgebrei kan word.
|
|
Help ons om ’n wêreldklas-ensiklopedie in Afrikaans te skep. | |
Inleiding • Hulp • Kontak | Gebruikersportaal • Voorbladartikels • Kategorieë • Stel ’n vraag |
Voorbladartikel
Die Roemeense nasionale rugbyspan (Roemeens: Echipa națională de rugby a României) is die nasionale rugbyspan wat Roemenië in internasionale wedstryde (toetswedstryde) verteenwoordig. Dié span se bynaam is Stejarii (“die eike”). Rugby word in Roemenië geadministreer deur die Roemeense Rugbyfederasie (Federația Română de Rugby, FRR) wat in 1931 gestig is. Roemenië word deur Wêreldrugby as ’n vlak twee-span erken. Daarmee behoort Roemenië aan die beste Europese rugbyspanne naas die Sesnasies. Die Roemeense rugbyspan is tans (Januarie 2023) 17de op Wêreldrugby se wêreldranglys gelys. Roemenië het in 1919 sy eerste toetswedstryd teen die Verenigde State gespeel. Roemenië was nes Italië oor dekades heen een van die sterkste Europese spanne buite die destydse Vyfnasies. Hulle het tydens die Europese Nasiesbeker tien titels ingepalm, 20-keer as naaswenner en 15-keer in die derde plek geëindig. Gedurende hul bloeitydperk in die 1980’s het hulle herhaaldelik daarin geslaag om groot rugbynasies soos Frankryk, Wallis en Skotland te klop. Ná die omverwerping van die Kommunistiese Ceaușescu-diktatuur is die span van sy vrygewige finansiële befondsing ontneem en het ’n swak fase betree wat tot vandag toe aanhou. Die Roemeense span speel tradisioneel in geel truie met blou broeke en rooi sokkies. Roemenië se belangrikste internasionale verskyning is tydens die vierjaarlikse rugbywêreldbekertoernooi wat sedert 1987 gehou word. Sedert die Rugbywêreldbeker in 1987 ingevoer is, het die span aan amper alle toernooie deelgeneem en net die Rugbywêreldbeker 2019 misgeloop.
In die nuus
Het u geweet...
... dat Suid-Afrika Finland in 1939 bygestaan het in die Winteroorlog? Verskeie lande het Finland bygestaan en Suid-Afrika het 29 Gloster Gauntlet-vliegtuie geskenk.
...die eerste duikboot reeds in 1620 gebou is? Die Nederlandse Cornelis Drebbel het een vir die Engelse koning gebou en in die Teems getoets. ... dat Cyril Ramaphosa 'n sleutelrol gespeel het in die stigting van die NUM, 'n vakbond vir mynwerkers? Hy was 'n regsadviseur vir die Raad van Unies van Suid-Afrika met die stigting van die NUM in 1982. ... dat die dorp Roodepoort wes van Johannesburg se naam verwys na die rooi grond wat so algemeen in die omgewing is? Die dorp het ontstaan nadat 'n goudmynkamp op 'n plaas met die naam "Roodepoort" gestig is. ... dat mens artikels kan soek volgens die eerste letters van die artikelnaam? By die Voorvoegselindeks kan mens byvoorbeeld "ek" intik en alle artikelname wat met "ek" begin, opspoor.
Vandag in die geskiedenis
Voorbladbeeld
"Die hele wêreld in die vorm van 'n klawerblaar, die embleem van die stad Hannover, my geliefde tuisland.", kaart deur Heinrich Bünting (1545–1606) in 1581.
|
Vind artikels
| |
Geografie - Geologie Afrika • Suider-Afrika • Amerika • Antarktika • Asië • Europa • Oseanië Rusland • Turkye • Verenigde State van Amerika Lande • Baaie • Berge • Eilande • Mere • Oseane • Riviere • Woestyne | ||
Geskiedenis | ||
Kultuur | ||
Religie | ||
Samelewing | ||
Taal | ||
Tegnologie | ||
Wetenskap | ||
Wikipedia in ander tale
| ||
Weergawes met meer as 1 000 000 artikels العربية • مصرى • Cebuano • Deutsch • English • Español • Français • Italiano • 日本語 • Nederlands • Polski • Português • Русский • Svenska • Українська • Winaray • Tiếng Việt • 中文 | ||
Weergawes met meer as 750 000 artikels | ||
Weergawes met meer as 500 000 artikels Català • فارسی • Suomi • Bahasa Indonesia • 한국어 • Norsk (bokmål) • Српски / srpski | ||
Weergawes met meer as 250 000 artikels Български • Нохчийн • Čeština • Dansk • Esperanto • Euskara • עברית • Magyar • Հայերեն • Bahasa Melayu • Română • Srpskohrvatski / српскохрватски • Татарча / tatarça • Türkçe • Bân-lâm-gú | ||
Weergawes met meer as 100 000 artikels Afrikaans • Asturianu • Azərbaycanca • تۆرکجه • Беларуская • বাংলা • Cymraeg • Ελληνικά • Eesti • Galego • हिन्दी • Hrvatski • ქართული • Қазақша • Latina • Lietuvių • Latviešu • Baso Minangkabau • Македонски • မြန်မာဘာသာ • Norsk (nynorsk) • Simple English • Slovenčina • Slovenščina • தமிழ் • Тоҷикӣ • ไทย • اردو • Oʻzbekcha • Volapük • 粵語 | ||
Weergawes met meer as 50 000 artikels Башҡорт • Беларуская (тарашкевіца) • Brezhoneg • Bosanski • Gaeilge • Kreyòl ayisyen • Íslenska • Basa Jawa • Kurdî / كوردی • Кыргызча • Lëtzebuergesch • Malagasy • മലയാളം • मराठी • Plattdüütsch • नेपाल भाषा • Occitan • Piemontèis • شاہ مکھی پنجابی (Shāhmukhī Pañjābī) • Scots • Shqip • Basa Sunda • Kiswahili • Ślůnski • తెలుగు • Tagalog • Vèneto | ||
Lys van alle taalweergawes van Wikipedia
| ||
Susterprojekte
| ||
| ||
| ||
| ||
| ||
| ||
| ||
| ||
|
Indien u die verkeerde datum sien of sjablone opgedateer het, moet u die voorblad verfris.
|