Tuisblad
Welkom by Wikipedia,
die vrye ensiklopedie wat deur enigiemand verbeter en uitgebrei kan word.
|
|
Help ons om ’n wêreldklas-ensiklopedie in Afrikaans te skep. | |
Inleiding • Hulp • Kontak | Gebruikersportaal • Voorbladartikels • Kategorieë • Stel ’n vraag |
Voorbladartikel
Die Maori-kultuur (Maori: Māoritanga) is die gebruike, kultuurpraktyke en geloofsoortuigings van die inheemse Maori-volk van Nieu-Seeland. Dit het uit die Oos-Polinesiese kultuur ontstaan en is steeds deel daarvan. Die Maori-kultuur vorm 'n kenmerkende deel van die Nieu-Seelandse kultuur en danksy 'n groot diaspora en die opneem van Maori-motiewe in die gewilde kultuur word dit wêreldwyd aangetref. Onder die Maori's, en in 'n mindere mate dwarsoor Nieu-Seeland, word die woord Māoritanga dikwels gebruik as min of meer 'n sinoniem vir die Maori-kultuur. Die Maori-agtervoegsel -tanga is rofweg 'n ekwivalent van die Afrikaanse agtervoegsel "-heid" of "-skap". Dit is ook al vertaal as "'n Maori-lewenswyse". Vier aparte maar oorvleuelende kultuurtydperke het histories tot die Maori-kultuur bygedra:
Māoritanga in die moderne tydperk word al hoe meer beïnvloed deur verstedeliking, groter kontak met Nieu-Seelanders van Europese afkoms 'n herlewing van tradisionele praktyke. Tradisionele Maori-kuns speel 'n groot rol in Nieu-Seelandse kuns. Dit sluit in whakairo (houtsnywerk), raranga (weefwerk), kapa haka (groepoptrede), whaikōrero (redenaarskuns) en tā moko (tatoes). Die patrone en karakters wat voorgestel word, is 'n weerspieëling van die geloofsoortuigings en geslagsregisters (whakapapa) van die Maori's. Kunstenaars volg dikwels die tegniek van hulle voorouers, maar in die 21ste eeu sluit Māoritanga ook kontemporêre kunste soos rolprente, televisie, poësie en die teater in. Die Maori's se taal is bekend as te reo Māori, wat verkort word tot te reo (letterlik "die taal"). Aan die begin van die 20ste eeu het dit gelyk of te reo Māori en ander aspekte van die Maori's se lewenswyse kan verdwyn. In die 1980's het regeringsgeborgde skole (Kura Kaupapa Māori) mense met Europese én Maori-herkoms egter in te reo begin onderrig. Tikanga Māori is 'n stel kultuurwaardes, gebruike en praktyke. Dit sluit begrippe in oor wat heilig is, om jou gemeenskap te versorg, grondregte en ander verhoudings tussen mense en hulle omgewing. Tikanga verskil van 'n Westerse etiese of regstelsel omdat dit nie deur 'n sentrale owerheid of 'n stel dokumente voorgeskryf word nie. Dit is 'n vloeibaarder en dinamieser stel praktyke, en gemeenskapsaanspreeklikheid is "die doeltreffendse maganisme vir die afdwing van tikanga".
In die nuus
Het u geweet...
... dat die Millau-brug naby Millau in die suide van Frankryk hoër is as die Eiffeltoring en net 40 meter korter as die Empire State-gebou? Die brug is in 2004 voltooi en as mens die steunpilare in ag neem, is dit die hoogste brug ter wêreld. ... dat Keulen in Duitsland naas die Franse stad Bordeaux in die 13de eeu die grootste uitvoerhawe vir wyn was? Engeland was een van die vernaamste bestemmings. Vandag is die stad beter bekend vir sy bier, Kölsch, wat ook die naam van die plaaslike dialek is.
Vandag in die geskiedenis
Voorbladbeeld
Die Evangelies-Lutherse Christuskirche in Windhoek, Namibië, is op inisiatief van pastoor Wilhelm Anz in April 1896 beplan, deur die argitek Gottlieb Redecker ontwerp en tussen 1907 en 1910 opgerig. Die inwyding het op 16 Oktober 1910 plaasgevind. Die kerk is tans een van die bekendste bakens in die Namibiese hoofstad.
|
Vind artikels
| |
Geografie - Geologie Afrika • Suider-Afrika • Amerika • Antarktika • Asië • Europa • Oseanië Rusland • Turkye • Verenigde State van Amerika Lande • Baaie • Berge • Eilande • Mere • Oseane • Riviere • Woestyne | ||
Geskiedenis | ||
Kultuur | ||
Religie | ||
Samelewing | ||
Taal | ||
Tegnologie | ||
Wetenskap | ||
Wikipedia in ander tale
| ||
Weergawes met meer as 1 000 000 artikels العربية • مصرى • Cebuano • Deutsch • English • Español • Français • Italiano • 日本語 • Nederlands • Polski • Português • Русский • Svenska • Українська • Winaray • Tiếng Việt • 中文 | ||
Weergawes met meer as 750 000 artikels | ||
Weergawes met meer as 500 000 artikels Català • فارسی • Suomi • Bahasa Indonesia • 한국어 • Norsk (bokmål) • Српски / srpski | ||
Weergawes met meer as 250 000 artikels Български • Нохчийн • Čeština • Dansk • Esperanto • Euskara • עברית • Magyar • Հայերեն • Bahasa Melayu • Română • Srpskohrvatski / српскохрватски • Татарча / tatarça • Türkçe • Bân-lâm-gú | ||
Weergawes met meer as 100 000 artikels Afrikaans • Asturianu • Azərbaycanca • تۆرکجه • Беларуская • বাংলা • Cymraeg • Ελληνικά • Eesti • Galego • हिन्दी • Hrvatski • ქართული • Қазақша • Latina • Lietuvių • Latviešu • Baso Minangkabau • Македонски • မြန်မာဘာသာ • Norsk (nynorsk) • Simple English • Slovenčina • Slovenščina • தமிழ் • Тоҷикӣ • ไทย • اردو • Oʻzbekcha • Volapük • 粵語 | ||
Weergawes met meer as 50 000 artikels Башҡорт • Беларуская (тарашкевіца) • Brezhoneg • Bosanski • Gaeilge • Kreyòl ayisyen • Íslenska • Basa Jawa • Kurdî / كوردی • Кыргызча • Lëtzebuergesch • Malagasy • മലയാളം • मराठी • Plattdüütsch • नेपाल भाषा • Occitan • Piemontèis • شاہ مکھی پنجابی (Shāhmukhī Pañjābī) • Scots • Shqip • Basa Sunda • Kiswahili • Ślůnski • తెలుగు • Tagalog • Vèneto | ||
Lys van alle taalweergawes van Wikipedia
| ||
Susterprojekte
| ||
| ||
| ||
| ||
| ||
| ||
| ||
| ||
|
Indien u die verkeerde datum sien of sjablone opgedateer het, moet u die voorblad verfris.
|