“As daar een rede is waarom ek Michèle Meyer se debuutroman moet uitsonder as ʼn boek wat my altyd sal bybly, sal dit oor haar gebruik van kleur wees. Veral groen.”
Lees meerAlles vir die sleutelwoord "Boek van die maand"
Boek van die maand: Pirow Bekker se ‘Beurtelinge’
Daar is elemente van reisbeskrywings, kortverhale, dagboekinskrywings, briewe, aanhalings uit gedigte, gesprekke tussen die skrywer en sy vrou en les bes besinnings oor die letterkunde.
Boek van die maand: ‘Wit leuen’ deur Ruan Kemp
“Opvallend hoeveel karakters in die roman lag. Dié ligte aanslag waarmee Kemp werk bring nie net verposing in dié see van ellende nie, maar herinner ook aan ‘eilandjies hoop’.”
Boek van die maand: ‘Die waarde van stil bure’ deur Zelda Bezuidenhout
In ʼn bespreking van ʼn lekker spanningsverhaal bederf ʼn mens nie leesplesier met die weggee van gegewens oor die verloop van die verhaal nie. Dis die voorreg van die leser om agter die kap van die byl te kom in dié tweede roman van Zelda Bezuidenhout.
Boek van die maand: ‘Geen engel nie’ deur Andre Krüger
Dit lees soos ʼn droom, laat jou met heelwat binnepret én gryp jou meteen aan die hart en boonop hou dit jou op die punt van jou stoel.
Boek van die maand: ‘Dol heuning’ deur SJ Naude
So versigtig kies Naudé sy woorde en so gelaagd is sy verwysings dat ʼn mens kwalik die raakvlakke tussen woorde en verhale en meer nog, die psige van karakters en van mens- én onmenslikheid, kan mis.
Boek van die maand: ‘Simoelégri, stad van onrus’ deur Jaco Fouché
Jaco Fouché bewys homself as uitbeelder van die enkeling wat buite staan en waarneem en bied insig in ʼn verwordende samelewing.
Boek van die maand: ‘Die miskruier en die maan’ deur Carié Maas
Die titel van die boek is ontleen aan die (Afrika-) verhaal oor hoekom die miskruier nooit ophou om sy bol mis te stoot nie. “Die maan het vir Miskruier belowe sy sal met hom trou as hy al die vuil op aarde opgeruim kry. En daarom beur hy so dapper voort.”
Boek van die maand: ‘Die getuienis’ deur Francois Smith
Die getuienis is die neerslag van die mens se soeke na sin – of dit nou die swart-wit vergestalting van sin is, of in terme van ʼn goddelike komedie.
Boek van die maand: ‘Tweegevreet’ deur Zirk van den Berg
Ten diepste is Tweegevreet ʼn misdaadverhaal en hoewel ʼn mens agter die intrige en waarskynlik die opklaring van tergende vrae (wie is die skuldige?) aan lees, is dit die karakterbeelding wat jou bybly.
Boek van die maand: Voorouer. Pelgrim. Berg. deur Ingrid Winterbach
“Voorouer. Pelgrim. Berg.” is ʼn boek wat jou tone laat kwispel (van die lekkerkry). Moontlik is dit die rede waarom ek so stadig lees aan Winterbach se boeke: omdat elke woord (so voel dit vir my) met die hand uitgesoek is, skryf Johan Myburg.
Boek van die maand: ‘Die versoeking van Thomas Maas’ deur Chris Karsten
Voorafkennis is nie nodig om jou te verkneukel aan die versoeking waarvoor ene Thomas Maas in die jongste roman te staan kom nie – én die (private) speurwerk wat Ella Neser in die proses moet doen nie.
Boek van die maand: ‘Die nag ruik na spoed’ deur Schalk Schoombie
Schoombie se bundel kortverhale is nie bedoel om in een sitting of oor ʼn naweek afgerammel te word nie. Beste is om een verhaal op ʼn slag te lees en ontrafelend en besinnend daarmee om te gaan …
Boek van die maand: ‘So byna blou’ deur Emile Joubert
Dit is binne die noir tradisie waar Emile Joubert sy verhale aanbied: met heelwat verrassings in verhaallyne – by geleentheid nader aan ʼn ónwaarskynlike en daarom ʼn soms abrupte uiteinde.
Boek van die maand: ‘As die Cape Flats kon praat’ deur Brian Fredericks
Brian Fredericks se onopgesmukte en priemende manier van kyk word dikwels weergegee in sinsnedes wat vermaaklik is. Daarby laai hy sy sinne net so maklik met ʼn woedende energie. Met die taal wat die Cape Flats praat, skryf Johan Myburg.
Boek van die maand: ‘Die heelal op my tong’ deur Anoeschka von Meck
Soos in Ridley Scott se “Thelma and Louise” word die dorre Richtersveld-landskap die konteks waarbinne Anoeschka von Meck haar verhaal van verliefdheid en venyn, van vergryp en verwerping plaas, en die konteks vir die katarsis.
Boek van die maand: ‘Skepsel’ deur Willem Anker
In plaas daarvan om die verhaalgegewe hier weer te gee of iets te laat glip oor die heerlike verrassings wat die leser in dié roman te wagte kan wees, laat ek dít oor aan die leser en meer nog aan die wakker leser wat afdraaipaadjies vat. Afdraaie wat die leeservaring net soveel ryker maak.
Boek van die maand: ‘Aanspreeklikheid’ deur Jaco Fouché
“As ʼn mens jouself wil wysmaak dat boosheid ver verwyderd is, ondergrawe Fouché in dié roman waarin die (denkbeeldige) karakter Jaco Diehl aan die woord is, dié ‘waarheid’.”
Boek van die maand: ‘Weerlose meganika’ deur Anton Roodt
Anton Roodt se verrassende debuut is minder wetenskapfiksie as wat ʼn mens op die oog af sou vermoed. Of dalk net soveel as wat Dante se digbevolkte engelesfeer was – met engele met net so min vleis en bloed as robotte.
Boek van die maand: ‘Swart swaan’ deur Wilken Calitz
Wilken Calitz se “Swart swaan” het uitsonderlike trefkrag, juis dalk omdat die roman so buite die algemene verwagting lê.