Tuisblad

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Welkom by Wikipedia,
Maandag, 28 November 2022
Hier is tans 105 802 artikels in Afrikaans.
Help ons om ’n wêreldklas-ensiklopedie in Afrikaans te skep.
Inleiding  Hulp  Kontak Gebruikersportaal  Voorbladartikels  Kategorieë  Stel ’n vraag

Bluebg.png

Cscr-featured with ring.svg
Voorbladartikel
Die dwergplaneet Ceres in ware kleure, in 2015 deur Dawn geneem.

Ceres, amptelik 1 Ceres (simbool: ⚳), is die kleinste dwergplaneet in ons Sonnestelsel. Dit is die enigste een in die asteroïdegordel en dus tussen die wentelbane van Mars en Jupiter. Sy naam is afgelei van Ceres, die Romeinse godin van groeiende plante, die oes en moederliefde.

Ceres is op 1 Januarie 1801 deur Guiseppe Piazzi in Sisilië ontdek. Met ’n deursnee van sowat 950 km is dit verreweg die grootste liggaam met die grootste massa in die asteroïdegordel; dit maak sowat ’n derde van die gordel se massa uit. Ceres is saamgestel uit rots en ys. Omdat dit die eerste asteroïde is wat ontdek is, is dit aanvanklik as ’n planeet beskou. Dit is egter in die 1850's as ’n asteroïde herklassifiseer nadat baie ander voorwerpe met soortgelyke wentelbane ontdek is.

In 2006 is dit weer herklassifiseer: dié keer as 'n dwergplaneet, die enigste een binne die wentelbaan van Neptunus, want met 'n deursnee van 940 km is dit die enigste asteroïde wat groot genoeg is om deur sy swaartekrag in hidrostatiese ewewig, en dus sferies, gehou te word. Weens sy skynbare magnitude van 6,7 tot 9,3 is dit selfs op sy helderste te dof om met die blote oog van die Aarde af te sien, behalwe in uiterse donkerte.

Die Dawn-ruimtetuig het bevind Ceres se oppervlak is 'n mengsel van waterys en gehidreerde minerale soos karbonate en klei. Swaartekragdata dui daarop dat Ceres gedeeltelik gedifferensieer is in 'n modderige ysrotskern en 'n minder digte maar sterker kors met 'n ysvolume van minstens 30%. Ceres se klein grootte beteken enige interne oseaan van vloeibare water wat hy eens kon gehad het, is waarskynlik nou gevries. Dit is egter nie heeltemal toegevries nie: Pekels vloei steeds deur die buitemantel en bereik die oppervlak, wat kriovulkane soos Ahuna Mons toelaat om te vorm teen 'n tempo van sowat een elke 50 miljoen jaar. Dit maak Ceres die naaste bekende kriovulkaniese liggaam aan die Son, en die pekels verskaf 'n potensiële habitat vir mikrobiese lewe.

In Januarie 2014 is emissies van waterdamp om Ceres bespeur, en dit het 'n verganklike, dun atmosfeer bekend as 'n eksosfeer geskep. Dit was onverwags, aangesien groot liggame in die asteroïdegordel gewoonlik nie waterdamp uitskei nie; dit is ’n kenmerk van komete.

...lees verder

Bluebg.png

HSAktuell.svg
In die nuus
Misuzulu Zulu in 2021.

Bluebg.png

HSVissteduatt.svg
Het u geweet...

...dat Botswana die mins korrupte land in Afrika is? Volgens Transparency International is dit naby lande soos Portugal en Suid-Korea gelys.

... dat Frans deur honderdduisende mense as huistaal gepraat word in die VSA? Alhoewel miljoene Amerikaners van Franse herkoms is, het Engels Frans hoofsaaklik verdring en kan slegs 'n klein deel van die Franse nasate nog Frans praat.

... dat daar ridders was wat terselfdertyd ook monnike was? Die Orde van die Tempeliers was so 'n ridderorde.

...dat die taalkundige verhouding tussen Fidjiaanse Hindi en Hindi soortgelyk is aan dié tussen Afrikaans en Nederlands? Fidjiaanse Hindi het uit die Oos-Hindi-dialekte Awadhi en Bhojpuri ontstaan, met verskeie Engelse en Fidjiaanse leenwoorde.

... Samuel Morse, die uitvinder van die telegraaf, vir burgemeester van New York gestaan het? Hy was egter nie suksesvol nie.

Bluebg.png

HSDagensdatum.svg
Vandag in die geskiedenis

28 November: Onafhanklikheidsdag in Albanië.

Stalin, Roosevelt en Churchill tydens die Konferensie van Teheran in 1943


Bluebg.png

HSBild.svg
Voorbladbeeld
Die ingangspoort tot die Chiang Kai-shek-gedenksaal in Taipei, Republiek China (Taiwan).
Bluebg right.png
Vind artikels
Vista-xmag.png

Geografie - Geologie
Suid-Afrika  Namibië  Botswana  Eswatini  Lesotho  Mosambiek  Zimbabwe

Afrika  Suider-Afrika  Amerika  Antarktika  Asië  Europa  Oseanië

Rusland  Turkye  Verenigde State van Amerika

Lande  Baaie  Berge  Eilande  Mere  Oseane  Riviere  Woestyne

Geskiedenis
Argeologie  Datums  Kulturele geskiedenis  Oorloë  Religieuse geskiedenis  Rewolusies  Vroeë beskawings  Antieke Egipte

Kultuur
Akteurs  Argitektuur  Dans  Letterkunde  Mitologie  Griekse mitologie  Mode  Museums  Musiek  Rolprente  Taal  Vermaak

Natuur
Bewaringsgebiede  Diere  Plante

Religie
Agnostisisme  Baha'i  Boeddhisme  Christendom  Gnostisisme  Hindoeïsme  Islam  Judaïsme  Mitologie  New Age  Paganisme  Politeïsme  Satanisme  Sikhisme  Zoroastrisme

Samelewing
Besigheid  Ekonomie  Politiek  Sport  Vervoer

Taal
Kunsmatige taal  Natuurlike taal  Taalfamilies  Skryfstelsels

Tegnologie
Elektronika  Fotografie  Inligtingstegnologie  Klanktegnologie  Voertuigtegnologie

Wetenskap
Biologie  Chemie  Filosofie  Fisika  Natuurwetenskap  Sielkunde  Sosiologie  Sterrekunde  Wiskunde

Artikelindeks  Kategorieboom  Lyste  Hoe soek ek?

Bluebg right.png
Wikipedia in ander tale
Gnome-globe.svg


Weergawes met meer as 1 000 000 artikels
العربيةمصرىCebuanoDeutschEnglishEspañolFrançaisItaliano日本語NederlandsPolskiPortuguêsРусскийSvenskaУкраїнськаWinarayTiếng Việt中文
Weergawes met meer as 750 000 artikels
Weergawes met meer as 500 000 artikels
CatalàفارسیSuomiBahasa Indonesia한국어Norsk (bokmål)‬Српски / srpski
Weergawes met meer as 250 000 artikels
БългарскиНохчийнČeštinaDanskEsperantoEuskaraעבריתMagyarՀայերենBahasa MelayuRomânăSrpskohrvatski / српскохрватскиТатарча / tatarçaTürkçeBân-lâm-gú
Weergawes met meer as 100 000 artikels
AfrikaansAsturianuAzərbaycancaتۆرکجهБеларускаяবাংলাCymraegΕλληνικάEestiGalegoहिन्दीHrvatskiქართულიҚазақшаLatinaLietuviųLatviešuBaso MinangkabauМакедонскиမြန်မာဘာသာNorsk (nynorsk)‬Simple EnglishSlovenčinaSlovenščinaதமிழ்ТоҷикӣไทยاردوOʻzbekchaVolapük粵語
Weergawes met meer as 50 000 artikels
БашҡортБеларуская (тарашкевіца)BrezhonegBosanskiGaeilgeKreyòl ayisyenÍslenskaBasa JawaKurdî / كوردیКыргызчаLëtzebuergeschMalagasyമലയാളംमराठीPlattdüütschनेपाल भाषाOccitanPiemontèisشاہ مکھی پنجابی (Shāhmukhī Pañjābī)ScotsShqipBasa SundaKiswahiliŚlůnskiతెలుగుTagalogVèneto

Lys van alle taalweergawes van Wikipedia


Bluebg right.png
Susterprojekte
Wikimedia-logo.svg
Commons-logo.svg Commons
Vrye media
Wiktionary small.svg Wikiwoordeboek
Vrye woordeboek
Wikinews-logo-51px.png Wikinews
Vrye nuusbron
Wikisource-logo.svg Wikisource
Die vrye biblioteek
Wikibooks-logo.svg Wikibooks
Vrye boeke
Wikiquote-logo.svg Wikiquote
Aanhalings
Wikispecies-logo.svg Wikispecies
Spesie-indeks
Wikimedia Community Logo.svg Meta-Wiki
Projekkoördinering