VOORBLADARTIKEL

Johannes Calvyn

Daar word dikwels gesê dat jy nie sommer godsdiens en politiek met enigeen moet bespreek nie, want mense kan baie daaroor stry. Godsdiens is inderdaad een van die onderwerpe wat al groot onenigheid tussen mense veroorsaak het, soos toe baie mense weg van die Rooms-Katolieke kerk gebreek het. Hierdie opstanding is die Hervorming genoem, en ...
Lees verder

Het jy geweet?

Die woord entrepreneurskap verwys na die proses waartydens ‘n nuwe besigheid begin, ontwikkel en bestuur word.

Foto: iStock
Lees meer

Wie reis die meeste per trein? Volgens die Guinness World Records lê Switserse burgers elke jaar gemiddeld 2 077 km per trein af, gevolg deur die Japannese, wat jaarliks 1 900 km per trein reis

Lees meer

Vandag in geskiedenis - 14 Augustus

1875 - Die stigting van die Genootskap van Regte Afrikaners op 14 Augustus 1875 was ‘n direkte uitvloeisel van ‘n poging om die Bybel in Afrikaans te vertaal. Ds. Arnoldus Pannevis het in ‘n brief aan die Britse en Buitelandse Bybelgenootskap genoem dat die jong ds. S.J. du Toit die geskikte persoon vir die taak was. Du Toit was egter van mening dat die vertaling moes wag totdat Afrikaans as ‘n skryftaal erken is.

1884 - President Paul Kruger se nou bekende Krugerhuis in Kerkstraat 60, Pretoria-Wes, Gauteng, word met 'n noenmaal ingewy.

1890 - Oswald Pirow, Afrikaanse politieke stormvoël, is gebore. In 1929 word hy Minister van Justisie in die Hertzog-kabinet en in 1933 word hy Minister van Spoorweë en Hawens. In 1939 volg hy genl. Hertzog deur uit die Koalisie-kabinet te tree en in die opposisiebanke te gaan sit. Hy sal ook onthou word vir die stigting in hierdie tyd van "Die nuwe Orde" wat nasionaal-sosialisties georiënteerd was. Sy denkbeelde vind nie algemeen byval nie en die orde het doodgeloop.

1893 - Frankryk word die eerste land wat motorregistrasieplate instel.

1989 - Mnr. P.W. Botha bedank as Staatspresident van Suid-Afrika ná 'n botsing met die kabinet.

Foto: iStock
Gee terugvoer