Tuisblad
Welkom by Wikipedia,
die vrye ensiklopedie wat deur enigiemand verbeter en uitgebrei kan word.
|
|
Help ons om ’n wêreldklas-ensiklopedie in Afrikaans te skep. | |
Inleiding • Hulp • Kontak | Gebruikersportaal • Voorbladartikels • Kategorieë • Stel ’n vraag |
Voorbladartikel
Die legendariese konings van Swede (Sweeds: sagokonungar) is die heersers van Swede wat in legendes voorkom voor Erik die Oorwinnaar and Olof Skötkonung, wat volgens betroubare bronne die eerste bevestigde Sweedse konings was. Sommige van die stories kan egter aangepaste verhale wees van konings wat werklik bestaan het. 'n Vroeë legendariese koning, Hygelac (500 n.C.), het byvoorbeeld vermoedelik 'n historiese basis omdat sy naam in Frankiese, Engelse, Deense en Yslandse bronne voorkom. Die historiese bestaan van die meeste legendariese konings is egter onmoontlik om te verifieer weens 'n gebrek aan bronne. Die moderne Sweedse monargie beskou Erik die Oorwinnaar as die eerste koning van Swede. Op Middeleeuse Sweedse koningslyste is die figuur wat gewoonlik as die eerste koning van Swede voorgehou word Olof Skötkonung, die eerste Christelike Sweedse koning en die eerste een wat geld laat munt het. Die vroeëre konings word meestal net aangetref in Yslandse sagas en 'n soms weersprekende mengsel van mites en poësie wat in die 11de tot 13de eeu geskryf is, verskeie eeue ná die gebeure wat in hulle beskryf word. Wat ware geskiedenis is en wat legendes in die sagas is, is vandag onmoontlik om te bepaal, en alles daarin behoort as legendaries beskou te word, of selfs fiktief. Die vroegste legendariese dinastie, die Ynglinge, kan 'n totaal opgemaakte reeks konings wees wat ten doel gehad het om latere dinastieë en heersers in Skandinawië te regverdig en te wettig wat beweer het hulle stam van dié dinastie af. Baie van die legendariese konings het egter regeer in die tyd voordat groter politieke strukture in Skandinawië (soos die Middeleeuse konininkryke Swede, Noorweë en Denemarke) in die Wikingtydperk gevorm is. Die legendariese konings van Swede, soos hulle in die sagas voorkom, dek drie dinastieë: die Yngling-dinastie, wat beweer het hulle stam van die Noorse god Odin af; die dinastie wat deur Ivar Vidfamne gestig is en die Ynglinge onttroon het; en die Huis van Munsö, wat Vidfamne se dinastie opgevolg het. Die Yslandse sagas beskou die laaste paar konings as deel van die Munsö-dinastie; Erik die Oorwinnaar, Olof Skötkonung, Anund Jakob en Emund die Oue was egter ware historiese konings, hoewel dit nie beteken hulle legendariese voorouers was ware historiese figure nie.
In die nuus
Het u geweet...
...dat Elisha Gray sy patent vir die telefoon 'n uur vóór Alexander Graham Bell geregistreer het? Na jare van regsgedinge het Bell die patent gekry. ... dat die Deense wiskundige Piet Hein 'n superellipsvorm gebruik het om die Sergels Torg-verkeersirkel in Stockholm, Swede te ontwerp? ...dat die Blohm & Voss BV 138-vliegboot dieselaangedrewe motors gebruik het? ...dat daar in Suid-Afrika twee plaaslike munisipaliteite met presies dieselfde naam is? Hulle is Emalahleni in Mpumalanga en Emalahleni in die Oos-Kaap. eMalahleni is ook die amptelike naam van Witbank. ...dat die eerste e-pos in 1972 gestuur is? Koninging Elizabeth van Brittanje het reeds haar eerste e-pos in 1976 gestuur.
Vandag in die geskiedenis
|
Vind artikels
| |
Geografie - Geologie Afrika • Suider-Afrika • Amerika • Antarktika • Asië • Europa • Oseanië Rusland • Turkye • Verenigde State van Amerika Lande • Baaie • Berge • Eilande • Mere • Oseane • Riviere • Woestyne | ||
Geskiedenis | ||
Kultuur | ||
Religie | ||
Samelewing | ||
Taal | ||
Tegnologie | ||
Wetenskap | ||
Wikipedia in ander tale
| ||
Weergawes met meer as 1 000 000 artikels العربية • مصرى • Cebuano • Deutsch • English • Español • Français • Italiano • 日本語 • Nederlands • Polski • Português • Русский • Svenska • Українська • Winaray • Tiếng Việt • 中文 | ||
Weergawes met meer as 750 000 artikels | ||
Weergawes met meer as 500 000 artikels Català • فارسی • Suomi • Bahasa Indonesia • 한국어 • Norsk (bokmål) • Српски / srpski | ||
Weergawes met meer as 250 000 artikels Български • Нохчийн • Čeština • Dansk • Esperanto • Euskara • עברית • Magyar • Հայերեն • Bahasa Melayu • Română • Srpskohrvatski / српскохрватски • Татарча / tatarça • Türkçe • Bân-lâm-gú | ||
Weergawes met meer as 100 000 artikels Afrikaans • Asturianu • Azərbaycanca • تۆرکجه • Беларуская • বাংলা • Cymraeg • Ελληνικά • Eesti • Galego • हिन्दी • Hrvatski • ქართული • Қазақша • Latina • Lietuvių • Latviešu • Baso Minangkabau • Македонски • မြန်မာဘာသာ • Norsk (nynorsk) • Simple English • Slovenčina • Slovenščina • தமிழ் • Тоҷикӣ • ไทย • اردو • Oʻzbekcha • Volapük • 粵語 | ||
Weergawes met meer as 50 000 artikels Башҡорт • Беларуская (тарашкевіца) • Brezhoneg • Bosanski • Gaeilge • Kreyòl ayisyen • Íslenska • Basa Jawa • Kurdî / كوردی • Кыргызча • Lëtzebuergesch • Malagasy • മലയാളം • मराठी • Plattdüütsch • नेपाल भाषा • Occitan • Piemontèis • شاہ مکھی پنجابی (Shāhmukhī Pañjābī) • Scots • Shqip • Basa Sunda • Kiswahili • Ślůnski • తెలుగు • Tagalog • Vèneto | ||
Lys van alle taalweergawes van Wikipedia
| ||
Susterprojekte
| ||
| ||
| ||
| ||
| ||
| ||
| ||
| ||
|
Indien u die verkeerde datum sien of sjablone opgedateer het, moet u die voorblad verfris.
|