Tuisblad
Welkom by Wikipedia,
die vrye ensiklopedie wat deur enigiemand verbeter en uitgebrei kan word.
|
|
Help ons om ’n wêreldklas-ensiklopedie in Afrikaans te skep. | |
Inleiding • Hulp • Kontak | Gebruikersportaal • Voorbladartikels • Kategorieë • Stel ’n vraag |
Voorbladartikel
Die Nepalese nasionale krieketspan, ook bekend as The Rhinos of Gorkhalis, is die nasionale krieketspan van Nepal en verteenwoordig dié land in internasionale krieket. Krieket word in Nepal deur die Krieketvereniging van Nepal (CAN) beheer. Nepal speel hul tuiswedstryde in Katmandoe en het tydens die T20I-wêreldbeker 2014 in Bangladesj hul eerste internasionale verskyning gemaak. Nepal word tradisioneel as een van die sterker Asiatiese nasionale krieketspanne buite die vyf toetsnasies van Suid-Asië beskou. Nepal is sedert 1996 ’n assosiaatlid van die Internasionale Krieketraad, nadat hulle vanaf 1988 ’n geaffilieerde lid was. Die IKR het in Junie 2014 tot en met die T20I-wêreldbekerkwalifisering 2015 T20I-status aan Nepal toegeken. Op 15 Maart 2018 het Nepal vir die eerste keer internasionale eendagwedstryd-status (EDI) behaal (asook hul T20I-status terug ontvang), nadat hulle die eerste uitspeelwedstryd tydens die Krieketkampioenskapskwalifisering in 2018 gewen het. Nepal het al sedert 1996 in internasionale wedstryde verskyn, insluitende elke AKR-trofee behalwe vir die AKR T20I-beker 2015 in die Verenigde Arabiese Emirate. Nepal het ook aan die krieketwêreldbekerkwalifiseringstoernooie in 2001, 2014 en 2018, T20I-wêreldbekerkwalifikasie in 2012, 2013, 2015 en 2022, Internasionale Bekertoernooie in 2004 en 2005, AKR Fast Track Countries-toernooie in 2004, 2005 en 2006, AKR T20I-bekertoernooie in 2007, 2009, 2011 en 2013, Asiatiese Spele in 2010 en 2014, asook die AKR Premierliga in 2014 deelgeneem. Nepal het egter nog nie vir ’n krieketwêreldbekertoernooi, die IKR se vernaamste toernooi, gekwalifiseer nie. In teenstelling met ander kleiner krieketnasies, wie se spanne veral uit buitelanders bestaan, bevat die Nepalese nasionale span inheemse spelers wat meestal deur die geledere gekom het om seniorkrieket te speel. In onlangse jare het Nepalese krieket ’n sterk vordering gesien, veral danksy die groot invloed van die krieketnasie Indië. Nepal se nabyheid aan Indië het gehelp om die speel in Nepal te ontwikkel. Op 15 Maart 2018 het Nepal vir die eerste keer EDI-status ontvang, nadat hulle tydens die 2018-krieketwêreldbekerkwalifiseringstoernooi se negende plek-uitspeelwedstryd Papoea-Nieu-Guinee verslaan het. In April 2018 het die IKR besluit om aan al sy lede volle Twintig20-status toe te ken. Vervolgens sou elke T20I-wedstryd wat Nepal ná 1 Januarie 2019 teen ander IKR-lede speel as ’n volle T20I erken word. Nepal is tans (Mei 2022) 19de op die eendagranglys en 13de op die Twintig20-wêreldranglys.
In die nuus
Het u geweet...
... dat die Wes-Kaapprovinsie drie amptelike tale het? Die amptelike tale van die provinsie is Afrikaans, Engels en Xhosa en die 1998-grondwet is in al drie tale beskikbaar. Volgens die 2011-sensus praat 49,7% van die bevolking Afrikaans, gevolg deur Xhosa (24,7%) en Engels (20,2%). ... dat 'n eenvoudige hangbrug se dek 'n kettinglynvorm volg? Die kettinglyn lyk amper soos 'n parabool en is die vorm wat 'n hangende buigbare ketting of kabel aanneem as dit onderwerp word aan 'n eenvormige gravitasiekrag.
Vandag in die geskiedenis
30 Mei: Staatsdag in Kroasië (1990); Herdenkingsdag aan die Slagting van Lod in Puerto Rico (1972).
|
Vind artikels
| |
Geografie - Geologie Afrika • Suider-Afrika • Amerika • Antarktika • Asië • Europa • Oseanië Rusland • Turkye • Verenigde State van Amerika Lande • Baaie • Berge • Eilande • Mere • Oseane • Riviere • Woestyne | ||
Geskiedenis | ||
Kultuur | ||
Religie | ||
Samelewing | ||
Taal | ||
Tegnologie | ||
Wetenskap | ||
Wikipedia in ander tale
| ||
Weergawes met meer as 1 000 000 artikels العربية • مصرى • Cebuano • Deutsch • English • Español • Français • Italiano • 日本語 • Nederlands • Polski • Português • Русский • Svenska • Українська • Winaray • Tiếng Việt • 中文 | ||
Weergawes met meer as 750 000 artikels | ||
Weergawes met meer as 500 000 artikels Català • فارسی • Suomi • Bahasa Indonesia • 한국어 • Norsk (bokmål) • Српски / srpski | ||
Weergawes met meer as 250 000 artikels Български • Нохчийн • Čeština • Dansk • Esperanto • Euskara • עברית • Magyar • Հայերեն • Bahasa Melayu • Română • Srpskohrvatski / српскохрватски • Татарча / tatarça • Türkçe • Bân-lâm-gú | ||
Weergawes met meer as 100 000 artikels Afrikaans • Asturianu • Azərbaycanca • تۆرکجه • Беларуская • বাংলা • Cymraeg • Ελληνικά • Eesti • Galego • हिन्दी • Hrvatski • ქართული • Қазақша • Latina • Lietuvių • Latviešu • Baso Minangkabau • Македонски • မြန်မာဘာသာ • Norsk (nynorsk) • Simple English • Slovenčina • Slovenščina • தமிழ் • Тоҷикӣ • ไทย • اردو • Oʻzbekcha • Volapük • 粵語 | ||
Weergawes met meer as 50 000 artikels Башҡорт • Беларуская (тарашкевіца) • Brezhoneg • Bosanski • Gaeilge • Kreyòl ayisyen • Íslenska • Basa Jawa • Kurdî / كوردی • Кыргызча • Lëtzebuergesch • Malagasy • മലയാളം • मराठी • Plattdüütsch • नेपाल भाषा • Occitan • Piemontèis • شاہ مکھی پنجابی (Shāhmukhī Pañjābī) • Scots • Shqip • Basa Sunda • Kiswahili • Ślůnski • తెలుగు • Tagalog • Vèneto | ||
Lys van alle taalweergawes van Wikipedia
| ||
Susterprojekte
| ||
| ||
| ||
| ||
| ||
| ||
| ||
| ||
|
Indien u die verkeerde datum sien of sjablone opgedateer het, moet u die voorblad verfris.
|