Skryfnet het iets vir elkeen wat in Afrikaans met woorde wil woeker.

Skryfnet is ’n gesamentlike projek van Maroela Media en Akademia wat die
geleentheid bied vir skrywers, professionele persone of skoolleerders
om hul skryftalent te ontwikkel.

Die wye verskeidenheid opwindende kort- en langer kursusse wat op Skryfnet se aanlyn platform of by kontakwerkswinkels
oor die land heen aangebied word, rus kursusgangers toe met vaardighede wat hul skryfwerk tot nuwe hoogtes neem.

Kursusse

Loer gerus na die kursusse wat tans aangebied word en gee jou woorde vlerke.

Gemik op leerders tussen die ouderdomme van 12 en 18.
Plek: Akademia-kampus, Gerhardstraat 117, Centurion
Formaat: Eendagwerkswinkel
Prys: R650 per persoon (10%-afslag vir groepe van 5 of meer)
Voorlopige aanvangsdatum: 11 Februarie 2023,  6 Mei 2023 en 21 Julie 2023

Gemik op enige een wat ‘n liefdesverhaal wil skryf.
Vereiste: Deelnemers moes al ’n inleidende skryfkursus by Skryfnet of elders voltooi het.
Formaat: Aanlyn
Werkslading: Ongeveer 4 ure per week
Prys: R 2 100
Voorlopige aanvangsdatum: 13 Februarie 2023 en  4 September 2023

Gemik op Kommunikasiepraktisyns en entrepreneurs.
Formaat: Aanlyn
Prys: R470
Voorlopige aanvangsdatum: 17 Februarie 2023 en 20 Oktober 2023

Gemik op enige een wat graag wil skryf.
Formaat: Aanlyn
Werkslading: Omtrent agt ure per week
Prys: R2800
Voorlopige aanvangsdatum: 27 Februarie 2023 en 24 Julie 2023

Gemik op leerders tussen die ouderdomme van 12 en 18
Formaat: Eendagwerkswinkel
Prys: R650 per persoon (10%-afslag vir groepe van 5 of meer)
Voorlopige aanvangsdatum: 15 April 2023

Gemik op enigeen wat ’n kinderverhaalvir laerskoolkinders wil skryf.
Vereiste: Deelnemers moes al ’n inleidende skryfkursus by Skryfnet of elders voltooi het.
Formaat: Aanlyn
Werkslading: Ongeveer 4 ure per week

Prys: R 2 100
Voorlopige aanvangsdatum: 17 April 2023 en 9 Oktober 2023

Gemik op enigiemand wat graag ’n trefferliedjie wil skep
Formaat: Aanlyn
Werkslading: Ongeveer 4 ure per week + 2 dae kontaksessie in Pretoria

Prys: R 5 000
Voorlopige aanvangsdatum: 2 Mei 2023

Gemik op enigiemand wat hul joernalistiekvaardighede wil opskerp.
Formaat: Aanlyn
Werkslading: Ongeveer 4 ure per week

Prys: R 4 000
Voorlopige aanvangsdatum: 15 Mei 2023

Skryfnet werk saam met van die land se talentvolstes om pasmaakkursusse te ontwikkel wat in jou behoeftes voorsien-
of jy nou ’n voornemende skrywer is wat ’n onvoltooide roman in jou laai wegsteek,
’n digter wat van ’n bundel droom, ’n liedjieskrywer wat trefferlirieke vir ’n bekende sanger wil skryf,
’n besigheidseienaar wat in-die-kol-kopie vir jou bemarkingsveldtog wil aanmekaar slaan,
of ’n kranige redenaar wat wenke wil hê vir wentoesprake.

Medewerkers

Skryfnet span saam met van die mees talentvolle en suksesvolle mense in die bedryf om opwindende
kursusse van die hoogste gehalte te ontwikkel en aan te bied. Ons medewerkers help met die ontwikkeling en
aanbieding van aanlyn kursusse en kontakwerkswinkels.

Madri Victor

Madri Victor is ʼn besturende redakteur by Penguin Random House waar sy verantwoordelik is vir Lapa se fiksie. Madri was voorheen as redakteur verantwoordelik vir die liefdesverhale wat by NB-Uitgewers verskyn het en sy het die eerste chick-lit in Afrikaans gepubliseer. Sy bied ook skryfwerkswinkels aan, doen vryskutmanuskripontwikkeling en mentor jong skrywers…

Prof. Hans du Plessis

Die geliefde en bekroonde Afrikaanse skrywer prof. Hans du Plessis het in 1978 gedebuteer met sy digbundel Kleinwild. Sedertdien het hy meer as 160 publikasies – waaronder akademiese artikels en boeke, ses digbundels, drie jeugroman en vier romans – die lig laat sien. Sy jongste roman, Die opstand van Poppie Nel, het in 2020 by Lapa-uitgewery verskyn. Du Plessis het al verskeie pryse en toekennings vir sy werk ontvang, onder meer die ATKV-kinderboekprys en ’n erepenning van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns…

Charlene Hougaard 

Charlene Hougaard matrikuleer in 1984 aan die destydse Hoërskool Ontdekkers in Roodepoort met ʼn onderskeiding in Afrikaans. Sy verwerf ʼn BA Tale met Afrikaans-Nederlands, Noord-Sotho en Zoeloe as hoofvakke aan RAU (nou UJ)…

Nanette van Rooyen

Nanette van Rooyen, gebore in Sutherland in die Karoo, publiseer al kinderboeke vanaf 1994. Sy het haar debuut in die kindermark gemaak met Onkel en Pops en het sedertdien al agtien kinderboeke geskryf. Dié begaafde skrywer het ook in 2001 ’n kortverhaalbundel, Om te vlerk, gepubliseer. In 1999 word sy as wenner aangewys van die Human & Rousseau/De Kat “Vonkfiksie”-wedstryd. Haar roman Chinchilla, …

Carina Diedericks-Hugo

Carina Diedericks-Hugo is gebore in Johannesburg en het grootgeword in Pretoria en Kaapstad. Ná matriek aan Herschel Girls School in Kaapstad, studeer sy aan die Universiteit van Stellenbosch en behaal die grade BA (Internasionale Studies), Honneurs Afrikaans en Nederlands (cum laude) en MPhil (Joernalistiek). Sy is die skrywer van die [email protected]reeks wat te sien is as ’n TV-reeks op kykNET, en ander boeke sluit in Koning Henry, Operasie M.I.A.A.U. en …

Dr. Thalyta Swanepoel 

Dr. Thalyta Swanepoel het vir bykans 20 jaar as ’n joernalis, teksredakteur, advertensieverteenwoordiger en openbare skakelpraktisyn by onder meer die tydskrif Sarie en die dagblad Beeld gewerk voordat sy in 2003 by die Noordwes-Universiteit (NWU) aangesluit het as dosent by die Skool vir Kommunikasiestudies…

 

Christien Neser

Christien Neser is ’n spraakterapeut van Sandton wat eers laat in haar lewe begin skryf het. Sedert sy ’n skryfkursus van die ATKV in 2007 bygewoon het, het tientalle jeugboeke, ’n niefiksie boek en etlike kortverhale in Huisgenoot en Rapport reeds uit haar pen verskyn, onder meer HELP! My kind is anders, Pienk is nie vir sissies nie en Absoluut Einstein. Haar boeke word deur LAPA, Tafelberg en Best Books uitgegee. Christien is ook ’n ywerige leser, leer steeds Duits, Frans en Portugees…

Elzebet Stubbe

Elzebet Stubbe is ʼn senior redakteur by Penguin Random House en is spesifiek verantwoordelik vir die Afrikaanse titels wat by Penguin en Umuzi verskyn. Sy het voorheen in die bemarking- en publisiteitsafdelings van LAPA en NB-Uitgewers gewerk. Elzebet het ’n honneursgraad in Kreatiewe Skryfkuns en ’n meestersgraad in Afrikaanse prosa by die Noordwes-Universiteit behaal. Sy het al met onder andere Marita van der Vyfer, Karin Brynard, Bettina Wyngaard en Leon van Nierop gewerk. Sy en haar gesin woon in Kaapstad…

Erica Dannhauser 

Erica Dannhauser glo dat as jy kan praat, jy die vermoë het om te beïnvloed en lewens te verander. Sy leef deur te praat! Hierdie begaafde onderwyser spog met ’n BCom-graad in joernalistiek, ’n honneursgraad in psigologie en ’n onderwyskwalifikasie (NGOS) van Noordwes-Universiteit se…

Corlia Fourie 

Corlia Fourie het as joernalis gewerk voordat sy fiksie begin skryf het. Van haar bekendste werk is die drama Moeders en Dogters wat onder meer deur KRUIK opgevoer is en voorverlede jaar ook deur die dramadepartement van die Universiteit van Kaapstad…

 

François Bloemhof

François Bloemhof het al “iewers oor die honderd” boeke vir volwasse, tiener- en jeuglesers gepubliseer. Hy is meermalig in elke kategorie bekroon, insluitend met die De Kat-prys vir sy debuutroman Die nag het net een oog. Van sy ander pryse sluit etlike ATKV-Veertjies in, waar lesers self hul wenboeke aanwys. Daarbenewens het hy al tekste vir die verhoog, radio en rolprentwese geskryf. Onder sy baanbrekerswerk internasionaal tel die eerste boek met ’n oorspronklike (selfgekomponeerde)…

Wil jy graag inskryf vir ʼn Skryfnet-kursus?
Jy kan aansoek doen vir ’n rentevrye studielening.

Nuus

Leer hoe om ʼn liefdesverhaal te skryf

Daar is baie kinders wat aan redenaars deelneem of ’n passie het vir skryf. Omdat Skryfnet nie net opleiding en kundigheid tot volwassenes wil beperk nie, bied dié Afrikaanse skryfskool in Julie 2022 twee opwindende werkswinkels vir skoliere aan.

Leer die basiese beginsels van skryf

Daar is baie kinders wat aan redenaars deelneem of ’n passie het vir skryf. Omdat Skryfnet nie net opleiding en kundigheid tot volwassenes wil beperk nie, bied dié Afrikaanse skryfskool in Julie 2022 twee opwindende werkswinkels vir skoliere aan.

Laat weet my van nuwe kursusse

  • This field is for validation purposes and should be left unchanged.

KONTAK ONS

Volg ons op sosiale media om op hoogte te bly van al die nuutste kursusse en ander gebeure:

of stuur ’n e-pos na [email protected]

Go to Top