1933
Jump to navigation
Jump to search
1933 |
◄ | 19de eeu | ◄20ste eeu► | 21ste eeu | ►
◄ ◄ | ◄ | 1928 | 1929 | 1930 | 1931 | 1932 | ◄ 1933 ► | 1934 | 1935 | 1936 | 1937 | 1938 | ► | ► ► |
Dae | Eeue | Geskiedenis | Geskiedenisportaal |
Sien ook: Kategorie:1933 |
Kalenders | ||||||||||||||||||||||||
Die nuwe Führer | ||||||||||||||||||||||||
|
Die jaar 1933 was 'n gewone jaar wat volgens die Gregoriaanse kalender op 'n Sondag begin het. Dit was die 33ste jaar van die 20ste eeu n.C. Soos ander gewone jare het die jaar 12 maande, 52 weke en 365 dae gehad.
Gebeure[wysig | wysig bron]
- 5 Januarie – Bouwerk begin aan die Golden Gate-brug in San Franciscobaai.
- 30 Januarie – Adolf Hitler word rykskanselier van die Duitse Ryk.
- 8 Februarie – Die Boeing 247 onderneem sy eerste vlug.
- 19 April – Franklin D. Roosevelt kondig aan dat die VSA weg beweeg van die goudstandaard.
- 26 April – Die Gestapo word in Duitsland gevorm.
- 8 Julie – Die eerste rugbytoets tussen die Wallabies van Australië en die Springbokke van Suid-Afrika word op Nuweland in Kaapstad gespeel.
- 20 Julie – Pous Pius XI sluit 'n konkordaat met Duitsland.
- 27 Augustus – Die eerste volledige Bybel in Afrikaans word in gebruik geneem.
- 25 September – Die Afsluitdyk word in Nederland amptelik geopen.
- Chicago tree as gasheerstad van die Century of Progress-wêreldtentoonstelling op.
Geboortes[wysig | wysig bron]
- 9 Januarie – Wilbur Smith, Britse romanskrywer.
- 31 Januarie – Bernardo Provenzano, Italiaanse mafioso († 2016).
- 10 Maart – Allister Sparks, Suid-Afrikaanse koerantman († 2016).
- 15 Maart – Ruth Ginsburg, 'n Amerikaanse advokaat en regter van die Verenigde State se Hooggeregshof († 2020).
- 19 Maart – Philip Roth, Amerikaanse romanskrywer († 2018).
- 28 Maart – Cobus Rossouw, Suid-Afrikaanse akteur.
- 12 April – Montserrat Caballé, 'n Spaanse operasangeres († 2018).
- 15 April – Elizabeth Montgomery, Amerikaanse aktrise († 1995).
- 19 April – Jayne Mansfield, Amerikaanse aktrise († 1967).
- 26 April – Carol Burnett, Amerikaanse sangeres en aktrise.
- 3 Mei – James Brown, Amerikaanse musikant, sanger en liedjieskrywer sanger († 2006)
- 19 Mei – Edward de Bono, Maltees gebore skrywer († 2021).
- 24 Mei – Cecile Cilliers, Suid-Afrikaanse joernalis en skryfster († 2018).
- 25 Mei – Lionel Wilson, Suid-Afrikaanse Springbokrugbyspeler († 2017).
- 13 Junie – Verna Vels, Afrikaanse skryfster en omroeper († 2014).
- 17 Junie – Christian Ferras, Franse violis († 1982).
- 20 Junie – Danny Aiello, Amerikaanse akteur († 2019).
- 26 Junie – Claudio Abbado, Italiaanse dirigent († 2016).
- 9 Julie – Oliver Sacks, Britse neuroloog en skrywer († 2015).
- 7 Augustus – Wilma Stockenström, Suid-Afrikaanse skrywer, vertaler en aktrise.
- 16 Augustus – Stuart Roosa, Amerikaanse lugvaartingenieur en ruimtevaarder († 1994).
- 18 Augustus – I.D. Lamprecht, Suid-Afrikaanse skrywer († 2017).
- 2 September – Ahmed Kérékou, Beninse politikus en twee keer president van dié land († 2015).
- 10 September − Karl Lagerfeld, Duitse modeontwerper, fotograaf en kostuummaker († 2019).
- 14 September – Hans Faverey, Nederlandse digter van Surinaamse afkoms († 1990).
- 15 September – Rubem Alves, Brasiliaanse teoloog, filosoof, opvoeder, skrywer en psigoanalis († 2014).
- 19 September – Ingrid Jonker, Afrikaanse digteres († 1965).
- 29 September – Samora Machel, president van Mosambiek en die leier van FRELIMO († 1986).
- 27 Oktober – Jan Hettema, Olimpiese fietsryer en Springboktydrenjaer († 2016).
- 28 Oktober – Constand Viljoen, Hoof van die Suid-Afrikaanse Weermag en latere stigter van die Vryheidsfront († 2020).
- 3 November – Florence Ribeiro, Anti-apartheidsaktivis.
- 3 November – Ken Berry, Amerikaanse akteur († 2018).
- 19 November – Larry King, Amerikaanse televisie-gasheer († 2021).
- 23 November – Krzysztof Penderecki, Poolse komponis.
- 17 Desember – Edmond Schietekat, Vlaamse digter († 1981).
- 23 Desember – Akihito, 125ste keiser van Japan.
- Benjamin Pogrund, 'n Suid Afrikaans gebore Israeli skrywer van onder andere : How can man die better: The life of Robert Sobukwe.
Sterftes[wysig | wysig bron]
- 5 Januarie – Calvin Coolidge, 30ste President van die Verenigde State (* 1872).
- 31 Januarie – John Galsworthy, Engelse romanskrywer en dramaturg, Nobelpryswenner (* 1867).
- 6 Februarie – Charles Wynand Malan, Suid-Afrikaanse politikus (* 1883).
- 14 Februarie – Paul Louw, Afrikaanse predikant en digter (* 1890).
- 29 Junie – Fatty Arbuckle, Amerikaanse akteur, regisseur, en skrywer (* 1887).
- 10 Augustus – Joel Krige, Speaker van die Unie van Suid-Afrika (* 1868).
- 23 Augustus – Adolf Loos, Oostenrykse argitek en invloedryke teoretikus van moderne boukuns (* 1870).
- 23 Oktober – Cor Delfos, baanbreker in die Suid-Afrikaanse yster- en staalbedryf (* 1868).
- 29 Oktober – Rudolph Lewis, eerste Suid-Afrikaner wat 'n Olimpiese goue medalje in fietsry kon wen (* 1887).
- 8 Desember – Karl Jatho, Duitse vliegtuigpionier (* 1873).