VOORBLADARTIKEL

Marilyn Monroe

Rooi lippe, blonde hare, ʼn breë glimlag … Dít is waarskynlik waaraan iemand dink as hulle die naam Marilyn Monroe hoor. Onder al die grimering van dié aktrise wat in 29 rolprente gespeel het, het daar egter baie hartseer gelê. Van haar kinderjare waartydens sy by nege verskillende pleegsorghuise gebly het, tot drie egskeidings en verskeie ...
Lees verder

Het jy geweet?

Die hardste mensgemaakte geluide is dié wat deur vuurwerk (tot 150 dB) en geweerskote (tot 155 dB) gemaak word. Die geluid wat ’n vuurpyl met lansering maak, is op 170 dB gemeet.

Foto: iStock
Lees meer

John X. Merriman was vir 54 jaar lank in die politiek.

Lees meer

Vandag in geskiedenis - 6 Januarie

1688 - Die skip, Rosenber, vertrek uit Den Haag na die Kaap met Hugenote aan boord.

1783 - Louis M. Thibault, die eerste opgeleide argitek, het op 6 Januarie 1783 in die Kaap arriveer. Van sy bekendste werke is die Drostdy van Tulbagh, die Drostdy van Graaff-Reinet en die omskepping van die ou slawelosie in Kaapstad in die Hooggeregshofgebou.  

1857 - Die Vierkleur word vir die eerste keer op Potchefstroom gehys met die beëdiging van M.W. Pretorius as die eerste President van die ZAR.

1918 - Die Koöperatiewe Wijnbouers-Vereniging (KWV) is gestig.

1995 - Joe Slovo, die leier van die Suid-Afrikaanse Kommuniste Party (SAKP) en later Minister van Behuising in die regering van President Nelson Mandela, sterf na 'n lang stryd met leukemie.

Foto: iStock
Gee terugvoer