Sevilla

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search

Sevilla
Collagesevilla.jpg

Kaart Wapen
Spain region Sevilla highlighted.jpg
Escudo de Sevilla (Sevilla).svg
Vlag
Flag of Sevilla, Spain.svg
 Land Vlag van Spanje Spanje
 Administratiewe gewes Bandera de Andalucía.svg Andalusië
 Provinsie Flag of Sevilla, Spain.svg Sevilla
 Koördinate 37°23′N 5°59′O / 37.383°N 5.983°O / 37.383; 5.983
 Stigting 45 v.C. Romeinse colonia
 Oppervlakte:  
 - Totaal 141,31 vk km
 Hoogte bo seevlak 12 m
 Bevolking:  
 - Totaal (2008) 704 414
 - Bevolkingsdigtheid 4 985/vk km
 Tydsone UTC +1
 - Somertyd UTC +2
 Burgemeester Juan Ignacio Zoido (PP)
 Amptelike webwerf www.sevilla.org

Sevilla (Spaans: [seˈβiʎa], ) is 'n stad in Suid-Spanje en die hoofstad van die Outonome Gewes Andalusië en die Provinsie Sevilla. Sevilla is aan die oewers van die bevaarbare Guadalquivirrivier in 'n uitgestrekte en vrugbare vlakte geleë. Die stad is volgens 'n antieke legende deur die Griekse held Herakles gestig.

Die Guadalquivir in Sevilla

Vandag is Sevilla die vierde grootste stad in Spanje en 'n beduidende nywerheids- en handelstad asook 'n gewilde toeristebestemming. Die stadshorison word deur talle historiese torings oorheers. Die oorspronklike stadsentrum is aan die oostelike oewer van die Guadalquivir geleë, terwyl die groot voorstad Triana aan die linkeroewer ontstaan het.

Aangesien Andalusië sowat agt eeue lank onder Moorse heerskappy gestaan het, toon Sevilla se boukuns veral hulle argitektoniese invloede. Die stad was egter al voor die Moorse verowering 'n beduidende kulturele sentrum. Die warm klimaat en die vrugbare land het Fenisiërs, Kartagers en Romeine na die gebied gelok. Twee Romeinse keisers, Trajanus en Hadrianus, was boorlinge van hierdie streek. Later het Christophorus Columbus vanuit 'n nabygeleë seehawe sy ontdekkingsreis begin waartydens hy onbewustelik die Nuwe Wêreld sou ontdek.

Op kulturele gebied word Sevilla vandag met die legendariese vroueheld "Don Juan", Prosper Merimée se opera Carmen (die naamgewende hoofkarakter is 'n werker in Sevilla se ou tabakfabriek wat intussen tot 'n universiteit omskep is), stiergevegte en die beroemde flamenco-dans vereenselwig.

Sien ook[wysig | wysig bron]

Eksterne skakels[wysig | wysig bron]

  • Wikimedia Commons logo Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Sevilla.
  • (en) Toerisme-inligting oor Sevilla op Wikivoyage
  • (es) Amptelike webwerf
  • (en) "Sevilla". Encyclopædia Britannica. Besoek op 3 Maart 2019.