Eendjies, eendjies stap in ʼn ry

Arshdeep Singh en Virat Kohli vier nog ’n Protea-paaltjie. Foto: Sajeet Yadav/AFP. 

0, 0, 0 en 0.

Nee, dit is nie ʼn eenvoudige wagwoord om jou huis se Wi‑Fi teen onwelkome besoekers te beskerm nie.

Dit is Temba Bavuma, Rilee Rossouw, David Miller en Tristan Stubbs se tellings in gister se eerste T20-kragmeting teen Indië in Thiruvananthapuram.

En moenie dink dat dit ou bekendes soos Jasprit Bumrah, Ravichandran Ashwin of Bhuvneshwar Kumar was wat die verwoesting gesaai het nie; gisteraand het Deepak Chahar en Arshdeep Sing die Protea-kolwers laat bontstaan.

Danksy uitstekende boulwerk op ʼn baanblad wat die naatboulers ʼn definitiewe hupstoot gegee het – Bavuma het ons mos vooraf daarteen gewaarsku – het die Suid-Afrikaners op 5/9 gesteier.

Aiden Markram het moedig probeer walgooi, maar net soos in die afgelope toetsreeks was dit die boulers wat die Protea-kastaiings uit die vuur met hul kolwe moes krap.

Temba Bavuma is weer vroeg uitgehaal. Foto: Surjeet Yadav/AFP.

Keshav Maharaj het 41 lopies vanaf 35 aflewerings gemoker en hy het saam met Wayne Parnell toegesien dat die besoekers darem nie almal uitgeboul is nie.

Daarna kon Anrich Nortjé en Kagiso Rabada van Rohit Sharma en Virat Kohli ontslae raak, maar ʼn teiken van 107 sal nie eens genoeg teen ʼn goeie universiteitspan wees nie.

“As kolwers kon ons glad nie ons stempel op die wedstryd afdruk óf by die toestande aanpas nie. Die kolfblad het ons onkant betrap – ons het twee dae gelede daarop geoefen, maar ons het nie verwag dat dit soveel hulp aan die boulers sou verleen nie,” het Bavuma gesê.

Volgens die Protea-kaptein sal die kolwers hul sokkies moet optrek om vir die boulers ʼn goeie teiken te gee om te verdedig.

  • Opsomming van telkaart:

Suid-Afrika 106/8 in 20 boulbeurte: Keshav Maharaj 41, Aiden Markram 25 en Arshdeep Singh 3/32.

Indië 110/2 in 16,4 boulbeurte: KL Rahul 51, Suryakumar Yadav 50 en Kagiso Rabada 1/16.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9
Nou pra' jý

Jy moet deel van Maroela-fontein wees om kommentaar te lewer.

of word deel

7 Kommentators

9 Kommentare

jongste oudste gewildste
Manie

Van hulle is nog besig om die veiling geld te tel en kan nie nou op krieket konsentreer nie.

Hennie Biebouw

Presies waarheen wou Bavuma daai bal speel? Hy was nie naby die lyn nie. Dit lyk of hy die bal van die wegkant af deur die bykant wou werk, en toe speel hy rondom die bal swaaiende bal. As jy sulke houe teen die nuwe bal speel, dan is jy eenvoudig nie goed genoeg om daar te kolf nie. De Kock was effe ongelukkig om die bal op sy paaltjies te trek. Dit gebeur.

Afriperd

Hoekom los hulle vir Jansen uit die span uit wat n swing bouler is en n kolf kan vashou? Dan ons “kaptein” wat hy in die span maak sal niemand weet nie, hy het n swak gemiddeld op alle formate en daar is baie beter spelers wat ons kan kies.

Jakkie

God save the King, sing die Britte. Ons moet sing God save the protea batsmen……..

Hendrik Marthinus

En almal blaas gal oor Markram, die man is die enigste wat Lyk of hy Kan kolf
Bavuma wonder seker steeds hoekom hy nie opgeraap was vir ons t20 reeks nie
Hopenlik besef ons keurders ook nou hoekom en gee hom liewer net plek in toetsspan