Die perfekte koppie boeretroos is elke huishouding beskore, mits ʼn koffiemasjien wat die gesin se leefstyl, smaak én beursie pas, aangeskaf word.
Lees meerEk sê Syrah; jy sê Shiraz
Nasionale Shirazdag word op 21 Augustus gevier en dit skop ook die Seven Days of Shiraz & Venison af. Elke plaas wat shiraz maak, stel hul eie program hiervoor saam en die publiek kan lekker saamkuier oor wildsvleis en shiraz wat sulke goeie pasmaats is.
Brandewyn vier 350 allemintige jare
Maak jou oë toe en gee jou verbeelding én reuksintuig vrye teuels: dink aan gestoofde vrugte, met ʼn goeie skeut karamel, dalk effe speserye, bietjie hout, ʼn tikkie soet, ʼn bietjie aards en blommerigheid wat jou neus betower. Dis maar enkele van die geure in Suid-Afrikaanse brandewyn, wat vanjaar 350 jaar oud is.
Internasionale sukses wink nou vir Kaapse mengeldrankiemeester
Joshua Hendricks (24) het danksy sy mededingende meng- en skinkvaardighede onlangs vir homself ʼn plek in die eindronde van die Diageo World Class-kroegmankompetisie verseker.
Chenin eintlik behoorlik hier gevier
Internasionale Chenin Blancdag is hierdie week gevier, maar dis eintlik hier in Suid-Afrika waar dié kultivar behoorlik gevier kan word, veral nadat Ken Forrester – wat ook gereken word as mnr. Chenin – se Old Vine Reserve Chenin Blanc 2021 enkele dae gelede aangewys is as die wêreld se beste chenin blanc, skryf Maryke Roberts.
Chardonnay so ampertjies nie vir SA beskore
Vanjaar word Internasionale Chardonnaydag op 26 Mei gevier. Dié druifsoort is een van die edel-variëteite en hier in Suid-Afrika – deel van die Nuwe Wêreld-wynlande – maak ons wêreldklas-chardonnay in alle style, skryf Maryke Roberts.
Só beklink verskillende lande rooibos op internasionale teedag
Hoe geniet jy jou koppie rooibostee?
Klink ’n glasie sauvignon blanc
Danksy sauvignon blanc-wyn se skerp en verfrissende suurheid, sowel as natuurlike aromatiese intensiteit, is dit een van die gewildste witwyne wêreldwyd.
Koebaai skemerkelkuur, dis teetyd
Volgens die jongste kos- en dranktendense wat onlangs deur die sosialemediaplatform Pinterest aangekondig is, is ʼn teetjie glo die nuwe gunstelingverversing met sonsondergang in 2022.
Prut vandag ʼn potjie rooibostee
Van diabeteslyers tot depressie- en angslyers en selfs ywerige bakkers kan voordeel trek uit die legio voordele en gebruike van rooibostee.
Resep: Wortel-, appel-en-gemmerdrankie
Hierdie drankie met wortel, appel en gemmer is verfrissend en sal boonop aan al jou gesondheidsvereistes voldoen.
Carel Nel een van die wynbedryf se lewende legendes
Carel Nel is verlede maand op die gesogte Veritas-toekenning se Lewende Legende Ererol ingesluit en ook die Beste SA Port-toekenning vir 2021 ontvang.
Brou só die perfekte koppie tee op internasionale teedag
Dié teemakers se webwerf gee gebruikers die opsie om te kies of hulle tee in ʼn koppie of ʼn pot gaan maak, en verskaf dan wenke na gelang van die gekose opsie.
Resep: Bessiefluweeltjie
ʼn Lae-GI-drankie wat vir meer energie gedurende die oggend sorg.
Resep-video: Angostura-bitter se rock shandy
Angostura het van sy bitter aan Maroela Media gestuur en ons het die perfekte nie-alkoholiese drankie vir ʼn snikhete somersdag gemaak.
Stellenbosch Wynroetes ’n bestemming op sigself
Dis vandeesmaand nog lekkerder om in Stellenbosch te kuier: die akkerbome is oortrek met nuwe, amper-te-groen blare; die Stellenbosch Wynroetes vier vanjaar sy 50ste verjaardag – die land se eerste en oudste – en op 9 Oktober word Internasionale Pinotagedag gevier, skryf Maryke Roberts.
Kry ’n koffie-ervaring op barista-vlak
Dalk is jou huis nog steeds jou kantoor, of dalk is jy net ʼn ernstige koffieliefhebber. Hoe ook al, nou kan jy ʼn koffiewinkel in jou eie kombuis besit.
Resep: Fortado-koffie met witsjokolade en klapper
Maroela Media het saam met Nespresso ʼn heerlike koffieskepping vir ʼn ekstra spesiale koppie boeretroos gemaak.
Resep: Bloubessie-smoothie
Dié drankie is nie net vol vars smake nie, maar bevat ook bestanddele wat sal sorg dat jy versadig voel.
Resep: Spanspek-en-kiwi-daiquiri’s
Het jy geweet daiquiri’s is na ʼn dorp in Kuba vernoem?