Soorte resepte:

Resep: Riffelrand-fillodeegpakkies

Riffelrand-fillodeegpakkies. (Foto: Lapa Uitgewers)

Probeer gerus hierdie trefferhappie wanneer kuiergaste kom aanklop.

Lewer 24 fillodeegbakkies indien dit met twee vierkante gemaak word, of 16 bakkies indien dit met drie vierkante gemaak word.

Bestanddele

  • 3 velle fillodeeg
  • ± 50 ml gesmelte margarien

Metode

  1. Vou die 3 velle fillodeeg in die helfte en druk plat op die voulyn. Vou weer oop en sny die velle op die voulyn deur. Plaas die 6 gesnyde helftes opmekaar en herhaal die vou- en snyproses om 12 stroke te verkry.
  2. Plaas die 12 gesnyde stroke opmekaar, vou dit in die lengte in die helfte en sny soos voorheen om 24 korter stroke te maak. Pak weer opmekaar en sny in die middel deur om 48 vierkantjies te maak.
  3. Voorverhit oond tot 180 °C.
  4. Bestryk die eerste deegvierkant met gesmelte margarien en bedek dit met ’n tweede vierkant sodat die punte stervormig by die reguit kante van die vorige vierkant verbysteek. lndien effens dikker bakkies verkies word, kan ’n derde vierkant op dieselfde manier bo-op geplaas word. Bestryk die fillodeeg weer en plaas in gesmeerde kolwyntjiepanne. Herhaal totdat 24 tweelaag- of 16 drielaagbakkies gemaak is.
  5. Bak dit ongeveer 5 minute lank tot ’n ligte goue kleur. Hou die bakkies goed dop terwyl dit bak want die fillodeeg verbruin vinnig en die smaak en voorkoms sal bederf word as dit te lank bak. Vul redelik kort voor bediening vir die beste resultaat.

Bron: Peuselhappies
Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Nou pra' jý

Jy moet deel van Maroela-fontein wees om kommentaar te lewer.

of word deel

Geen kommentaar