Tuisblad

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
Welkom by Wikipedia,
Dinsdag, 21 Junie 2022
Hier is tans 103 653 artikels in Afrikaans.
Help ons om ’n wêreldklas-ensiklopedie in Afrikaans te skep.
Inleiding  Hulp  Kontak Gebruikersportaal  Voorbladartikels  Kategorieë  Stel ’n vraag

Bluebg.png

Cscr-featured with ring.svg
Voorbladartikel
'n Foto deur die Hubble-ruimteteleskoop wat in 2013 geneem is.

Proxima Centauri is 'n klein ster sowat 4,2465 ligjare van die Son af in die suidelike sterrebeeld Sentour. Sy Latynse naam beteken "die naaste ster van Sentour". Dit is in 1915 deur Robert Innes in Suid-Afrika ontdek en is die naaste ster aan die Son. Met 'n skynbare magnitude van 11,13 as dit nie opvlam nie, is dit te dof om met die blote oog te sien. Proxima Centauri is as Alpha Centauri C lid van die Alpha Centauri-sterstelsel, en lê 2,18° suidwes van die Alpha Centauri AB-paar. Dit is tans 12 950 AE (0,2 ligjare) van AB af en wentel een keer in 550 000 jaar om dié sterre.

Proxima Centauri is 'n rooidwergster met 'n massa van omtrent 12,5% van die Son s'n (sonmassa), en 'n gemiddelde digtheid van sowat 33 keer dié van die Son. Omdat Proxima Centauri so naby aan die Aarde is, kan sy hoekdeursnee regstreeks gemeet word: Dit is sowat 'n sewende (14%) van die Son s'n. Hoewel dit 'n baie lae gemiddelde ligsterkte het, is Proxima Centauri 'n opvlamster wat lukraak drastiese toenames in helderheid ondervind vanweë magnetiese aktiwiteit. Die ster se magneetveld word geskep deur konveksie deur die hele ster. Die opvlamaktiwiteit wat daardeur veroorsaak word, wek 'n algehele X-straalemissie op wat ooreenstem met die Son se uitstraling. Die interne vermenging van sy brandstof deur konveksie deur sy kern en Proxima se relatief lae energieopwekkingstempo beteken dit sal vir nog 4 biljoen jaar 'n hoofreeksster bly.

Proxima Centauri het drie bekende eksoplanete: b, c en d. Proxima Centauri b se wentelbaan is rofweg 0,05 AE van die ster af, met 'n wentelperiode van omtrent 11,2 aarddae. Sy geraamde massa is minstens 1,17 keer dié van die Aarde. Die planeet is in die ster se bewoonbare sone, waar die temperatuur reg is sodat vloeibare water op sy oppervlak kan voorkom. Omdat Proxima Centauri 'n rooidwerg en 'n opvlamster is, is daar egter twyfel oor die bewoonbaarheid van die planeet. Proxima Centauri c is 'n kandidaat-Superaarde en wentel sowat 1,5 AE van die planeet af, met 'n wentelperiode van 1 900 dae (5,2 jaar). Proxima Centauri d is 'n Subaarde wat rofweg elke 5,1 dae sowat 0,029 AE van die ster af om hom wentel.

...lees verder

Bluebg.png

HSAktuell.svg
In die nuus
Emmanuel Macron in 2017.

Bluebg.png

HSVissteduatt.svg
Het u geweet...

... dat Ellen Johnson-Sirleaf die eerste vroulike president van 'n Afrika-land is? Sy is as president van Liberië ingehuldig op 16 Januarie 2006. Op 9 November 2011 is sy vir 'n tweede ampstermyn gekies.

... dat die chemiese element en radioaktiewe edelgas radon, wat natuurlik uit die grond vrygestel word, beskou word as die belangrikste oorsaak van longkanker naas sigaretrook? Jaarliks sterf meer as 40 000 mense wêreldwyd aan longkanker wat deur radon veroorsaak is.

...dat daar een vlag is wat nooit gesalueer of gestryk word nie? Op 20 Julie 1969 het Neil Armstrong en Buzz Aldrin 'n Amerikaanse vlag op die maan geplant wat tot vandag toe nog daar staan.

... dat daar geraam word dat meer as die helfte van alle fotosintese wat op aarde plaasvind nie vanaf plante afkomstig is nie, maar vanaf bakterieë en alge?

...dat varke uiters intelligente diere is? Hulle is ook skoner as die meeste troeteldiere en lê slegs in modder omdat hulle nie sweetkliere het nie en modder of water nodig het om af te koel.

Bluebg.png

HSDagensdatum.svg
Vandag in die geskiedenis

21 Junie: Somer/Winter-sonstilstand - langste (Noordelike Halfrond)/kortste (Suidelike Halfrond) dag van die jaar.

Vlag van Groenland

Bluebg.png

HSBild.svg
Voorbladbeeld
Die Nieu-Seelandse rugbyspeler Luke McAlister mik vir 'n doelskop vir die Franse Top 14-span Stade Toulousain in die wedstryd teen Castres Olympique op 10 Maart 2012.
Bluebg right.png
Vind artikels
Vista-xmag.png

Geografie - Geologie
Suid-Afrika  Namibië  Botswana  Eswatini  Lesotho  Mosambiek  Zimbabwe

Afrika  Suider-Afrika  Amerika  Antarktika  Asië  Europa  Oseanië

Rusland  Turkye  Verenigde State van Amerika

Lande  Baaie  Berge  Eilande  Mere  Oseane  Riviere  Woestyne

Geskiedenis
Argeologie  Datums  Kulturele geskiedenis  Oorloë  Religieuse geskiedenis  Rewolusies  Vroeë beskawings  Antieke Egipte

Kultuur
Akteurs  Argitektuur  Dans  Letterkunde  Mitologie  Griekse mitologie  Mode  Museums  Musiek  Rolprente  Taal  Vermaak

Natuur
Bewaringsgebiede  Diere  Plante

Religie
Agnostisisme  Baha'i  Boeddhisme  Christendom  Gnostisisme  Hindoeïsme  Islam  Judaïsme  Mitologie  New Age  Paganisme  Politeïsme  Satanisme  Sikhisme  Zoroastrisme

Samelewing
Besigheid  Ekonomie  Politiek  Sport  Vervoer

Taal
Kunsmatige taal  Natuurlike taal  Taalfamilies  Skryfstelsels

Tegnologie
Elektronika  Fotografie  Inligtingstegnologie  Klanktegnologie  Voertuigtegnologie

Wetenskap
Biologie  Chemie  Filosofie  Fisika  Natuurwetenskap  Sielkunde  Sosiologie  Sterrekunde  Wiskunde

Artikelindeks  Kategorieboom  Lyste  Hoe soek ek?

Bluebg right.png
Wikipedia in ander tale
Gnome-globe.svg


Weergawes met meer as 1 000 000 artikels
العربيةمصرىCebuanoDeutschEnglishEspañolFrançaisItaliano日本語NederlandsPolskiPortuguêsРусскийSvenskaУкраїнськаWinarayTiếng Việt中文
Weergawes met meer as 750 000 artikels
Weergawes met meer as 500 000 artikels
CatalàفارسیSuomiBahasa Indonesia한국어Norsk (bokmål)‬Српски / srpski
Weergawes met meer as 250 000 artikels
БългарскиНохчийнČeštinaDanskEsperantoEuskaraעבריתMagyarՀայերենBahasa MelayuRomânăSrpskohrvatski / српскохрватскиТатарча / tatarçaTürkçeBân-lâm-gú
Weergawes met meer as 100 000 artikels
AfrikaansAsturianuAzərbaycancaتۆرکجهБеларускаяবাংলাCymraegΕλληνικάEestiGalegoहिन्दीHrvatskiქართულიҚазақшаLatinaLietuviųLatviešuBaso MinangkabauМакедонскиမြန်မာဘာသာNorsk (nynorsk)‬Simple EnglishSlovenčinaSlovenščinaதமிழ்ТоҷикӣไทยاردوOʻzbekchaVolapük粵語
Weergawes met meer as 50 000 artikels
БашҡортБеларуская (тарашкевіца)BrezhonegBosanskiGaeilgeKreyòl ayisyenÍslenskaBasa JawaKurdî / كوردیКыргызчаLëtzebuergeschMalagasyമലയാളംमराठीPlattdüütschनेपाल भाषाOccitanPiemontèisشاہ مکھی پنجابی (Shāhmukhī Pañjābī)ScotsShqipBasa SundaKiswahiliŚlůnskiతెలుగుTagalogVèneto

Lys van alle taalweergawes van Wikipedia


Bluebg right.png
Susterprojekte
Wikimedia-logo.svg
Commons-logo.svg Commons
Vrye media
Wiktionary small.svg Wikiwoordeboek
Vrye woordeboek
Wikinews-logo-51px.png Wikinews
Vrye nuusbron
Wikisource-logo.svg Wikisource
Die vrye biblioteek
Wikibooks-logo.svg Wikibooks
Vrye boeke
Wikiquote-logo.svg Wikiquote
Aanhalings
Wikispecies-logo.svg Wikispecies
Spesie-indeks
Wikimedia Community Logo.svg Meta-Wiki
Projekkoördinering