Tuisblad
Welkom by Wikipedia,
die vrye ensiklopedie wat deur enigiemand verbeter en uitgebrei kan word.
|
|
Help ons om ’n wêreldklas-ensiklopedie in Afrikaans te skep. | |
Inleiding • Hulp • Kontak | Gebruikersportaal • Voorbladartikels • Kategorieë • Stel ’n vraag |
Voorbladartikel
Die swastika, 卐 of 卍, is 'n simbool wat vandag in die Weste hoofsaaklik bekend is vanweë die gebruik daarvan deur die Naziparty. Dit is 'n antieke godsdiensikoon in verskeie Eurasiese kulture. Dit word gebruik as 'n simbool van goddelikheid en spiritualiteit in Indiese gelowe, insluitende Hindoeïsme, Boeddhisme en Djainisme. Die simbool is gewoonlik in die vorm van 'n kruis, waarvan die arms ewe lank is en reghoekig op mekaar lê. Elke arm is in die middel teen 'n reghoek gebuig. In die Westerse wêreld was dit tot in die 1930's 'n simbool van gunstigheid en goeie geluk. Toe het die Duitse Naziparty 'n kloksgewyse vorm daarvan as embleem van die Ariese ras begin gebruik. Weens die Tweede Wêreldoorlog en die Holocaust verbind die Weste dit nou steeds met nazisme en antisemitisme. Dit word nou beskou as simbool van wit heerskappy of bloot boosheid. As gevolg daarvan is die gebruik van die swastika in sommige lande, insluitende Duitsland, verbode. Dit bly egter 'n simbool van goeie geluk en vooruitgang in Hindoeïstiese, Boeddhistiese en Djainistiese lande soos Nepal, Indië, Mongolië, Sri Lanka, China en Japan. Dit word ook algemeen gebruik in Hindoeïstiese huwelikseremonies en Divali-vierings. Die woord "swastika" kom van Sanskrit स्वस्तिक swastika, "bevorderlik vir welsyn". In Hindoeïsme word die klokgewyse simbool, wat regs wys (卐), "swastika" genoem en simboliseer dit surya ("son"), vooruitgang en goeie geluk, terwyl die antikloksgewyse simbool, wat links wys (卍), sauwastika genoem word en die nag simboliseer, asook die tantriese aspekte van die godin Kali. In Djainisme is dit die simbool van suparshvanatha, die sewende van 24 spirituele leerstellings, en in Boeddhisme simboliseer dit die gunstige voetspore van die Boeddha. In verskeie groot Indo-Europese godsdienste simboliseer die swastika weerligstrale wat die god van die donderweer en koning van die gode verteenwoordig, soos Indra in Vediese Hindoeïsme, Zeus in die antieke Griekse godsdiens, Jupiter in die antieke Romeinse godsdiens en Thor in die antieke Germaanse godsdiens. Die simbool word aangetref in die argeologiese oorblyfsels van die Indusvallei- en Samarrabeskawing, sowel as in vroeë Bisantynse en Christelike kuns. Dit is in verskeie Europese tale bekend as die fylfot, gammadion, tetraskelion of cross cramponnée ('n term in Anglo-Normaanse heraldiek); Duits: Hakenkreuz; Frans: croix gammée; Italiaans: croce uncinata. In Mongools word dit хас (chas) genoem en hoofsaaklik op seëls gebruik. In Chinees word dit 卍字 (wànzì) genoem, wat beteken "simbool van alle dinge", in Japannees word dit manji uitgespreek, in Koreaans manja (만자) en in Viëtnamees vạn tự / chữ vạn. Agting vir die swastikasimbool in Asiatiese kulture, in teenstelling met die stigma wat in die Weste daaraan kleef, het al tot misverstande en verkeerde vertolkings gelei.
In die nuus
Het u geweet...
... dat die Russiese komponis Dmitri Sjostakovitsj die DSCH- musikale motief gebruik het om homself in musieknote voor te stel? ... dat die eerste wêreldrekord deur 'n Suid-Afrikaner in 1883 deur die verspringer Izak Prinsloo op Kerkplein in Pretoria opgestel is? In dié tyd het die plein ook as 'n mark en sportveld gedien.
Vandag in die geskiedenis
23 April: Sint Jorisdag in Engeland; Nasionale Soewereiniteit- en Kinderdag in Turkye (1920).
|
Vind artikels
| |
Geografie - Geologie Afrika • Suider-Afrika • Amerika • Antarktika • Asië • Europa • Oseanië Rusland • Turkye • Verenigde State van Amerika Lande • Baaie • Berge • Eilande • Mere • Oseane • Riviere • Woestyne | ||
Geskiedenis | ||
Kultuur | ||
Religie | ||
Samelewing | ||
Taal | ||
Tegnologie | ||
Wetenskap | ||
Wikipedia in ander tale
| ||
Weergawes met meer as 1 000 000 artikels العربية • مصرى • Cebuano • Deutsch • English • Español • Français • Italiano • 日本語 • Nederlands • Polski • Português • Русский • Svenska • Українська • Winaray • Tiếng Việt • 中文 | ||
Weergawes met meer as 750 000 artikels | ||
Weergawes met meer as 500 000 artikels Català • فارسی • Suomi • Bahasa Indonesia • 한국어 • Norsk (bokmål) • Српски / srpski | ||
Weergawes met meer as 250 000 artikels Български • Нохчийн • Čeština • Dansk • Esperanto • Euskara • עברית • Magyar • Հայերեն • Bahasa Melayu • Română • Srpskohrvatski / српскохрватски • Татарча / tatarça • Türkçe • Bân-lâm-gú | ||
Weergawes met meer as 100 000 artikels Afrikaans • Asturianu • Azərbaycanca • تۆرکجه • Беларуская • বাংলা • Cymraeg • Ελληνικά • Eesti • Galego • हिन्दी • Hrvatski • ქართული • Қазақша • Latina • Lietuvių • Latviešu • Baso Minangkabau • Македонски • မြန်မာဘာသာ • Norsk (nynorsk) • Simple English • Slovenčina • Slovenščina • தமிழ் • Тоҷикӣ • ไทย • اردو • Oʻzbekcha • Volapük • 粵語 | ||
Weergawes met meer as 50 000 artikels Башҡорт • Беларуская (тарашкевіца) • Brezhoneg • Bosanski • Gaeilge • Kreyòl ayisyen • Íslenska • Basa Jawa • Kurdî / كوردی • Кыргызча • Lëtzebuergesch • Malagasy • മലയാളം • मराठी • Plattdüütsch • नेपाल भाषा • Occitan • Piemontèis • شاہ مکھی پنجابی (Shāhmukhī Pañjābī) • Scots • Shqip • Basa Sunda • Kiswahili • Ślůnski • తెలుగు • Tagalog • Vèneto | ||
Lys van alle taalweergawes van Wikipedia
| ||
Susterprojekte
| ||
| ||
| ||
| ||
| ||
| ||
| ||
| ||
|
Indien u die verkeerde datum sien of sjablone opgedateer het, moet u die voorblad verfris.
|