1962
Jump to navigation
Jump to search
1962 |
◄ | 19de eeu | ◄20ste eeu► | 21ste eeu | ►
◄ ◄ | ◄ | 1957 | 1958 | 1959 | 1960 | 1961 | ◄ 1962 ► | 1963 | 1964 | 1965 | 1966 | 1967 | ► | ► ► |
Dae | Eeue | Geskiedenis | Geskiedenisportaal |
Sien ook: Kategorie:1962 |
Kalenders | ||||||||||||||||||||||||
Swaeldioksied | ||||||||||||||||||||||||
|
Die jaar 1962 was 'n gewone jaar wat volgens die Gregoriaanse kalender op 'n Maandag begin het. Dit was die 62ste jaar van die 20ste eeu n.C. Soos ander gewone jare het die jaar 12 maande, 52 weke en 365 dae gehad.
Gebeure[wysig | wysig bron]
- 1 Januarie – Wes-Samoa word onafhanklik van Nieu-Seeland.
- 26 Januarie – Bouwerk begin aan die Pretoriase Kunsmuseum in Arcadia, Pretoria.
- 20 Februarie – John Glenn, word die eerste Amerikaner wat om die Aarde wentel.
- 8 Maart – Die Castel Bolognese-treinramp vind plaas naby Ravenna in Italië.
- 21 April – Die Universiteit van Brasília word geopen.
- 30 Mei-17 Junie – Die sewende FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi word in Chili gespeel, wat deur Brasilië gewen word.
- 1 Julie – Burundi en Rwanda word onafhanklik van België.
- 3 Julie – Algerië word onafhanklik van Frankryk.
- 22 Julie – Mariner-program: Mariner 1 word lanseer.
- 6 Augustus – Jamaika word van die Verenigde Koninkryk onafhanklik.
- 27 Augustus – Mariner-program: Mariner 2 word lanseer.
- 17 Augustus – Oos-Duitse grenswagte skiet die 18-jarige Peter Fechter dood tydens sy poging om oor die Berlynse Muur na Wes Berlyn te vlug.
- 31 Augustus – Trinidad en Tobago word van die Verenigde Koninkryk onafhanklik.
- 3 Oktober – Die fregat SAS President Kruger word in diens gestel.
- 9 Oktober – Uganda word van die Verenigde Koninkryk onafhanklik.
- 3 Desember – Londen word toegevou in 'n kombers van mis en tientalle mense gaan dood as gevolg van swaeldioksied-vergiftiging voor die mis vier dae later verdwyn.
- 14 Desember – Mariner 2 word die eerste ruimtetuig om verby Venus te vlieg.
- In Kanada word die Trans-Canada Highway geopen, die eerste regstreekse verbinding tussen die Pasifiese en Atlantiese kusgebiede van die land.
Geboortes[wysig | wysig bron]
- 1 Januarie – Jaco Reinach, Springbokrugbyspeler en atleet. († 1997).
- 1 Januarie – Deon Coetzee, Suid-Afrikaanse akteur.
- 21 Januarie – Jennifer van den Heever, Namibiese politikus.
- 1 Februarie – Zanele kaMagwaza-Msibi, SA politikus en president van die Nasionale Vryheidsparty († 2021).
- 22 Februarie – Steve Irwin, 'n Australiese wildkenner, TV-persoonlikheid en omgewingsbewaarder († 2006).
- 21 Maart – Zackie Achmat, Suid-Afrikaanse burgerregte-aktivis.
- 21 Maart – Rosie O'Donnell, Amerikaanse aktrise.
- 24 Maart – Francois Loots, Suid-Afrikaanse skrywer.
- 16 April – Antony Blinken 'n Amerikaanse minister van buitelandse sake.
- 26 Mei – Colin Vearncombe, beter bekend onder sy verhoognaam Black, Engelse sanger en liedjieskrywer († 2016).
- 27 Mei – David Mundell, Britse dienede politikus.
- 30 Mei – Bernd Glemser, Duitse pianis en pedagoog.
- 8 Junie – Dr. Nicol Stassen, skrywer, sakeman en direkteur van Protea Boekhuis.
- 16 Junie – Arnold Vosloo, Suid-Afrikaanse akteur.
- 19 Junie – Paula Abdul, Amerikaanse aktrise en sanger.
- 27 Junie – Tony Leung Chiu Wai, akteur.
- 3 Julie – Tom Cruise, Amerikaanse filmakteur.
- 5 Julie – Mandlenkosi Galo, Suid-Afrikaanse politikus.
- 15 Julie – Ebrahim Rasool, oud-premier van die Wes-Kaap.
- 19 Julie – Anthony Edwards, Amerikaanse akteur, vervaardiger, en regisseur.
- 30 Augustus – Nataniël (le Roux), Suid-Afrikaanse kabaretkunstenaar.
- 15 September – François Bloemhof, Suid-Afrikaanse skrywer.
- 18 September – John Mann, Kanadese musikant en akteur († 2019).
- 20 September – Jim Al-Khalili, Britse teoretiese fisikus en skrywer.
- 28 September – Thuli Madonsela, advokaat en voormalige Openbare Beskermer van Suid-Afrika.
- 12 Oktober – Michelle Botes, Suid-Afrikaanse aktrise.
- 13 Oktober – Kelly Preston, Amerikaanse aktrise († 2020).
- 14 November – Harland Williams, Kanadese akteur en skrywer.
- 4 Desember – Alexander Litvinenko, voormalige FSB-lid sterf in Londen na vermoedelike vergiftiging met polonium-210 († 2006).
- 21 Desember – Steven Mnuchin, 77ste Minister van Finansies van die Verenigde State.
Sterftes[wysig | wysig bron]
- 17 Januarie – Gerrit Achterberg, Nederlandse digter (* 1905).
- 29 Januarie – Fritz Kreisler, Oostenryksgebore violis en komponis (* 1875).
- 17 Februarie – Bruno Walter, Duits-Oostenrykse dirigent, pianis en komponis (* 1876).
- 5 April – John Spurgeon Henkel Suid-Afrikaanse plantkundige (* 1871).
- 28 April – Bennie Osler, Suid-Afrika se sewentiende Springbokkaptein (* 1901).
- 19 Junie – Frank Borzage, Amerikaanse akteur, regisseur, en vervaardiger (* 1894).
- 1 Junie – Adolf Eichmann, Nazi-Duitse SS-offisier en oorlogsmisdadiger (* 1906).
- 5 Augustus – Marilyn Monroe word dood in haar bed aangetref met 'n leë botteltjie slaappille aan haar sy (* 1926).
- 3 September – E.E. Cummings, Amerikaanse digter (* 1894).
- 24 September – Charles Reisner, Amerikaanse akteur, regisseur, en skrywer (* 1887).
- 8 Oktober – Solomon Linda, Suid-Afrikaanse sanger-liedjieskrywer (* 1909).
- 18 November – Niels Bohr, 'n Deense fisikus (* 1885).
- 28 November – Wilhelmina, koningin van Nederland (* 1880).
- 7 Desember – Bob Loubser, Springbokrugbyspeler en politikus (* 1884).