Regstreekse gesprek: Is ʼn matrieksertifikaat nog iets werd?

(Foto: Maroela Media)

Die uitslae van die nasionale matriekeksamen is Donderdag bekendgemaak en 2022 se matrikulante het ʼn verrassende 80,1% behaal. ʼn Besonderse prestasie as mens in ag neem dat dié groep die ergste deur die Covid-19-pandemie én beurtkrag geraak is.

Maar hoe lyk die gehalte van kennis wat hierdie leerders tydens hul skoolloopbaan opgedoen het en is Suid-Afrika se matrieksertifikaat nog iets werd?

Elaine Krige, Maroela Media se nuusredakteur, gesels met Hugo Vermeulen, hoof van opleiding by die SOS, Martin Botha, hoof by Hoërskool Montana, en dr. Celia Booyse, bestuurder van programontwikkeling en gehalteversekering by Akademia, oor die uitslae en wat matrikulante se opsies vir die toekoms is.

Die gesprek sal Dinsdag 24 Januarie om 14:00 regstreeks op Maroela Media se Facebook-blad uitgesaai word.

Die video sal ook onderaan hierdie artikel beskikbaar wees.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Nou pra' jý

Jy moet deel van Maroela-fontein wees om kommentaar te lewer.

of word deel

Geen kommentaar