1969
Jump to navigation
Jump to search
1969 |
◄ | 19de eeu | ◄20ste eeu► | 21ste eeu | ►
◄ ◄ | ◄ | 1964 | 1965 | 1966 | 1967 | 1968 | ◄ 1969 ► | 1970 | 1971 | 1972 | 1973 | 1974 | ► | ► ► |
Dae | Eeue | Geskiedenis | Geskiedenisportaal |
Sien ook: Kategorie:1969 |
Kalenders | ||||||||||||||||||||||||
Eerste maanlanding. | ||||||||||||||||||||||||
|
Die jaar 1969 was 'n gewone jaar wat volgens die Gregoriaanse kalender op 'n Woensdag begin het. Dit was die 69ste jaar van die 20ste eeu n.C. Soos ander gewone jare het die jaar 12 maande, 52 weke en 365 dae gehad.
Gebeure[wysig | wysig bron]
- Bouwerk aan die reuse Cahora Bassa-dam in Mosambiek begin.
- Sirhan Sirhan word gevonnis vir die sluipmoord op Robert F. Kennedy.
- Tsjeggo-Slowaakse kommuniste party voorsitter Alexander Dubcek word ontslaan.
- 3 Maart – Apollo 9 word gelanseer.
- 17 Maart – Die Israelse Meir-kabinet onder leiding van eerste minister Golda Meir word geïnstalleer.
- 22 Mei – Apollo 10 se maan-eenheid vlieg binne 15 400 m van die maan se oppervlakte verby.
- 27 Junie – Die Stonewall-oproer merk die begin van die gay regte beweging in die VSA.
- 14 Julie – El Salvador val Honduras binne, die begin van die Sokkeroorlog.
- 20 Julie – Neil Armstrong en Buzz Aldrin doen die eerste maanlanding in die maanlandingstuig, "Eagle".
- 29 September – 'n Aardskudding van 6,5 op die Richterskaal tref die Wes-Kaap, en nege mense sterf toe Tulbagh die kwaaiste getref is.
- 15 Desember – Albino Luciani (later Pous Johannes Paulus I) word patriarg van Venesië.
- 17 Desember – Die Amerikaanse Lugmag kondig aan dat sy vlieënde-pieringondersoeke geen getuienis ontbloot het oor die bestaan van 'n buite-aardse ruimtetuig nie.
- 18 Desember – Die Britse parlement skaf die doodstraf af vir moord.
Geboortes[wysig | wysig bron]
- 3 Januarie – Michael Schumacher, Duitse veelvuldige Formule Een-renmotorkampioen.
- 5 Januarie – Marilyn Manson, Amerikaanse akteur en sanger.
- 25 Januarie – Desmond Dube, Suid-Afrikaanse akteur.
- 10 Februarie – Jan Kees de Jager, Nederlandse politikus.
- 10 Februarie – James Small, Springbokrugbyspeler († 2019).
- 27 Maart – Pauley Perrette, Amerikaanse aktrise, vervaardiger en regisseuse.
- 2 April – Mariella Ahrens, Duitse aktrise.
- 25 April – Renée Zellweger, Amerikaanse aktrise.
- 14 Mei – Cate Blanchett, Australiese aktrise.
- 23 Mei – Kobie van Rensburg, Suid-Afrikaanse tenoor en operadirekteur.
- 14 Junie – Steffi Graf, voormalige Duitse vrouetennisspeler.
- 9 Julie – Gert-Jan Segers, Nederlandse politikus.
- 10 Julie – Jonas Kaufmann, Duitse operatenoor.
- 26 Julie – Randall Abrahams, Suid-Afrikaanse radio- en televisiebesigheidspersoon en musiekprodusent.
- 27 Julie – Jonty Rhodes, voormalige Suid-Afrikaanse krieketspeler.
- 23 Augustus – Tinus Linee, Suid-Afrikaanse rugbyspeler († 2014).
- 13 September – Shane Warne, Australiese krieketspeler († 2022).
- 14 September – Kallie Kriel, HUB van die Suid-Afrikaanse burgerregte-organisasie AfriForum.
- 25 September – Catherine Zeta-Jones, Walliese aktrise.
- 17 Oktober – Ernie Els, Suid-Afrikaanse gholfspeler.
- 28 Desember – Linus Torvalds, Finse rekenaarwetenskaplike en skepper van Linux.
Sterftes[wysig | wysig bron]
- 26 Februarie – Levi Eshkol, Israelse politikus (eerste minister) (* 1895).
- 28 Maart – Dwight D. Eisenhower, Generaal in die Amerikaanse Weermag en 34ste President van die Verenigde State (* 1890)
- 30 Maart – Terence Macleane Salter, Brits-Suid-Afrikaanse plantversamelaar en plantkundige (* 1883)
- 12 April – D.F. Malherbe, Afrikaanse digter en dramaturg (* 1881).
- 26 Mei – Helga Uys, Duits-gebore konsertpianis, moeder van Pieter-Dirk Uys (* 1908).
- 31 Mei – Tom Naudé, Suid-Afrikaanse politikus en waarnemende Staatspresident van Suid-Afrika (1967–1968) (* 1889).
- 22 Junie – Judy Garland, Amerikaanse sanger, akteur (* 1922).
- 5 Julie – Walter Gropius, Duitse argitek (* 1883).
- 5 Julie – Wilhelm Backhaus, Duitse pianis en pedagoog (* 1884).
- 22 Julie – Bertha Solomon, Suid-Afrikaanse feminis en Volksraadslid vir Jeppes van 1938 tot 1958 (* 1892).
- 9 Augustus – Sharon Tate, Amerikaanse aktrise (* 1943).
- 15 Augustus – Stijn Streuvels, Vlaamse skrywer (* 1871).
- 19 Augustus – Ludwig Mies van der Rohe, Duitse argitek, (* 1886).
- 21 Oktober – Jack Kerouac, Amerikaanse skrywer, (* 1922).
- 26 Oktober – Jeremy Schulman, Suid-Afrikaanse violis en dirigent (* 1896).
- 18 November – Gus McNaughton, Engelse akteur en skrywer (* 1881).